
Stinkhout is die wenner van die 2025 ATKV-Woordveertjie vir ’n dramateks.
Dit is ’n Afrikaanse toneelstuk oor Gert en Louw, ’n pa en seun wat mekaar weer by die gesin se huis ontmoet vir die begrafnis van Louw se jonger broer, Schalkie. Na nege jaar uitmekaar, maak Schalkie se skielike dood ou wonde weer oop en pa en seun sukkel om mekaar te vind.

