Nuut by Naledi: Die spoegvanger deur Stefanus S Vivier

  • 0

Hulle sê dat dié wat sonder sonde is, die eerste klip moet gooi.

Jy sal moet luister. Hy praat net een keer.

Die spoegvanger  is die ontstellende, maar roerende vertelling van ’n jong  seun wat grootword op ’n plaas aan die Vaalrivier. Hy is ’n kind met ’n fyn waarnemingsvermoë, vasgevang in ’n wêreld van stilte, geheime en harde waarhede. Sy pa is ’n onderwyser, ’n politikus-in-wording, en die draer van ’n ideologie wat sy wêreld inkleur. Dis egter in die vriendskap met ’n Xhosa-seun dat die kind iets van ’n ander waarheid begin raaksien waarvoor daar in sy huis, en sy land, min plek is.

Teen die agtergrond van apartheid se hoogbloei en godsdiens as geregverdigde wapen, probeer hy verstaan, verwerk, vergewe – en praat. Met iemand wat deurentyd stilbly … Totdat die stilte aan die einde self begin praat.

Die spoegvanger  is ’n diep menslike verhaal van groei, verlies en ontwaking, ’n stem uit die verlede wat lank ná die laaste bladsy bly nadreun.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top