ATKV-Portaal

atkv

AHM Scholtz (1923–2004)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-07-13

"’n Skrywer sonder ondervinding en mensekennis sal ’n swak skepper van lewendagge gedagtes op papier wees." AHM Scholtz se ATKV|LitNet-Skrywersalbum-inskrywing is nou volledig bygewerk.

Berna Ackerman (1935–2015)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-07-08

"Hoekom word ons tog so ontroer deur die dinge wat ons self skryf? Seker maar omdat ʼn mens moeilik afstand kry van die dinge wat jyself beleef het." Berna Ackerman se LitNet | ATKV-Skrywersalbum-inskrywing is nou volledig met nuwe inligting bygewerk.

ATKV-Digipraat: wenke van ’n gereelde beoordelaar van redenaarskompetisies

Zesta Vorster ATKV-Portaal 2020-06-29

"Die gesig moet praat! Moenie te veel gebare wys nie. ... Moet ook nie staar nie – ontspan, wees aangenaam en natuurlik – deur te dink oor en te bedoel wat jy sê. Verder: Nooit jaag nie – sê eerder minder, maar met pouses en beklemtoning."

ATKV-Digipraat 2020: ’n Zoom-onderhoud

Johannes Meyer, René Zietsman ATKV-Portaal 2020-06-27

"’n Virus maak mense siek, ’n staat van inperking hou hul tuis.' Klink dit soos die inleiding van ’n wetenskapfiksieriller ... of dalk die openingsinne van ’n redenaarstoespraak? Skryf in vir die ATKV se Digipraatkompetisie. René vertel ook meer van die res van die ATKV se digitale projekte vanjaar, so luister hierna om te hoor waaraan jy alles kan deelneem."

Elsa Joubert (1922–2020)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-06-23

"Die stroom van die lewe gaan so sterk en so vinnig verby. Deur woorde probeer ek ’n klein stroompie afkeer, ’n walletjie gooi, om te kyk hoe lyk dit as die water tot ruste kom." Elsa Joubert se LitNet | ATKV-Skrywersalbum-inskrywing is nou volledig met nuwe inligting bygewerk.

Inskrywings vir die ATKV-Woordveertjies 2020 nou oop

LitNet ATKV-Portaal 2020-06-19

Die sluitingsdatum vir inskrywings vir die ATKV-Woordveertjies is Woensdag 1 Julie 2020.

Hein Viljoen (1951–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-06-18

"Die digter is inderdaad soos ’n hol trom wat al die klank en gebeure om hom opvolg. Hy vang die groot kabaal van die lewe om hom op en verwoord dit."

ATKV-Postmatriek – "’n geleentheid vir jongmense om uit te sorteer wat hulle met hulle toekoms wil doen"

Remona Voges, Lizette Odendaal ATKV-Portaal 2020-06-11

"ATKV-Postmatriek is ’n geleentheid vir jongmense om uit te sorteer wat hulle met hulle toekoms wil doen terwyl hulle aan ’n indrukwekkende CV werk, tonne blootstelling aan ’n wye verskeidenheid aktiwiteite en loopbaanrigtings kry, ’n gestruktureerde emosionele-intelligensie-program deurgaan en selfvertroue en lewensvaardighede opbou."

Etienne Leroux (1922–1989)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-06-04

"’n Skrywer is dikwels profeties en skryf oor probleme waarvan die gemeenskap op die oomblik nie bewus is nie – sekere tendense wat hy nou al in die kiem sien. Deur sy sensitiewe waarneming word hy gepla deur dinge wat vir ander onsigbaar is."

ATKV vereer joernalistieke uitnemendheid

LitNet ATKV-Portaal 2020-05-22

Die ATKV-Mediaveertjies, reeds vir meer as ’n dekade die mees vooraanstaande  Afrikaanse mediatoekenningsgeleentheid, het vanjaar ’n splinternuwe baadjie aangetrek met ’n nuwe beoordelingsformaat asook die aanlyn bekendmaking van die wenners. 

Uitstelling van die Winterskool 2020 van die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit tot verdere kennisgewing

LitNet ATKV-Portaal 2020-05-21

Onsekerheid oor wanneer die gepaardgaande gesondheidsgevare sal gewyk het, asook of die Noordwes-Universiteit, gastehuise, lugrederye en ander instellings teen 1-5 Junie gewone bedrywighede hervat sal hê, noop die ATKV-Skryfskool om Winterskool 2020 (soos beplan vir die genoemde datums) uit te stel tot verdere kennisgewing.

ATKV-Mediaveertjies vanjaar aanlyn

LitNet ATKV-Portaal 2020-05-21

Die ATKV-Mediaveertjies vereer die blinkste sterre in die mediabedryf vir hul uitstekende werk en deursettingsvermoë. Vanjaar word die wenners in die luister-, lees- en kykkategorieë aanlyn bekend gemaak.

ATKV-Mediaveertjie-wenners: LUISTER-kategorie

LitNet ATKV-Portaal 2020-05-21

Die ATKV-Mediaveertjies, reeds vir meer as ’n dekade die mees vooraanstaande  Afrikaanse media-toekenningsgeleentheid, het vanjaar ’n splinternuwe baadjie aangetrek met ’n nuwe beoordelingsformaat asook die aanlyn bekendmaking van die wenners.

Rita (JM) Gilfillan (1941–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-05-21

"Ek skryf, want dis op ’n sekere manier ’n bevestiging van ’n eie identiteit."

Moenie Afrikaans inperk nie

Mercia Eksteen ATKV-Portaal 2020-05-11

"Afrikaans vier vanjaar tydens die inperking 95 jaar as ’n amptelike taal. Daar kan tereg gevra word wat die rol van taal tydens die inperking is."

ATKV: Wêreldboekedag 2020 en die VVA se boektrommelprojek

LitNet ATKV-Portaal 2020-04-24

Die viering van Wêreldboekedag op 23 April was vanjaar nog meer relevant as ooit tevore. As gevolg van die COVID-19-pandemie en die inperking wat daarmee gepaard gaan, kan die wonder van die geskrewe woord gebruik word om eensaamheid en ’n gebrek aan stimulering teen te werk.

Mark Behr (1963–2015)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-04-22

"Ek het begin skryf toe ek sestien jaar oud was en wou brutaal eerlik in my skryfwerk wees. Ek glo vas skryf is een van die enigste maniere in die wêreld waarop ’n mens totaal eerlik kan wees." Mark Behr se skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.

Joan Hambidge (1956–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-04-07

"Dig is ’n vertaalproses van die onbewuste wat alles berg, wat orals aanwesig en nêrens sigbaar is nie, dog uitkom in ’n gedig. Soms melancholies, soms woedend." Lees Joan Hambidge se bygewerkte skrywersprofiel.

Carina Stander (1976–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-03-12

"Afrikaans is die taal waarin ek dink en daarom ook skryf. Rou klanke soos g, k, r en die vryheid om nuwe woorde uit ’n betreklik jong taal te skep, is opwindend." 

Persvrystelling: Winterskool met skryfkompetisie vir opkomende skrywers

LitNet ATKV-Portaal 2020-03-04

Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit bied van 1–5 Junie 2020 ’n Winterskool vir opkomende fiksieskrywers aan. Die skryfskool bied vanjaar ook ’n kompetisie vir skryfwerk in die genoemde genres aan. 

Top