Die ATKV-Woordveertjies, wat reeds vir meer as ’n dekade uitmuntende skrywers, digters en dramaturge bekroon, het vanjaar ’n splinternuwe baadjie aangetrek met die aanlyn bekendmaking van die wenners.
Sonél Brits, besturende direkteur van die ATKV-MSW, sê vanjaar – te midde van die Covid-19-pandemie – het die waarde van lees weer opnuut na vore gekom en onderstreep dat lees die ideale manier is om jou wêrelde te verbreed.
Poësie
Diana Ferrus, Charl-Pierre Naudé en Bernard Odendaal het die Prys vir Poësie beoordeel met die wenner: Grondwater – Marlise Joubert (Protea Boekhuis).
Dramateks
Marina Griebenow, Theo Kemp en Ilse Oppelt was die beoordelaars vir die Prys vir Dramateks en die prys gaan vanjaar aan Opdrifsel – Philip Rademeyer.
Woordeboeke en taalgidse
Die rol van woordboeke en taalgidse kan nie onderskat word nie en daarom bekroon die ATKV elke jaar een van die boeke. Die Woordwystoekenning vir woordeboeke en taalgidse is beoordeel deur Wannie Carstens, Ernst Kotzé en Elsabé Taljard en is aan Legal terminology: English, Xhosa, Afrikaans/Regsterminologie: Engels, Xhosa, Afrikaans (2019) toegeken. Dit is saamgestel deur die Sentrum vir Regsterminologie in Afrikatale. Uitgegee deur JUTA. (Verkorte titel).
Lees ook: