Persverklaring: ATKV-Toneelfinaal 2025 ’n magnetiese fees van talent!
2025-10-20Danksy magnetiese tieners en tjokkers wat met hul passie die verhoog onweerstaanbaar gemaak het, moes ’n swaargewig-beoordelaarspaneel behoorlik kopkrap om die wenners van die gewilde ATKV-Tienertoneel- en ATKV-Tjokkertoneelkompetisies aan te wys.
Persverklaring: Kompetisie bied platform vir musikale 50-plussers – ATKV
2025-06-10Die musikant Cor Uys, ’n jare lange vennoot van die ATKV, bied in samewerking met ATKV-Buffelspoort en PLUS 50-tydskrif die Andante Plus50-musiekkompetisie aan. Alle senior burgers 50 jaar en ouer, behalwe professionele en voltydse kunstenaars wat steeds as musikante bedrywig is, mag deelneem.
Persverklaring: ATKV-DigiToneel – Top-8 gereed
2025-06-09Die ATKV se gewilde TV-realiteitsreeks Gekies vir die kollig keer in 2025 vir die vyfde keer terug na jou skerm – en vanjaar is die tema eenvoudig onweerstaanbaar: magneties. Soos hemelliggame wat mekaar aantrek in ’n perfekte wentelbaan, is agt uitsonderlike jong akteurs vanjaar gekies om na die stel van dié realiteitsreeks genooi te word, waar hulle hul finale treë gaan gee voordat die kameras vir hierdie seisoen begin rol.
Persverklaring: Geleentheid om in te skryf vir die ATKV-Woordveertjies 2025
2025-05-13Kom pluk ’n veertjie vir jou hoed! Die sluitingsdatum vir inskrywings vir die 2025-ATKV-Woordveertjies is Maandag 2 Junie 2025. Hier is nog inligting.
Persverklaring: Hans du Plessis is oorlede
2024-10-26Die ATKV neem met groot leedwese kennis van Hans du Plessis – letterkundige, digter, skrywer en ATKV-erelid – se heengaan op 25 Oktober.
Persverklaring: Simbiotiese ATKV-Sêrwenners bekroon tydens ATKV-toneelfinaal
2024-09-25Nasionale sêrmentors Frieda van den Heever en Francois van der Merwe moes behoorlik kopkrap om die wenners van die eerste ATKV-Sêrkompetisie aan te wys danksy simbiotiese tieners wat met voetstamp-lekkerte en tongklap harmonieë die toon aangegee het.
ATKV-persverklaring en -uitnodiging: Leer in jou ma se taal
2023-09-20Die ATKV bied op 27 September ’n paneelbespreking oor moedertaalonderrig aan. Vind by dié bespreking meer uit oor hoe onderrig in hul moedertaal ’n goeie grondslag vir kinders gee om ander tale aan te leer.
Persverklaring: ATKV-Woordveertjies 2022 – tekste wat "insuig" bekroon
2022-09-19Dit is weer daardie tyd van die jaar wat die ATKV skrywers, digters en dramaturge se uitsonderlike pennevrug, toewyding en kreatiwiteit vier. Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord. Hier is die wenners in die kategorieë spanningsromans, niefiksie en prosa.
Persverklaring: ATKV-Woordveertjies – Poësie-, Drama- en Woordwystoekennings
2022-09-15Die ATKV-Woordveertjies, bekroon reeds vir meer as ’n dekade uitmuntende skrywers, digters en dramaturge.
Persverklaring: ATKV-Woordveertjies 2022 – liefdesromans en romanses
2022-09-15Dit is weer daardie tyd van die jaar wat die ATKV skrywers, digters en dramaturge se uitsonderlike pennevrug, toewyding en kreatiwiteit vier. Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord. Hier is die wenners in die kategorieë vir liefdesromans en romanses.
ATKV-Kinderboektoekennings 2022-persverklaring: Jong lesers kies hul gunstelinge
2022-09-13As deel van die Woordveertjies word die ATKV-Kinderboektoekennings aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke te bekroon wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het. Die beoordelaars van hierdie toekennings is jong lesers self. Dit onderskei hierdie projek van alle ander toekennings.
ATKV-Woordveertjies vir romanses en liefdesverhale
2021-09-15“Die ATKV is dankbaar vir elke skrywer wat vir Afrikaanse lesers die geleentheid te gee om hul horisonne te verbreed al was dit net met reise op die rusbank. Baie geluk aan elke wenner.”
Otto Stigting kry kinders aan die lees, wen ’n ATKV-Woordveertjie
2021-09-14"Vir die Otto Stigting is dit belangrik om die jeug aan die lees te kry. Dié organisasie wat talle biblioteekprogramme in voorheen benadeelde gemeenskappe bestuur, het vir sy wonderlike werk ’n ATKV-Woordveertjie vir leesbevordering gewen."
ATKV-Kinderboektoekennings 2021: Hier is die wenners
2021-08-19Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke te bekroon wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het.
ATKV-Woordveertjies 2021: Finaliste bekend
2021-08-19Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord. Wenners sal vanaf 14 tot 17 September 2021 op die ATKV se Facebookblad bekend gemaak word.
