ATKV-Woordveertjies 2020: Toekenning vir Leesbevordering

  • 1

Die ATKV-Woordveertjies, wat reeds vir meer as ’n dekade uitmuntende skrywers, digters en dramaturge bekroon, het vanjaar ’n splinternuwe baadjie aangetrek met die aanlyn bekendmaking van die wenners.

Sonél Brits, besturende direkteur van die ATKV-MSW, sê vanjaar – te midde van die Covid-19-pandemie – het die waarde van lees weer opnuut na vore gekom en onderstreep dat lees die ideale manier is om jou wêrelde te verbreed.

Die Toekenning vir Leesbevordering gaan vanjaar aan die Uyavula Lees- en Skryfprojek.

Die Uyavula Lees- en Skryfprojek wil ’n liefde vir stories en boeke by kinders kweek.

Die projek bedien kleuters tot 13-jarige kinders in Macassar, Chris Nissen Park en Onverwacht (wat die gemeenskappe van Nomzamo, Zola en Lwandle bedien) deur middel van leesklubs en voorleesgeleenthede in Grondslagfase-klasse of vir individuele kinders. Tydens 2019 het 119 vrywilligers ongeveer 2 093 kinders bereik in vyf skole, 52 klasse en vier leesklubs.

Hierdie foto is verskaf deur die Uyavula Lees- en Skryfprojek.

Malinda Kruger, hoof van Altena Primêre Skool, som Uyavula se inset so op: “To all the classes the visits were the highlight of the week. Readers put great effort into the choice of books, questions they asked and discussions about the stories afterwards. A love for reading, stories and books were created. The learners started behaving better and some were even removed from the list of learners with behaviour barriers. We cannot imagine teaching and learning anymore without the support of Uyavula readers. May they forever be part of the Altena family.”

Keer op keer staan ons in verwondering oor die wyse waarop iets so maklik, eenvoudig en boonop “lekker”, gebruik word om ’n betekenisvolle verskil te maak op soveel vlakke en in vele harte.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top