Dana Snyman: Commendatio by die oorhandiging van ’n ATKV-oorkonde
2020-11-24"Stories is soos brood vir die hart. ’n Mens het stories nodig soos jy water nodig het..."
ATKV-Tienertoneel 2020: Wenners aangewys
2020-11-19Ná 223 nuutgeskrewe tekste, 478 mentorskapsessies en die fyn beoordeling van 255 video’s deur ons bekwame beoordelaarspaneel is die wenner van ATKV-Tienertoneel 2020 Saterdagaand digitaal aangekondig.
Dalene Matthee (1938–2005)
2020-11-19"Baie mense dink ek het ’n spesiale verhouding met die Bos en met die olifante. Hulle sien maande lank nie ’n enkele olifant nie en skielik op ’n dag lê daar ’n bol stomende mis. Dan sê hulle: 'Dalene Matthee is hier iewers. Daarom het die olifante gekom.'"
ATKV-Tienertoneelfinaal 2020: Jy word hartlik uitgenooi!
2020-11-14Skakel in op Saterdagaand 14 November 2020 om 18:00 en woon die geleentheid virtueel by. Hier is nog inligting.
Christoffel Coetzee (1945–1999)
2020-11-09"Elke politieke e-pos skep sy eie geskiedenis en dit vind ek fassinerend."
Jeanne Goosen (1938–2020)
2020-10-28“Om te skryf is soos om te droom terwyl jy wakker is. Dis soos om te toor.”
ATKV-Woordveertjies vir prosa, niefiksie en spanningslektuur
2020-10-23Die ATKV-Woordveertjies vir prosa, niefiksie en spanningslektuur is bekendgemaak.
ATKV-Woordveertjies vir poësie, dramatekste en woordeboeke
2020-10-22Die ATKV-Woordveertjies vir poësie, dramatekste en woordeboeke is pas bekend gemaak.
Skrywers van LitNet Akademies-artikels ontvang gesogte toekennings
2020-10-21Johann Beukes en Rinda Botha het ATKV-SA Akademiepryse ontvang vir geakkrediteerde akademiese artikels in Afrikaans wat in LitNet Akademies verskyn het.
MM Walters (1929–2020)
2020-10-21"Soos met die satire is die politiek altyd tydgebonde. Maar wat nié is nie, is die mens en sy angste en sy vrese." MM Walters se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.
ATKV-Woordveertjies vir liefdesverhale en romanses
2020-10-21Die wenners van ATKV-Woordveertjies in die kategorieë liefdesromans en romanses is vanoggend bekend gemaak.
ATKV-Woordveertjies 2020: Toekenning vir Leesbevordering
2020-10-20"Die Toekenning vir Leesbevordering gaan vanjaar aan die Uyavula Lees- en Skryfprojek. Die projek bedien kleuters tot 13-jarige kinders in Macassar, Chris Nissen Park en Onverwacht (wat die gemeenskappe van Nomzamo, Zola en Lwandle bedien) deur middel van leesklubs en voorleesgeleenthede in Grondslagfase-klasse of vir individuele kinders. Tydens 2019 het 119 vrywilligers ongeveer 2 093 kinders bereik in vyf skole, 52 klasse en vier leesklubs."
ATKV-Woordveertjiewenners 2020: Kinderboekafdeling
2020-10-20Die ATKV-Woordveertjiewenners vir 2020 in die kinderboekafdeling is pas bekendgemaak.
Johan Myburg (1957–)
2020-10-07“Vir poësie is digters nodig. Vir poësie is lesers nodig. Lesers wat poësie lewend wil hou.”
Persverklaring: Die ATKV groet ’n groot gees
2020-09-25Die afgelope 12 jaar het Danny Titus hom beywer vir taal en kultuur. Saam met die ATKV het hy Afrikaans toegankliker en inklusiewer gemaak en daarvoor sal hy onthou word.
Marlize Hobbs (1972–)
2020-09-16"Ek glo nie mens moet mors met woorde nie; as iets gesê is, het jy bestaansreg daaraan gegee en dit kan maak of breek."
ATKV-Woordveertjies 2020: Finaliste bekend
2020-09-15Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord. Wenners sal vanaf 19–23 Oktober op die ATKV se Facebookblad bekend gemaak word.
Loftus Marais (1982–)
2020-09-10"Ek voel goed oor kontemporêre Afrikaanse poësie. Daar is soveel opwindende goed wat gebeur. Dit voel asof ek deel is van iets groots." Loftus Marais se ATKV LitNet-Skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.
Marita van der Vyver (1958–)
2020-08-20"As ek dan ’n verantwoordelikheid het teenoor Afrikaans, is dit om te bly skryf daarin."
Veels geluk, liewe ATKV!
2020-08-19Ná 90 jaar word die kernwaardes van die ATKV steeds met onverdunde ywer aktief en doelgerig gehandhaaf en tot uitvoer gebring in belang van sy lede en die breër gemeenskap.

