Onderhoude
Interviews about topical issues
Musiekonderhoud: Neil Nachtrein oor Op plekke waar ons eens was
2019-10-16"In ’n groot mate voel hierdie vir my soos ’n eerste album, in die sin dat die eindproduk ooreenstem met die visie wat ek gehad het terwyl ek geskryf het, ’n volkome breinkind."
Afrikaans in 'n meertalige Suid-Afrika
2019-10-16"Die uitspraak in die Gelyke Kanse-saak is ’n gevoelige slag, maar as ons mense kan oortuig dat ons tale moet gebruik om in te sluit sal Afrikaans en al die ander amptelike tale (ja, ook Engels) bly voortleef." Menán van Heerden gesels met Karien Brits oor Afrikaans se posisie in ’n meertalige Suid-Afrika.
LuBOY en V.I.T.0 se song vir die underdog – ’n onderhoud
2019-10-16"Hierdie song is daar om die underdog te bemag om vir homself op te staan. Ons het steeds probeer om die delivery van die song so skoon as moontlik oor te dra, deur middel van metafore en humoristiese punchlines."
Peach van Pletzen oor Nik Nax, legeh, kung fu en “boudjies vetter as die bassline”
2019-10-15"Die feit dat 'Awaken the legehness' 1,6k views in onder ’n maand gekry het, is vir ons moerse, en wys dat die legehness bestaan en dat mense dit voel en verstaan."
18 Gangster Museum in Khayelitsha: Taking a stance against gangsterism
2019-10-14"The reason behind having ex-offenders curating and being guides at the museum is to provide them with a second chance in life, due to the fact that they never had proper guidance before – they are a consequence of a debilitated social infrastructure and socio-economic instabilities. We teach young people about the implications of joining gangs, so that they can make sound decisions for the betterment of their future, as they navigate this thing called life in the township."
Terminologie en terminografie: ’n onderhoud met Mariëtta Alberts
2019-10-11"Sommige terme is dalk verouderd, maar die ou vakwoordeboeke word nie bygewerk nie en gevolglik gebruik mense maar sommer die Engelse terme omdat hulle geredelik beskikbaar is. Dit is nie goeie nuus vir Afrikaanse vaktaal nie en dit was een van die redes waarom die handleiding geskryf is – gebruikers moet gemotiveer word om Afrikaanse terme te skep, te gebruik en te bewaar."
Athol Fugard’s Statements after an arrest under the Immorality Act showing at the Fugard Theatre
2019-10-10"This is an utterly compelling production that cautions us on the devastating impact of human rights abuse, in whichever form it comes, and hopefully makes us more understanding of our common humanity."
Coffee Snobs wil positiewe boodskap oordra met nuwe enkelsnit "Sal jy"
2019-10-10"Ons word so gebombardeer met negatiewe nuus, hartseer, moord en haat. Stories soos Tania s’n word nie genoeg vertel in die media nie. Ek dink ons land se mense het nodig om sulke stories te sien en te hoor. Ware verhale wat mense hoop gee en bemoedig en wat hulle weer laat glo in liefde."
Hommeltuie in die Vrystaat? Vyf vrae aan Christo Bisschoff
2019-10-03“Die enigste oplossing is dat Afrika, veral suid van die Sahara, sy voedselproduksie dramaties sal moet verhoog.”
Onderhoud met Wouter Gildenhuys oor Grondwoorde 2018
2019-10-01"Een van die oogmerke van Grondwoorde is om 'n liefde vir die Afrikaanse taal en die Afrikaanse digkuns aan te kweek, wat hopelik deur die proses aangemoedig word."
YouTube-onderhoud: ’n besoek aan die Arendsvlei-stel
2019-10-01Dit is onlangs bevestig dat die Afrikaanse telenovela Arendsvlei vir ’n tweede seisoen hernu is. Menán van Heerden en Cliffordene Norton het die Arendsvlei-stel by Atlantic Studios in Milnerton (Kaapstad) besoek. Menán het ’n video-onderhoud met Theltom Masimila, die skrywer en vervaardiger, gevoer.
"Afrikaans: Kom saam | Come along"-simposium by Sol Plaatje-universiteit: ’n onderhoud
2019-10-01"In Kimberley is Afrikaans die algemene gebruikstaal. Dit is werklik 'n inklusiewe taal wat oral gebruik word – by winkels, restaurante en besighede. Setswana is wel die taal wat deur die meerderheid SPU-studente gepraat word ..., maar tog word Afrikaans daagliks informeel op kampus gebruik."
#opdielug met Jeremeo Le Cordeur
2019-10-01Kom luister saam! Robyn van de Rhede en Menán van Heerden voer onderhoude met mense wat passievol is oor hul taal. Afrikaans en Afrikaaps leef en beef op teaterverhoë, in die woordkuns van rymkletsers en digters, tydens vurige debatte by feeste ... en die lys hou nie op nie! Die derde gas op die maandelikse Lekker LitNet-insetsel op Radio 786 is bekroonde teater-praktisyn Jeremeo Le Cordeur.
Poppie Nongena-rolprent skenk gedeelte van wins aan veldtog teen geslagsgeweld
2019-09-26Die lokprent vir die langverwagte rolprent Poppie Nongena is dié week uitgereik. Die rolprent het skoonskip gemaak by die onlangse kykNET Silwerskermrolprentfees, waar dit met 12 toekennings bekroon is. Marli van Eeden gesels met Christiaan Olwagen en Helena Spring.
Jan Rabie Marjorie Wallace-skrywersbeurs 2020: ’n onderhoud met Steward van Wyk
2019-09-25Steward van Wyk, sameroeper van die Jan Rabie Marjorie Wallace-skrywersbeurs, praat met Naomi Meyer oor hierdie geldelike inspuiting wat bloeiende jong skrywers vir ’n tyd lank sal genees van ’n groot finansiële kopseer.
"Ek het my voorouers se stories part van my lewe gemaak" – ’n onderhoud met Deidre Jantjies
2019-09-23Deidre Jantjies het ’n lang geskiedenis van toneelspel; sy het hierdie vaardighede gebruik om haar eie verhale te skryf wat sy in kortfilms omskep het. Met haar vervaardigingsmaatskappy, Na Aap Productions, wil sy die onbekende geskiedkundige verhale van Suider-Afrika vertel. Ter viering van Erfenisdag (24 September) het Cliffordene Norton met haar gesels.
Nagraadse studente trotseer die Suidelike Oseaan vir navorsing oor klimaatsverandering
2019-09-19Nagraadse studente van onder andere die Universiteit Stellenbosch (US) het onlangs aan boord van die SA Agulhas II hul wintervaartekspedisie voltooi. Hulle navorsing gaan oor onder meer die mensgemaakte impakte op die oseaan met betrekking tot klimaatsverandering. Johan Viljoen, ’n PhD-student in mariene biogeochemie aan die US wat die vaart meegemaak het, vertel vir Marli van Eeden meer oor die navorsing.
"Kom fees vry": Alexa Strachan oor Aardklop 2019
2019-09-19"Ek dink ons is hierdie jaar geseënd – ons het regtig die room van Suid-Afrikaanse akteurs op een fees bymekaar," sê Alexa Strachan, Hoof Uitvoerende Beampte van Aardklop Kunstefees 2019. Remona Voges het met haar gesels oor wat vanjaar se fees, wat vanaf 24 tot 29 September in Potchefstroom plaasvind, inhou.
Onderwysers kan mekaar arendsvlerke gee: ’n onderhoud met Christa van Staden
2019-09-16"Die onderwysers gesels met ander onderwysers wat dieselfde vak aanbied en leer so oor tyd en geografiese grense heen. Dit is belangrik om te weet dat jy nie die enigste onderwyser is wat met 'n probleem soos kinders met gedragsprobleme sukkel nie. As mens eers weet dat jy nie alleen is nie, word die las ligter."
Breyten by Tuin van Digters 2019
2019-09-12Die jaarlikse Tuin van Digters-fees vind komende naweek in Wellington plaas. Remona Voges het met die organiseerder, Francois Lötter, gesels oor wat hierdie jaar se fees inhou.
