Onderhoude

Onderhoude oor aktuele kwessies
Interviews about topical issues

Fynskrif 3: ’n onderhoud met Neels van Jaarsveld

Remona Voges, Neels Van Jaarsveld kykNET Portaal 2020-04-20

"Fynskrif was ’n onvergeetlike ervaring. ’n Absolute hoogtepunt. Elke seisoen was ’n unieke en spesiale reis."

Landskap en kuns vanuit ’n ekoteologiese perspektief

Pieter GR de Villiers, Annalet van Schalkwyk Onderhoude 2020-04-20

Annalet van Schalkwyk, ’n LitNet Akademies-navorser, gesels met Pieter GR de Villiers oor ekoteologie en kuns.

Afrikaanssprekendes wat buite Suider-Afrika woon: ’n onderhoud

Cliffordene Norton, Fanie Pretorius Onderhoude 2020-04-15

Die Facebook-groep "Afrikaanssprekendes wat buite Suider-Afrika woon" het meer as 11 000 lede en ondersoek sedert 2012 die houdings en gebruike van Afrikaanssprekendes wat buite Suider-Afrika woon. Cliffordene Norton gesels met Fanie Pretorius wat die navorsingsprojek geloods het.

The annual National Arts Festival goes virtual amid corona crisis

Marli van Eeden, Monica Newton Onderhoude 2020-04-15

The 2020 National Arts Festival (NAF) will go down in our history as the first ever South African virtual festival, taking place from 25 June to 5 July. Marli van Eeden chats to Monica Newton (CEO, NAF) to find out more.

Hoender en Moeder Perske – die prag van Xhosa-name

Koos Oosthuysen, Bertie Neethling Onderhoude 2020-04-08

Koos Oosthuysen, wat die Bybelvertaling in isiXhosa gekoördineer het, gesels met Bertie Neethling oor sy LitNet Akademies-artikel, "Persoonsnaamgewing onder die Xhosasprekendes van Suid-Afrika".

God en ons brose planeet

Pieter GR de Villiers, Johan Buitendag Onderhoude 2020-04-03

"’n Teologie van die natuur – of dan ’n ekoteologie – wil ook nie net etiek wees nie, met ander woorde bloot iets soos ’n 'red die renoster'-veldtog nie."

’n Weerlose God op die skilderdoek

Daniël Louw, Johannes Vorster Onderhoude 2020-04-01

"Weerloosheid maak my vry en bring my uit by deernis en medemenslikheid."

COVID-19: Brace yourself for impact

Melt Myburgh, Prudence Kayoka Onderhoude 2020-03-24

"This virus is highly infectious and rapidly contagious. In general, it takes some time before mutation can be observed. At this stage, researchers are still investigating the behaviour of this virus."

Korona: ’n skoolhoof se ervaring

Melt Myburgh, Joubert Retief Skole 2020-03-18

"Leerlinge ontvang sover moontlik take en ou vraestelle om uit te werk, asook die besonderhede van webwerwe waar gratis aanlyn akademiese materiaal beskikbaar is."

Dis tyd dat akademici vrouemigrante se ervarings ondersoek

Elsabé Brits, Marietjie Lambrechts Onderhoude 2020-03-17

"Al is die posisie van vroue in die samelewing op die oomblik onder die vergrootglas, veroorsaak ’n gebrek aan wetenskaplike navorsing wat op persoonlike ervarings fokus, dat die weerlose posisie van vrouemigrante voortduur."

Die goeie dae toe dagblaaie nog joernaliste in die buiteveld gehad het

Elsabé Brits, Susan Cilliers Onderhoude 2020-03-17

"Ek vrees die hele beheptheid met klieks kan beslis tot ’n verswakking in gehalte en tot oppervlakkigheid lei, indien klieks die deurslaggewende maatstaf gaan word."

Dagga, van stiefplant tot allerheilige kruid

Melt Myburgh Skrywersonderhoude 2020-03-11

"Indien jy ’n surplus dagga geoes het en ’n geldjie daaruit wil maak deur dit aan die bure te verkwansel, gaan jy in die moeilikheid kom."

Is die paradys in die hemel of op die aarde? ’n Onderhoud met Chris L de Wet

Floris Voges, Remona Voges, Chris L de Wet Onderhoude 2020-03-10

"Ek dink die paradys is binne elkeen van ons. Dit maak dit nie noodwendig minder werklik as om dit te sien as ’n plek onder die aarde nie."

Millenniërs en die kerk: Vyf vrae aan Marileen Steyn en Cas Wepener

Marileen Steyn, Cas Wepener, Liné Loff Onderhoude 2020-03-06

"Millenniërs is wel besig om nuwe betekenisse aan ou gebruike te heg en hierdie rituele en gebruike buite die tradisionele ruimte van die kerkgebou te beoefen."

Regisseur gesels oor Toorbos by Toyota US Woordfees 2020

Marli van Eeden, René van Rooyen Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-03-05

"Wat my eerste opgeval het van die boek, was Dalene se sensitiewe en diep-ondersoekte verkenning van die vroulike protagonis se psige. Jy bewonder haar vir haar vasberadenheid in haar soeke na persoonlike vryheid soos dit afspeel teenoor die konflik tussen haar aardse boswêreld en die mens se behoefte vir vooruitgang." 

Folk 101: Klassiek en kontemporêr in een

Marli van Eeden, Jan-Hendrik Harley Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-03-05

"Ek dink altyd terug aan iets wat ek jare gelede gehoor het: 'Making music is serious business. Listening to it shouldn't have to be'."

Van Broadway tot op eie bodem: Jong talent pak bekende musiekblyspele aan

Marli van Eeden, Pedro Kruger Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-03-05

"Birdstraat is ’n ikoniese straat in Stellenbosch. En vir die Woordfees wou ons Broadway na Stellenbosch verplaas."

Luna Paige: "Kuns is goed vir die siel"

Marli van Eeden, Luna Paige Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-03-05

"Ons leef in ’n tyd waarin die meeste mense redelik onseker is oor hul toekoms, die ekonomie, hul veiligheid en ook op ’n manier hul identiteit en hul 'behoortskap'. Ek het hierdie onsekerhede vir seker nie vrygespring nie en ek het agtergekom dat dit ’n effek het op my selfekspressie en tot baie onlangs op ’n lus vir liedjies skryf."

Onderhoud: Martlie Jordaan oor Gee Afrikaans ’n kishou in die eksamen

Martlie Jordaan, Melt Myburgh Skole 2020-03-04

"Breek die vak in kleiner dele op: begrip; opsomming; taal; gedigte, prosawerk en drama. As jy so daarna kyk, sien jy dat die taal die enigste 'wetenskap' is wat jy kan gaan léér."

Miela’s Box – ’n onderhoud met Tasneem Daniels

Cliffordene Norton, Tasneem Daniels Suidoosterfees 2020-02-25

"Dit het baie tyd gevat en ek dink ek moes certain discoveries oo my eie identities ee’ste maak voorat ek hierie toneel kon klaa skryf."

Top