Boer soek 'n vrou: Wie is Boer Willem?

  • 3

Die immergewilde TV-reeks, Boer soek ’n vrou, se twaalfde seisoen is tans op kykNET te sien. Remona Voges het die rooibosteeboer Willem met die oulike glimlag ’n paar vinnige vrae gevra.

Boer Willem (Foto: verskaf)

Hallo Willem! Lekker om jou te ontmoet, al is dit oor die foon. Beskryf jouself asseblief in ’n paar woorde.

Ek is ’n baie positiewe mens wat die glas altyd halfvol, eerder as halfleeg sien.

Wat geniet jy die meeste en minste omtrent die rooibosboerdery?

Dit is ’n baie uitdagende bedryf want daar is net ’n sekere aantal mense regoor die wêreld wat met rooibostee boer. So ek geniet al die uitdagings van die bedryf en wat dit behels. Wat geniet ek die minste van die boerdery? Op die oomblik is dit maar die droogte, maar oor die algemeen is dit eintlik ’n baie lekker bedryf

Noem vier dinge waarsonder jy nie kan leef nie.

  • My bakkie
  • My hond
  • ’n Draadtang
  • ’n Selfoon

    Boer Willem en sy geliefde hond, Tessa (Foto: verskaf)

Wat sit ’n glimlag op jou gesig?

Naweke sit ’n glimlag op my gesig. Wanneer ’n man ’n bietjie sy skoene kan uitskop en ontspan.

Wat irriteer jou?

Ek is baie stiptelik. So as iemand laat is, is dit vir my ’n groot irritasie.

Noem ’n liedjie wat jou lewe die beste opsom.

Ek sal moet gaan met "Ek sal kan doen met ’n miljoen" deur Lucas Maree.

Hier is Francois van Coke se weergawe van dié liedjie:

Lees Boer Willem se pofiel hier. Hier is sy video:

  • Boer soek ’n vrou word op Donderdae om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai.

Lees ook 

Boer kry sy pasmaat ná "Boer soek ’n vrou"-brief

Boer soek 'n vrou: Leer ken die diepsinnige Boer Damian

Boer soek 'n vrou: 'n Onderhoud met die geheimsinnige Boer Theunis

Boer soek 'n vrou: leer ken vir Boer Graham

Boer soek 'n vrou: Vinnige vrae vir Boer Hentie

  • 3

Kommentaar

  • Barend van der Merwe

    Sandra en Elmarie

    Ek dink Boer soek 'n vrou het nogals baie met die letterkunde uit te waai. Julle het seker al gelees van die plaasroman verskynsel in die Afrikaanse letterkunde? Maar miskien moet mens die vraag stel - hoekom wil julle die begrip 'letterkunde' begrens? Letterkunde het nie grense nie. Dit gaan oor die mens se kultuur.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top