Boer soek 'n vrou: Vinnige vrae vir Boer Hentie

  • 4

Die immergewilde TV-reeks, Boer soek 'n vrou, se twaalfde seisoen is tans op kykNET te sien. Remona Voges het 'n paar vinnige vrae vir die rooibosteeboer, Boer Hentie, gevra.

Hallo Hentie! Dankie dat jy bereid is om met my te gesels. Beskryf assseblief jouself in ses of minder woorde.

Romanties en vol liefde.

Wat geniet jy die meeste en minste omtrent die rooibosboerdery?

Ek geniet dit die meeste wanneer die finale produk op die vragmotor gelaai word en na ’n kliënt gestuur word. Ek hou nie daarvan wanneer dit koud en nat buite is en ek nie my werk kan doen nie.

Noem vier dinge waarsonder jy nie kan leef nie.

  • My kinders
  • My bakkie
  • Geloof
  • Famile

Wat sit 'n glimlag op jou gesig?

As sy vir my glimlag ...

Wat irriteer jou?

Lui mense.

Noem 'n liedjie wat jou lewe die beste opsom.

"Don’t worry be happy" deur Bobby McFerrin.

Lees Boer Hentie se profiel hier en kyk dié video om die saggeaarde boer beter te leer ken.

Boer soek 'n vrou word op Donderdae om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai.

  • 4

Kommentaar

  • Sal graag wil weet - as 'n boer nie eers sy regte naam gebruik om in te skryf nie, wat steek hy nog weg en hoekom?

  • Ek het saam met Hentie groot geword in Panorama. Het nie eers geweet sy regte naam is Carel nie want almal het hom Hentie genoem. So daar is niks om weg te steek. Het in 1981 met hom uitgegaan vir 'n rukkie, maar hy is jaar jonger as a ek en was in ander hoerskool. Hy was toe al liefdevol en dierbaar.

  • Hentie
    Hoop jy kry die vrou wat jou gaan gelukkig maak
    Van ons vrouens is nie almal die sele nie.
    Pot het altyd n deksel
    Baie sterkte aan jou...jy lyk na n regte gentleman

  • Avatar
    Hannelie Prinsloo

    Ai Hentie..... Ek't uit gemis op jou!!!
    Ek is so besig op die plaas met my hoenders en die veiling.... Het nie TV.... JOU vandag gesien op 'n HUISgenoot!! Dit wat jy van praat ek sal weet as ek sien.....😜..... Ai toggie!!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top