Skryfsake en rubrieke
Inligting oor alle skryfverwante sake
Information about all writing-related matters
Uit my blou bundels
2012-10-10 Bibi Slippers dip haar tone in haar blou bundels en dis vir jou die rimpelinge op.Groen truie en gedoemde liefde. Of: ’n Oomblik in Breyten se neushare
2012-10-04 "Noem net sy naam en ek swymel. Gee vir my een van sy boeke en my geswymel word ’n beswyming. Plaas my in sy teenwoordigheid (dit het al een maal gebeur, in die ry voor ’n toilet in Kaapstad) en ek verval in ’n katatoniese staat, ’n krisis, ’n koma."Dis komminplaas, maar kragtig
2012-09-27 ’n “Commonplace book” is die Renaissance se weergawe van scrapbooking vir intellektuele mense. Bibi Slippers is dankbaar om uit te vind dat haar jarelange obsessie met oorskryf en afskryf nie tydmors was nie, maar commonplace en moontlik kragtig ...Nie deur Dickens nie
2012-09-21 "As ek Dickens se A Tale of Two Cities moes vertaal vir ’n kontemporêre Afrikaanse gehoor, sou ek só begin: “Dit was die coolste tye. Dit was die kakste tye.” As ek die storie van my lewe die afgelope twee weke moes vertel, sou hy ook presies so begin."Met woorde soos met vlerke
2012-09-10 Wat kort ’n gedig om te groei? Ek het altyd aangeneem dis vars lug en vrede, of die ander uiterste dan: emosionele upheaval of ten minste ’n ligte geestesversteuring. Maar nee, dis nou uiteindelik wetenskaplik bewys:* wat ’n gedig kort om te groei is in sekere (die meeste?) gevalle net ’n deadline en ’n Red Bull.Aan die Kaap geskryf
2012-09-02 "Daar is ’n tyd om te kom en ’n tyd om te gaan, sê die Prediker (of een of ander ánder digterlike skrywer van die Bybel), en die tyd het gekom vir my om terug te gaan stad toe."Fotoblad: Bloemfonteinse Skrywersvereniging
2012-08-29 Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) het op sy jaarlikse nasionale Slypskool vir Ontluikende Skrywers die wenners van die landswye BSV-Skryfwedstryd vereer. Hier is foto’s van die geleentheid.Kollokwium: Zapiro en die digters
2012-08-02 Die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit Stellenbosch se kollokwium neem vanjaar die vorm aan van 'n onderhoud tussen Jonathan Shapiro (beter bekend as spotprentkunstenaar Zapiro) en Marlene van Niekerk. Digters soos Antjie Krog, Leon de Kock en Loftus Marais en 'n handvol ander sal ook optree.Die laaste woorde van ’n werkesel
2012-08-02 Bibi Slippers ly aan ongeneeslike oordraagbare volwasse werkoholisme ... maar hier is haar laaste woorde voor 'n maandlange verlofWys my jou inboks, dan wys ek jou myne
2012-07-26 "Dalk is ons almal, in hierdie dae van hiperteks en virtuele woorde, gereduseer tot inbokse met asems."Wenners van die Nasionale Skryfwedstryd van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, Skrywers 2012, bekend
2012-07-26 Daar bestaan 'n skole- en senior afdeling van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging. Die wenners van die vereniging se nasionale skryfwedstryd, Skrywers 2012, is nou bekend.BSV-Slypskool vanjaar met rillerskrywer Francois Bloemhof
2012-07-26 "Wil jy stories skryf wat lesers se nekhare laat rys? Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging bied vanjaar op Saterdag, 25 Augustus 2012 om 8:00 – 15:00 in die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Pres Brandstraat, Bloemfontein die jaarlikse BSV Slypskool vir ontluikende skrywers aan onder leiding van die gewilde rillerskrywer, Francois Bloemhof."Gelukkig-toevallig: Serendipitea under the poetree
2012-07-13 Wat het ’n haas, ’n hark en ’n helder lig met mekaar uit te waai? Bibi Slippers sit onder ’n selfgemaakte poetree en vra dieselfde vraag. (Een van die antwoorde is R84 905, 70.)Wat goeie skrywers se werkstasies weet
2012-07-04 Virgina Woolf het nie die volle waarheid gepraat toe sy gesê het dat 'n vrou 'n eie kamer en geld nodig het om 'n skrywer te wees nie.Dis alles in die houding
2012-06-27 "’n Skrywer is iemand met ’n imponerende outeursfoto en ’n interessante werkspasie. Nee, nee, vergeet van die boeke en die pryse en die persentasie van inkomste wat uit skryfwerk verdien word. Kyk net na die outeursfoto en die skryfbank en jy kan aflei of iemand werklik, wérklik ’n skrywer is."R44 000 se prysgeld op die spel met RSG en Sanlam se Radiodrama-skryfkompetisie
2012-06-21Aspirant- én gevestigde skrywers kan vanjaar sowat R44 000 se kontantpryse wen in RSG en Sanlam se Radiodrama-skryfkompetisie.
