Skryfsake en rubrieke

Inligting oor alle skryfverwante sake

Information about all writing-related matters

Nuwe Stories 2013: Wenke van Afrikaans se kortverhaalkenners

2013-01-29 Gerdus Senekal gesels met van Afrikaans se mees gevestigde kortverhaalskrywers; deels as bondige bestekopname van die kortverhaalkuns en deels om aspirant-skrywers se kreatiewe denke bietjie vonk te gee.

Nuwe Stories 2013-onderhoud: Helena Gunter

Gerdus Senekal, Helena Gunter 2013-01-29 Helena Gunter gesels oor die kuns van kortverhale skryf.

Dit gaan nie oor die fiets nie

Bibi Slippers 2013-01-23 Die stigter, leier en enigste lid van die beweging vir fietsgedigte bekla haar lot  noudat Lance Armstrong die beweging se beeld erge skade aangedoen het.

Wat dit vat

Bibi Slippers 2013-01-16 As jy wonder hoe dit is om 'n skrywer te wees, kyk net na die lys van skrywers wat selfmoord gepleeg het en antwoord jouself. Of lees wat dink Fitzgerald en Hemingway oor wat dit vat om te skryf.

Derde Nuwejaar: kô laat ons skryf!

Bibi Slippers 2013-01-09 Bibi Slippers voel nie Nuwejaar en Tweede Nuwejaar is genoeg nie ... vir skrywers is daar ook ’n Derde Nuwejaar nodig. 

LitNet laat jou woorde leef by die Woordfees

2013-01-09 Skryf jy graag lirieke? Kom leer by LitNet se Sanlam Sing 'it liriekskryfwerkswinkel by legendes Anton Goosen en Valiant Swart hoe dit gedoen word. Daarna gesels Anton, Kerneels Breytenbach en Albert du Plessis oor die ontwikkelinge in die plaaslike musieklandskap – Alles van Anton tot Die Antwoord!

Padkos, pitkos, poësie

Bibi Slippers 2012-12-19 Hierdie week se Snars poëtika is 'n piekniekmandjie vol poësie-verwante padkos vir die vakansie.

100-bedonderd

Bibi Slippers 2012-12-12 Die 100 gewildste gedigte in Afrikaans is onlangs aangekondig, en die gesprek daarrondom laat Bibi Slippers 'n paar selfondersoekende vrae vra.

Die leegte

Bibi Slippers 2012-12-05 Hier is gewoonlik 'n skryf-rubriek. Waarom staan hier dan vandag niks nie?

Om te skryf is om te lees

Naomi Meyer 2012-11-27 "In Om te skryf vertel die skrywer nie wat hy gedoen het om te skep nie, hy demonstreer. Showing, not telling. Die leser moet lees, die skryftoetse agterna voltooi en so leer watter tegnieke gevolg is.

En wat is jóú verskoning?

Bibi Slippers 2012-11-27 Die feit dat Bibi Slippers nog geen boek klaar geskryf het nie, blameer sy op JK Rowling. Wat is jóú verskoning?

Die “d”-woord: Haikoe hoekom is jou stert so kort?

Bibi Slippers 2012-11-21 Waarom is die haikoes was ingeskryf word vir LitNet se haikoe-kompetisie oor die algemeen beter as die vrye verse wat in ons inboks land? Bibi Slippers waag 'n antwoord op haar eie vraag.

Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd 2013

2012-11-21 Human & Rousseau en LitNet nooi Afrikaanse kortverhaalskrywers onder dertig uit om hul ongepubliseerde verhale in te skryf vir die Nuwe Stories 2013-kortverhaalwedstryd.

Skryflesse van Kanadese cover bands

Bibi Slippers 2012-11-13 Bibi Slippers kry 'n paar lesse in kreatiewe skryfkuns by die Universiteit van YouTube.

Die Afrikaanse skryfgids

Izak de Vries 2012-11-06 "Vóór ek nog mý kopie bekom het, was daar al aspirantskrywers wat my vertel het hoe goed die boek is. Ek het dit intussen gelees en ek beveel dit nou aan vir enige persoon wat in skryf belangstel." Izak de Vries resenseer Die Afrikaanse skryfgids.

Slow Poetry: Die lieflikheid van langsaamheid in hierdie gejaagde jare

Bibi Slippers 2012-10-30 Bibi Slippers reflekteer oor langsaamheid – die verlore kuns van stadig leef en skryf.

23 Oktober 2012: Antjie Krog verjaar

Bibi Slippers 2012-10-24 By die geleentheid van Antjie Krog se verjaarsdag vra Bibi Slippers haarself af: wat maak Antjie se gedigte beter as die ander rympies wat mens om elke hoek en raai op die internet opspoor?

Leer die kuns van gedigte skryf by twee bekende digters

2012-10-24 LitNet bied met trots die SkryfNet aanlyn-poësieslypskool vir hoërskoolleerders aan. Gedurende hierdie slypskool sal vyf belowende jong digters die geleentheid kry om deur twee bekende digters in die skryfproses begelei te word.

My “Sunscreen song” vir skrywers

Bibi Slippers 2012-10-17 Onthou jy Baz Luhrman se "Sunscreen Song" uit die ’90's? Wel, dis terug – met 'n effense aanpassing of wat, spesiaal vir skrywers.

Splinternuwe Facebook-groep vir splinternuwe skrywers

Bibi Slippers 2012-10-15 Word deel van LitNet se Facebook-groep vir nuwe skrywers en kry heel eerste die jongste nuus oor skrywers, skryfkompetisies en publikasie-geleenthede! Almal is welkom en dis 100% gratis.
Top