Wat dit vat

  • 4

Die week in woorde

Nou die dag word daar vir my gesê: “Die internet is gemaak vir mense soos jy” – en dit was nie as ’n kompliment bedoel nie. Dit was terwyl ek my verkneukel het vir een of ander lawwigheid – ’n snaakse video of ’n prentjie van ’n kat. Groot gedeeltes van die internet is besaai met die snaaksste dinge wat jy ooit sal sien of hoor of lees, en ek gee nie regtig om om een van die “small minds” te wees wat deur hierdie klein goedjies vermaak word nie.

Maar af en toe kom selfs ’n die-hard vermaak-junkie soos ek op iets op die internet af wat uitermatig terneerdrukkend is. Soos hierdie hartseer lys van digters wat selfmoord gepleeg het. Al 107 van hulle, waarvan Wikipedia weet. En daar is waarskynlik duisende waarvan die wye wêreld (en die Wêreldwye Web) nooit kennis geneem het nie. Vanaf daardie lys kan mens soomloos navigeer tot by ’n langer lys met ’n meer generiese titel: “Writers who committed suicide”. Op hierdie lys is 288 individue, waarvan jy waarskynlik meer name sal herken. Dis dubbeld so terneerdrukkend.

Die doel van hierdie geskriffie is egter nie om almal depressief te maak nie, maar eerder om myself en ander mense wat hulle op die geskrewe woord wil toespits daaraan te herinner dat skryf nie sonder sekere “occupational hazards” kom nie. Dis ’n moeilike en gevaarlike besigheid en mens moet weet wat dit vat.

Maar wát vat dit?

Daardie vraag het verskillende antwoorde van verskillende skrywers, maar ek haal twee skrywers se antwoorde hierop aan.

Die eerste is F Scott Fitzgerald, wat die vraag beantwoord in ’n brief* aan ’n hoopvolle jong skrywer wat ’n storie aan hom voorgelê het:

November 9, 1938

Dear Frances

I’ve read the story carefully and, Frances, I’m afraid the price for doing professional work is a good deal higher than you are prepared to pay at present. You’ve got to sell your heart, your strongest reactions, not the little minor things that only touch you lightly, the little experiences that you might tell at dinner. This is especially true when you begin to write, when you have not yet developed the tricks of interesting people on paper, when you have none of the technique which it takes time to learn. When, in short, you have only your emotions to sell.

This is the experience of all writers. It was necessary for Dickens to put into Oliver Twist the child’s passionate resentment at being abused and starved that had haunted his whole childhood. Ernest Hemingway’s first stories in “In Our Time” went right down to the bottom of all that he had ever felt and known. In “This Side of Paradise” I wrote about a love affair that was still bleeding as fresh as the skin wound on a haemophile.

The amateur, seeing how the professional having learned all that he’ll ever learn about writing can take a trivial thing such as the most superficial reactions of three uncharacterized girls and make it witty and charming — the amateur thinks he or she can do the same. But the amateur can only realize his ability to transfer his emotions to another person by some such desperate and radical expedient as tearing your first tragic love story out of your heart and putting it on pages for people to see.

That, anyhow, is the price of admission. Whether you are prepared to pay it or, whether it coincides or conflicts with your attitude on what is “nice” is something for you to decide. But literature, even light literature, will accept nothing less from the neophyte. It is one of those professions that wants the “works”. You wouldn’t be interested in a soldier who was only a little brave.

In the light of this, it doesn’t seem worth while to analyze why this story isn’t saleable but I am too fond of you to kid you along about it, as one tends to do at my age. If you ever decide to tell your stories, no one would be more interested than,

Your old friend

F Scott Fitzgerald

PS. I might say that the writing is smooth and agreeable and some of the pages very apt and charming. You have talent – which is the equivalent of a soldier having the right physical qualifications for entering West Point.

 

Die tweede stel antwoorde kom uit die Afrikaanse vertaling van Michel Houellebecq, wat onlangs by Hond verskyn het. Houellebecq is bepaald nie die mees opgeruimde en vrolike skrywer nie, maar sy opmerkings in die essay “Om te bly lewe: ’n Handleiding” is ’n sobere herinnering aan die feit dat die lewe van ’n skrywer ’n swaar een is, en dat die skrywer homself moet voorberei op die uitdagings van hierdie lewe. Houellebecq skryf onder andere:

 

Om te leer om ’n digter te word is om die lewe te ontleer.

Die wêreld is lyding in aksie. Dit word voortgebring uit ’n knoop van lyding. Elke bestaan is uiteensetting en vergruising.

Die letsels wat die lewe ons aandoen wissel af tussen die brutale en die ongemerkte. Ken albei hierdie vorme. Oefen hulle. Verwerf ’n volledige kennis daarvan. Onderskei tussen wat hulle skei en dit wat hulle verenig. Heelwat teenstrydighede sal dan opgelos word. Jou woorde sal in krag en omvang daarby baat.

’n Dooie digter dig nie meer nie. Daarom is dit belangrik om te bly lewe. Hierdie argument is eenvoudig, soms sal dit vir jou moeilik wees om daarby te hou.

Moenie bang wees vir geluk nie; dit bestaan nie.

Elke samelewing het sy swak plekke, sy wonde. Sit jou vinger op die wond en druk hard.

Hou aan. Moenie bang wees nie. Die ergste is reeds verby. Natuurlik sal die lewe jou nog verskeur; maar dit raak jou nie eintlik meer nie. Onthou: in beginsel is jy reeds dood. Jy staan nou in die aangesig van die ewigheid.

Dis nie noodwendig maklik of lekker om in die aangesig van die ewigheid te staan nie. Jy moet besluit of dit vir jou die moeite en lyding werd is. En jy moet onthou wat Fitzgerald op ’n ander keer gesê het: “Nothing any good isn’t hard.”

 

* Bronne
Ek het Fitzgerald se brief hier gelees (http://www.brainpickings.org/index.php/2013/01/08/f-scott-fitzgerld-on-writing). Die aanhalings uit Houellebecq kom uit Michel Houellebecq – Tagtig gedigte en twee essays – ek is op die oomblik besig om die boek te lees en dit is hoogs aan te bevele.

Nuwe gedigte op LitNet hierdie week

 

Teken in op LitNet se gratis nuusbrief vir ’n weeklikse dosis vars poësie .

  • 4

Kommentaar

  • Waldemar Gouws

    Beste Bibi. Die nadenkende katkonyn op jou foto is iets spesiaals.  Maar jou syfer vir selfmoord in skrywersgeledere dryf net. (Ek wonder hoeveel is al vermoor). Het jy nie dalk statistiek vir dieretuinwerkers, daggakwekers, nierspesialiste of gades van staatshoofde nie? Groete. Waldemar. 

  • Bibi Slippers

    Hi Waldemar.  Ek het my "Line of thought" bevraagteken terwyl ek dit opgeskryf het, en toe ge-google vir "Pilots suicide" as lukrake ander beroep - maar die universiteit van google het geen groot lys vir pilots nie, net 'n paar artikels oor vlugte wat neergestort het waar selfmoord vermoed word.

    Ek sal moet gaan soek vir dieretuinwerkers, daggakwekers en dies meer ...  miskien is google meer oop oor hulle as oor vlieeniers.

  • Bibi Slippers

    Johann, dankie vir die skakel!  Ek het die artikel sopas (te vinnig!) gelees, en sal dit vanaand weer stadig oorlees. Het jy al die Houellebeque-vertalings gelees?  Ek het gewonder hoe jy dit vind?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top