Bibi Slippers

Bibi Slippers is ’n digter en joernalis. Sy het in 2007 BA-grade in Beeldende Kuns en Tale verwerf aan die Universiteit van Pretoria, en in 2015 ’n Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkunde aan die Universiteit Stellenbosch. Sy was voorheen ’n inhoudsbestuurder by LitNet, artikelredakteur by die tydskrifte MyTyd en VISI, en werk in Johannesburg as vryskut-skrywer, -inhoudsregisseur en -aanbieder in die TV-bedryf.

Haar gedigte en stories is opgeneem in verskeie versamelbundels, onder ander Nuwe Stemme 4 en Nuwe Stories 1. Haar debuutbundel Fotostaatmasjien het in November 2016 by Tafelberg verskyn. Sy was die mede-samesteller van Nuwe Stemme 6 (2017). 

  • Foto-erkenning: Wikus du Toit

kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar 2023: Commendatio’s

Bibi Slippers Boeke en skrywers 2023-09-23

Lees Bibi Slippers se commendatio’s van vanjaar se twee wenresensies: Deborah Steinmair se resensie van Antjie Krog se Plunder en Vetplantfeetjies op Vrye Weekblad, en Theodore Rossouw se resensie van Elise Bishop se Twee lewens op LitNet.

Liewe (9.0)

Bibi Slippers Poësie 2023-09-21

"ek moes jou ontmoet om te leer wat ek is: net arms
wat wolke probeer opraap om te bottel, net armleegtes"

Liewe (8.0)

Bibi Slippers Poësie 2023-09-21

"en toe jaag ons ’n perd tot in ’n cul-de-sac
en my bloed klop what-the-fuck what-the-fuck"

Liewe (7.0)

Bibi Slippers Poësie 2023-09-21

"jy keer telkens terug, uitsluitlik daarop ingestel om brand te stig
maar selfs in vlamme kan ek my rug nie volledig op jou keer nie."

Hulp met die derde kwartaal se literêrenavorsingstaak: ’n onderhoud met Bibi Slippers

Maja Meyer, Bibi Slippers Skole 2023-09-01

Bibi Slippers is by vanjaar se Woordfees! Haar volgende digbundel verskyn in Oktober, maar hierdie onderhoud met Bibi Slippers verskyn weens die derde kwartaal se literêrenavorsingstaak. Bibi Slippers beantwoord hier vrae oor Bibi se agtergrond wat jong navorsers sal help."[W]at slegter is as om gedigte te skryf, is om te wil skryf en nie daarby uit te kom nie, omdat jy ander werk of verpligtinge het."

kykNET-Rapport-boekresensent van die jaar 2022: Commendatio's

Bibi Slippers Boeke en skrywers 2022-09-24

"In Izak de Vries se bespreking van Francois Smith se tweede roman word ’n velerlei ander skrywers en boeke betrek om leeskringe te help om hulleself ten opsigte van dié boek te oriënteer."

Om te skep: Cradock-paragrawe en lesse van lepels

Bibi Slippers Boeke en skrywers 2022-08-05

"'As jy wil skep, moet jy kyk,' sê die lepels." Bibi Slippers lewer verslag oor haar maand lange verblyf in Cradock, waar sy die eerste LitNet Tuishuise Inwoonskrywer was. Sy en haar hond Matilda het tuisgegaan in een van die Victoria Manor Hotel se bekende Tuishuise.

monoloog vir ’n hond

Bibi Slippers Poësie 2022-07-20

Lees Bibi Slippers, intreeskrywer van Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywerskap, se "monoloog vir ’n hond" in die reeks verse met "teater" as tema. Hierdie reeks word aangebied om die dramaturg Athol Fugard se 90ste verjaardag in Junie 2022 te vier.

Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywer: ’n sagte landing vir Bibi in Cradock

Bibi Slippers Boeke en skrywers 2022-07-07

Bibi Slippers, Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywer, het verlede week haar intrek op Cradock geneem, waar sy vir ’n maand lank in vrede en stilte skryf aan ’n nuwe digbundel. Sy rapporteer met foto’s en ’n video oor hoe sy en haar windhond, Matilda, op die Karoodorp verwelkom is.

Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywer: Bibi Slippers oorgehaal vir die muse van die Karoo

Bibi Slippers, Melt Myburgh Skrywersonderhoude 2022-06-23

Bibi Slippers is die intreeskrywer van Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywerskap. Vanaf 30 Junie gaan sy vir ’n maand lank as gas van LitNet en die Victoria Manor in Cradock se Tuishuise woon om ongesteurd aan haar nuwe digbundel te werk. Bibi gesels met Melt Myburgh oor dié salige vooruitsig.

Drie gedigte uit “Freud’s Field Trip” – ’n WhatsApp-verhouding in screengrabs en 10 gedigte

Bibi Slippers Poësie 2022-06-06

"’n algoritme het ons voorgestel.
ek verstaan jou as data en jy het my nommer.
in vlees sit ons vas, te veel arms en duime ons sukkel"

kykNET-Rapportpryse 2021: Boekresensent van die Jaar – commendatio’s

Bibi Slippers Boeke en skrywers 2021-09-11

Lees watter resensies vanjaar die pryse gewen het!

drie bossies sewejaartjies

Bibi Slippers Poësie 2020-11-17

LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Bibi Slippers se drieluik hier.

kykNET-Rapport-boekresensent van die jaar 2019: langer resensies

Bibi Slippers Boeke en skrywers 2019-09-14

Hier is kykNET-Rapport se boekresensent van die jaar 2019 vir langer resensies. 

kykNET-Rapport-boekresensent van die jaar 2019: niefiksie

Bibi Slippers Boeke en skrywers 2019-09-14

Hier is die wenner van die kykNET-Rapport-prys vir boekresensent van die jaar 2019 vir niefiksie.

Top