Bibi Slippers

Bibi Slippers is ’n digter en joernalis. Sy het in 2007 BA-grade in Beeldende Kuns en Tale verwerf aan die Universiteit van Pretoria, en in 2015 ’n Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkunde aan die Universiteit Stellenbosch. Sy was voorheen ’n inhoudsbestuurder by LitNet, artikelredakteur by die tydskrifte MyTyd en VISI, en werk in Johannesburg as vryskut-skrywer, -inhoudsregisseur en -aanbieder in die TV-bedryf.

Haar gedigte en stories is opgeneem in verskeie versamelbundels, onder ander Nuwe Stemme 4 en Nuwe Stories 1. Haar debuutbundel Fotostaatmasjien het in November 2016 by Tafelberg verskyn. Sy was die mede-samesteller van Nuwe Stemme 6 (2017). 

  • Foto-erkenning: Wikus du Toit

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: ’n onderhoud met Bibi Slippers oor die Easy Equities Skrywersfees

Naomi Meyer, Bibi Slippers Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-09-28

"Lees is ook net eenvoudig die lekkerste ding op aarde. Kom luister na skrywers as die lewe jou oorrompel het en jy het vergeet watter vreugde dit is om in ’n boek te ontsnap..."

Commendatio’s: Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026

Bibi Slippers Boeke en skrywers 2026-09-26

"Die resensent laat nie sy eie meningsverskille met die outeur en verskille in politieke oortuigings toe om sy agting van die werk te kleur nie."

Commendatio: Jan Rabie-Rapportprys vir debuut en tweede prosawerke 2025

Bibi Slippers, Jolyn Phillips Boeke en skrywers 2025-09-27

"Dit is ’n uitsonderlike boek: verpletterend én lieflik, vol harde werklikheid én hart."

Commendatio’s: Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2025

Bibi Slippers Boeke en skrywers 2025-09-27

Lees Bibi Slippers se commendatio’s van die 2025-boekresensiewenners.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 en die EasyEquities-skrywersfees: ’n onderhoud met Bibi Slippers

Naomi Meyer, Bibi Slippers Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-08-28

Lees wat vertel Bibi Slippers oor belangrike items, soos hierdie een, op die skrywersfees se program: "Ek dink dis belangrik om ’n oop gesprek te voer oor die finansiële lewens van skrywers, want ons kan nie bekostig dat skrywers ophou skryf omdat hulle dit nie kan bekostig om skrywers te wees nie."

Poësiewerkswinkel met Bibi Slippers by die Breytenbach Galery: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Bibi Slippers Onderhoude 2025-05-27

"Ek dink eerlikwaar ons is almal bedraad om digters te wees, dat poësie so deel van ons elkeen is soos die ritme van ons hartklop en ons asemhaling, en die neiging na taal. Poësie is ouer as geletterdheid en verskyn gewoonlik, in byna elke kultuur, voor prosa. So, menslikheid is die enigste voorvereiste vir digterskap."

25 minute met Waldimar Pelser oor ’n kwarteeu van kykNET

Bibi Slippers, Waldimar Pelser kykNET Portaal 2024-11-26

"Op 15 November 1999 was kykNET ’n blinknuwe Afrikaanse kanaal wat vir die eerste maal sy gesig op TV gewys en sy stem op TV laat hoor het. Nou, 25 jaar later, gesels Waldimar Pelser, die kanaaldirekteur van M-Net se premiumkanale (wat kykNET insluit) met Bibi Slippers oor die afgelope kwarteeu se gehaltevermaak, en wat (moontlik) in kykNET se komende kwarteeu voorlê."

Commendatio’s: kykNET-Rapportpryse vir Boekresensent van die Jaar 2024

Bibi Slippers Boeke en skrywers 2024-09-21

"Nathan Trantraal se bespreking van Vlug van ’n vreemdeling, Bester Meyer se omdigtings van Magmoed Darwiesj se gedigte in Afrikaans, is ’n lig waarby die boek gelees kan word. [...] Lindie Koorts se resensie van Onder ’n bloedrooi hemel deur Annemarié van Niekerk is kragtig, weldeurdag, diepgaande en oorspronklik."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Bibi Slippers

Naomi Meyer, Bibi Slippers Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-07-24

"Waar begin ’n mens? By Saartjie en die Woordfeesspan, wat basies vir ’n mens vrye teuels gee binne ’n baie breë raamwerk, naamlik: Ons wil vir kunstenaars ’n platform skep om hulle te kom uitleef en hulle kuns te deel, en ons wil vir feesgangers ’n lekker tyd gee." Bibi Slippers praat met Naomi Meyer oor die EasyEquities Skrywersfees by vanjaar se Toyota Stellenbosch Woordfees.

kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar 2023: Commendatio’s

Bibi Slippers Boeke en skrywers 2023-09-23

Lees Bibi Slippers se commendatio’s van vanjaar se twee wenresensies: Deborah Steinmair se resensie van Antjie Krog se Plunder en Vetplantfeetjies op Vrye Weekblad, en Theodore Rossouw se resensie van Elise Bishop se Twee lewens op LitNet.

Liewe (9.0)

Bibi Slippers Poësie 2023-09-21

"ek moes jou ontmoet om te leer wat ek is: net arms
wat wolke probeer opraap om te bottel, net armleegtes"

Liewe (8.0)

Bibi Slippers Poësie 2023-09-21

"en toe jaag ons ’n perd tot in ’n cul-de-sac
en my bloed klop what-the-fuck what-the-fuck"

Liewe (7.0)

Bibi Slippers Poësie 2023-09-21

"jy keer telkens terug, uitsluitlik daarop ingestel om brand te stig
maar selfs in vlamme kan ek my rug nie volledig op jou keer nie."

Hulp met die derde kwartaal se literêrenavorsingstaak: ’n onderhoud met Bibi Slippers

Maja Meyer, Bibi Slippers Skole 2023-09-01

Bibi Slippers is by vanjaar se Woordfees! Haar volgende digbundel verskyn in Oktober, maar hierdie onderhoud met Bibi Slippers verskyn weens die derde kwartaal se literêrenavorsingstaak. Bibi Slippers beantwoord hier vrae oor Bibi se agtergrond wat jong navorsers sal help."[W]at slegter is as om gedigte te skryf, is om te wil skryf en nie daarby uit te kom nie, omdat jy ander werk of verpligtinge het."

kykNET-Rapport-boekresensent van die jaar 2022: Commendatio's

Bibi Slippers Boeke en skrywers 2022-09-24

"In Izak de Vries se bespreking van Francois Smith se tweede roman word ’n velerlei ander skrywers en boeke betrek om leeskringe te help om hulleself ten opsigte van dié boek te oriënteer."

Top