Bibi Slippers is ’n digter en joernalis. Sy het in 2007 BA-grade in Beeldende Kuns en Tale verwerf aan die Universiteit van Pretoria, en in 2015 ’n Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkunde aan die Universiteit Stellenbosch. Sy was voorheen ’n inhoudsbestuurder by LitNet, artikelredakteur by die tydskrifte MyTyd en VISI, en werk in Johannesburg as vryskut-skrywer, -inhoudsregisseur en -aanbieder in die TV-bedryf.
Haar gedigte en stories is opgeneem in verskeie versamelbundels, onder ander Nuwe Stemme 4 en Nuwe Stories 1. Haar debuutbundel Fotostaatmasjien het in November 2016 by Tafelberg verskyn. Sy was die mede-samesteller van Nuwe Stemme 6 (2017).
- Foto-erkenning: Wikus du Toit