LitNet laat jou woorde leef by die Woordfees

  • 0

Met die vinger steeds op die plaaslike musiek- en lirieke-pols bied LitNet, ondersteun deur Sanlam, twee lekker musiekgeorïenteerde items by die gewilde US Woordfees aan. Kaartjieverkope open 22 Januarie, so maak seker dat jy nie uitmis nie!

LitNet | Sanlam Sing 'it lirieke werkswinkel

Is jy lief vir musiek? Skryf jy graag lirieke, of selfs gedigte? Kom skaaf saam met Valiant Swart en Anton Goosen aan jou liriekskryftalent by die Woordfees.
Na 'n tweede, groter en beter jaar van die Sing 'it-projek is hierdie die ideale geleentheid om jouself 'n hupstoot te gee vir die 2013 aflewering van die kompetisie!

Datum: 5 Maart, om 09:00.
Plek:    Stellenbosch Hotel
Duur:   210 minute
Prys:    R300 (Middagete ingesluit)

Stuur 2 van jou lirieke wat jy wil hê Valiant en Anton met jou moet behandel teen 27 Februarie na singit@litnet.co.za en bespreek jou plek hier by Computicket.

Van Anton tot Die Antwoord

Watter ontwikkelings het die afgelope dekades in die Suid-Afrikaanse musiek- en lirieklandskap plaasgevind? Hoe het die styl en inhoud van ons land se musiek verander van die dae van Anton Goosen tot Die Antwoord vandag? Kom luister na die insigte van Anton Goosen en Albert du Plessis, soos hulle hierdie veranderinge met Kerneels Breytenbach bespreek. Die bespreking vind by die gesellige De Vette Mossel plaas, so beproef sommer hulle lekker spyskaart (vir eie rekening) terwyl jy daar is.

Datum: 5 Maart, om 13:00.
Plek:    De Vette Mossel
Duur:   50 minute
Prys:    R30 (Middagete uitgesluit)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top