Musiek

KlankKas is jou gig-gids en musiektuiste.
KlankKas is your gig guide and music fix.

"Ek het maar ’n ding vir papier" – Lucinda Neethling gesels oor stopanimasie en haar nuwe enkelsnit

Remona Voges, Lucinda Neethling Musiek 2020-08-21

"Verkenners is almal weerloos as hulle op ’n nuwe plek beland, en so ook mense in verhoudings. Dis moeilik om iemand te leer ken en dis moeilik om iemand toe te laat om jou te leer ken. Wérklik te leer ken. Die inperking het baie mense geforseer om weer hul naastes te leer ken, en ook hulself."

Geniet die KKNK en Mothership Studios se reeks aanlyn konserte

Marli van Eeden, Hugo Theart KKNK 2020-08-20

"Vir die KKNK is dit ’n besonderse voorreg om deel te wees van ’n musiekreeks van dié gehalte en standaard. En as ek kyk na die reaksie van die mense wat reeds gekyk het, is dit ook ’n besonderse ervaring vir die gehore. Dit is wonderlik. Musiek is nodig in dié tye. En hierdie reeks bied dit op steroids!"

Wie’s jou Willem …

Louis Duvenhage Musiek 2020-08-14

"Gedurende die lockdown het die Afrikaanse country-punk band Orwellington ’n nuwe song, “Willem Willim”, opgeneem. Dit handel oor verskeie Willems wat al oor die band se pad gekom het en besin ook oor die gebruik van sosiale media."

Persvrystelling: Die Boer – by die huis: Emma van Heyn, Met slenterslag na Shanghai (20–25 Augustus 2020)

LitNet Musiek 2020-08-11

Dit is nie slegs ’n musiek-show nie, dis ’n progressiewe storievertelling wat aan jou hart sal ruk.

"Om terug te keer na die begin; om vreugde te vind" – Jan Blohm oor sy konsep-album Jenny

Remona Voges, Jan Blohm Musiek 2020-07-30

"Die naam Jenny is jeugdig en ’n uitdaging. Om terug te keer na die begin; om vreugde te vind. Soos ’n swaeltjie ná somer ’n ander somer gaan soek en baie keer op dieselfde plek opeindig. Jenny is die somer wat die swaeltjies dryf om terug te gaan huis toe."

Persverklaring: Afrikaanse folkmusikant Hanru Niemand onthul nuwe album, Opgrawings vir ’n lugkasteel

LitNet Musiek 2020-07-16

"Die album is deels retrospektief, soos ’n argeoloog wat opgrawings doen by ’n antieke stad. Die opgraafwerk is egter ook gelyk aan ’n post mortem wat wys hoe dinge skeefgeloop en die verval vastrapplek gekry het." 

Bekroonde Libertaskoor hou aanlyn vertoning ten bate van liefdadigheid

Marli van Eeden, Johan de Villiers Onderhoude 2020-07-10

Sluit aan by die bekroonde Libertaskoor op Saterdag 11 Julie om 19:00 vir ’n virtuele aanlyn vertoning, gelei deur seremoniemeester Gillian Arendse. Instrumentale begeleiding word aangebied deur Gerhard Niemand op die klavier, die Ramon Alexander Trio, en Zorada Temmingh op die orrel. Die vertoning sal tot 18 Julie beskikbaar wees om te kyk. Johan de Villiers, wat sedert die stigting van die koor in 1989 die dirigent van die koor is, vertel meer oor hul eerste aanlyn vertoning.

Musiekresensie: Rough and rowdy ways deur Bob Dylan

Johann Rossouw Musiek 2020-07-01

"Geen ander Amerikaanse kunstenaar was in daardie dekade so in voeling met die kragte van sy tyd nie ... Geen wonder dat Dylan vroeg in sy loopbaan, ondanks al sy protes, tot die teendeel geëien is as ’n profeet wat skynbaar op haas mistiese wyse, bykans soos ’n medium, die destydse tydsgees kon uitdruk."

’n Reis deur die operawêreld tydens die inperking

Koos Holtzhausen Musiek 2020-06-23

"Met die inperkingstyd het die Metropolitan sedert 16 Maart 2020 in ’n grootse gebaar van hierdie opnames op die internet beskikbaargestel. Elke dag word ’n ander opera vertoon. Die films het ook byskrifte in Engels wat dit makliker maak om die storielyn te volg."

Persvrystelling: Bekendstelling van fondsinsameling en "Reach the sky"

LitNet Musiek 2020-06-15

Veertien musikante het deelgeneem aan die opname en verfilming van die liedjie "Reach the sky". Liedjieskrywer, sangeres en eienaar van Iluminar Produksies, Luna Paige, het die lied geskryf en ander liedjieskrywers Frazer Barry, Sima Mashazi en Lumanyano "Unity" Mzi genader om die lirieke te vertaal en/of hul eie liriekbydraes in Afrikaans, Zoeloe en Xhosa te maak.

Musiekonderhoud: Jaco Fouché in gesprek met Albert Frost

Jaco Fouché, Albert Frost Musiek 2020-06-15

"Ek werk elke dag in musiek en nie altyd aan musiek nie – dit is hoe die bedryf werk."

Musiekonderhoud met Andries Bezuidenhout: “Elke Suid-Afrikaanse album behoort ’n hadeda iewers te hê”

Henry Cloete, Andries Bezuidenhout Musiek 2020-06-12

"Ek is bitter bang vir die dood, veral as die pes aan die deur kom klop soos nou. Daar’s nog te veel om te doen."

Onlangse Buckfever Underground ’n sterk uitreiking

Willem de Vries Musiek 2020-06-11

"Op Last days of beautiful kom soorte hedendaagse rotskunsdrome by, tuimelende persepsies, hoop, ideale en ’n wye blik op hier- en menswees. Die snitte sing en alles is moontlik daarop."

"Ek het uiteindelik my mojo terug" – ’n luisteronderhoud met Nina Schumann

Remona Voges, Nina Schumann Onderhoude 2020-06-11

"Met Concerts Connect voel ek vir die eerste keer in jare weer die dryfkrag en die ongelooflike energie van ’n goeie projek; iets wat ek voel ek regtig ten volle kan ondersteun." Nina Schumann gesels met Remona Voges in ’n eksklusiewe luisteronderhoud. 

Musiekonderhoud met Riaan Nieuwenhuis: “Dis glad nie ’n loopbaan soos enige ander nie”

Henry Cloete, Riaan Nieuwenhuis Musiek 2020-06-08

"Tans moet musikante ’n streaming platform deel met onder andere sogenaamde muso’s wat ook livestream om hul liedjies in te werk. Saam met katvideo’s en COVID-grappies veroorsaak dit ’n online clutter wat nadelig is vir die ouens wat al lankal aan die gang is in die musiekbedryf."

Press release: BR Concerts presents Concerts Connect

LitNet Lifestyle and entertainment 2020-06-08

Concerts Connect is proud to present the second concert in a premier series of three concerts on 14 June 2020 at 15:30. From the magnificent Casa Labia in Muizenberg, Nina Schumann will present a solo piano recital featuring an eclectic programme of works by Bach, Haydn, Debussy and Rachmaninoff.

Hoop in die donker: ’n onderhoud met André van der Merwe

Naomi Meyer, André van der Merwe Musiek 2020-05-28

"Ek glo aan die einde van hierdie tydperk sal koorsang (soos baie kunsvorme) selfs sterker as voorheen terugkeer."

Persverklaring: PJ Powers en die Tygerberg-kinderkoor: "World in Union"

LitNet Suidoosterfees 2020-05-25

Die musiekvideo, geloods in samewerking met die Suidoosterfees en die Cape Town Music Academy, bring hulde aan COVID-19- essensiële werkers en die globale spanpoging om die pandemie hok te slaan. Die video huldig ook landsburgers se pogings tot selfisolasie en die gedissiplineerde wyse waarop hulle die inperkingsreëls in dié uitdagende tyd gehoorsaam. 

Die Heuwels Fantasties oor 2021, die virus en ou versus nuwe liedjies  

Henry Cloete, Pierre Greeff, Hunter Kennedy Musiek 2020-05-25

"Ek glo nie mens kan met tegnologie die adrenalien-spike van ’n live show namaak nie. So ek glo stelselmatig sal dinge terugkeer normaal toe. Hoe lank dit gaan vat? Who knows? Soos gewoonlik sal ons aanpas."

Musiekonderhoud: Petronel Baard gesels oor haar nuwe liedjie en aanlyn konsert

Remona Voges, Petronel Baard Musiek 2020-05-22

"Aanlyn is tog ook anders. Dit is ’n bietjie meer van ’n 'lucky packet' en jy kan ander tegnieke gebruik as in die teater in jou aanbieding. Interesting times indeed!"

Top