Musiek
KlankKas is your gig guide and music fix.
Persvrystelling: Orwellington, The Buckfever Underground – poetry rock ’n roll
2020-12-03Orwellington, The Buckfever Underground – poetry rock ’n roll. Met gaskunstenaar Andries Bezuidenhout, Saterdag 5 Desember 2020, 19:00. Bôrdienghuis-teater, Wellington.
Hier en nou: ’n onderhoud met Lize Beekman
2020-12-02"Soos vir sekerlik al wat mens is, was hierdie jaar ook vir my ongewoon en ’n uitdaging. Ek het die meeste gesukkel met verlange na my geliefdes – om hulle te kan sien, my ouers ’n drukkie te kan gee en lekker kuiers rondom ’n tafel saam met vriende. Vir die res het die lewe my al die waardevolle les geleer om nie te baklei teen wat ís nie."
Persvrystelling: Deon Meyer en Coenie de Villiers se Karoo Suites by Kaapse inryteater
2020-11-27"Deon Meyer en Coenie de Villiers beywer hulle lank reeds vir die ontwikkeling van jongmense met potensiaal. Hulle eerste produksie kon – in samewerking met die Atterbury Trust – bykans ’n miljoen rand skenk aan leerders in die Karoo. Die opbrengs van hierdie kaartjieverkope sal aangewend word om die Suidoosterfees en die Jakes Gerwel Stigting se liriekskryf-mentorskapprogram uit te brei."
Persvrystelling: Warmer voor die tuimeldroër-bekendstelling by Die Boer-teaterrestaurant
2020-11-24Danie du Toit stel sy eerste digbundel Warmer voor die tuimeldroër op 6 en 7 Desember by Die Boer teater-restaurant in Durbanville bekend.
Cordis Trust se Beiteltjies word wel in 2020 toegeken
2020-11-23Fanie Marais: "Met dié toekennings wil ons skryf-, dig-, drama- en liriekekuns aanmoedig met die klem op die ontginning van nuwe geleenthede. Ons wil belangstellendes uitnooi om in te skakel op ons beeldstroom op Maandag, 30 November 2020, op Facebook en op YouTube, en om saam met ons die inspirerende werk van die ontvangers te vier."
’n Gesprek met HemelBesem oor “Witbooi”
2020-11-19"Ja, kyk, hip-hop op sigself is maar iets wat ’n baie conscious movement is," antwoord hy. "Obviously, die commercial idea is nie waarvan ek praat nie." Volgens hom het kommersiële, radiovriendelike hip-hop wel ’n plek, ofskoon dit "baie middeweg" is. "Maar daar’s ’n rede daarvoor: brugbou."
Persverklaring: Lize Beekman se nege jaar van stilte eindig hier en nou!
2020-11-18Aanhangers van gehalte- Afrikaanse musiek en liriek kan uiteindelik regstaan vir die sanger-liedjieskrywer Lize Beekman se nuutste album getiteld Hier en nou, wat in November 2020 uitgereik word.
Anton Goosen – Liedjieboer deur Hanlie Retief: ’n resensie
2020-11-17"Ek het Liedjieboer in twee sessies klaar gelees. As dit nie was vir ’n optrede wat ek tussendeur moes gaan doen nie, het ek dit in een sessie verslind."
Francois van Coke vir die Suidoosterfees-inryteater
2020-10-28"Ek is ’n fan van saamwerk; ek leer baie by die mense met wie ek collab, nie net oor musiek nie, maar ook baie oor persoonlikhede; musiek is vir my ’n spansport."
Kurt Darren verjaag COVID met ’n vuurtjie
2020-10-27"Die grendeltyd het ons nog eens laat besef hoeveel ons almal mekaar nodig het; net om te kan gesels en saamlag is deel van ons menswees. Die liedjie laat jou uitsien na die goeie tye wat voorlê."
"My nooi is in ’n nartjie": ’n onderhoud met Lara Kirsten oor die ClemenGold-projek
2020-10-22"Nadat hy my gedigte ontvang het, het hy met groot opwinding van sy idee vertel – ek moet ’n hele paar skrywers in Suid-Afrika nader om oor die nartjie te skryf."
Persverklaring: Woordpalet, ’n digbundel en musiekvertoning
2020-10-20Digkuns- en musiekliefhebbers kan op Sondag 25 Oktober om 19h00 op Cordis Trust of Petronel Baard se Facebookblaaie of op YouTube inskakel vir ’n gratis virtuele vertoning.
Nina Schumann: Om ’n lewe aan 88 klawers te wy
2020-10-07Nina Schumann het onlangs haar 50ste verjaarsdag gevier en is al sedert haar tweede lewensjaar besig om die wondere van musiek te ontdek. Dis die note, die eindelose maniere om musiek te vertolk, die strukture, geheime sinergie tussen gehoor en performer wat haar ná soveel jare steeds betower om daagliks ondersoek in te stel na wat verskuil is in die 88 klawers van die klavier. Wilken Calitz gesels met Nina.
Uitnodiging: Luna Paige sing by sjef Marilou Marais-Ferreira se huis
2020-09-30Marilou in die kombuis. Luna agter die vleuelklavier. Jy, en jou spesiale mens(e) van keuse aan tafel, langs Stellenbosch se proefplaas, op die stoep, met ’n pragtige uitsig oor die berge en die veld. Hier is nog inligting om te bespreek.
Refentse se Wandel in my woning: ’n onderhoud
2020-09-29"Ek glo nie aan doelwitte nie, want dit het beperkings. Ek glo dat jy in jouself moet belê en dinge sal gebeur."
"Liefde love uthando" vier Suid-Afrika se diversiteit in Erfenismaand
2020-09-22"Ons lewe in ’n unieke land met soveel kulture en tale. Dit sorg vir baie ryk en mooi dinge in die kunste asook net vir daaglikse interaksies met ander, maar ongelukkig is daar ook kere wat ons so geheg is aan ons eie kulture dat ons vergeet dat ons almal Suid-Afrikaners is."
Kaapse langarmmusiek
2020-09-16"Hierdie artikel handel hoofsaaklik oor die skrywer se siening en belewenis van en waardering vir die Kaapse langarmmusiekstyl."
kykNET Silwerskermfees 2020: Van Parow tot Parowfest, ’n onderhoud
2020-09-15"Nee, ek dink nie ek is cooler as ander mense nie. Ek is wel anders as ander mense. En maybe bietjie rowwer."
Press release: CPO Wind Quintet with pianist Pieter Grobler
2020-08-26Concerts Connect is proud to present the CPO Wind Quintet with pianist Pieter Grobler on 30 August 2020 from the spectacular Moondance Villa in Cape Town. The stream will start at 15:30 with an introduction to the venue, the artists and partner organisations. The concert will start at 16:00.
Christopher Torr en Laurika Rauch se “Hot gates” in Engels en Afrikaans: ’n vergelykende studie
2020-08-25"Vertel die plekname ’n storie? Indien 'Hot gates' as ’n musikale kunswerk beskou word, wat word deur die lirieke uitgebeeld? Dit gaan dus uiteindelik oor die betekenis van eiename, in hierdie geval plekname."
