Persverklaring: Luna Paige-trio op 28 Februarie by die Daisy Jones Bar

  • 0

Op Sondag 28 Februarie speel Luna Paige vir die eerste keer sedert die Toyota US Woordfees 2020 saam met ’n orkes (die Woordfees het kort voor Suid-Afrika se eerste inperking plaasgevind). Gedurende die eerste inperking het Paige ’n spesiale konsert vanaf Orgasmic Music Gallery se indrukwekkende nuwe verhoog gestroom. Sy sien uit daarna om terug te keer na die verhoog – dié keer met ’n orkes en voor ’n lewende gehoor. Musiekliefhebbers van Stellenbosch en die omliggende areas word uitgenooi om hulself te kom bederf by die Daisy Jones Bar op die Summerhill Wynplaas – skemerkelkies, iets lekkers om te eet en sielvolle songs is op die spyskaart. 

Standaardkaartjies kos R150 pp. Daar is 40 kaartjies beskikbaar.

Tien VIP-kaartjies op die balkon is beskikbaar gemaak teen R200 pp.

VIP-gaste sal ’n komplimentêre ClemenGold-gin saam met die orkes geniet en het die voordeel van ’n spesiale uitsig op die verhoog.

Alle kaartjies is beskikbaar via Quicket.

Deure open om 14:00.

Die balkon open 16:00 vir VIP-gaste (drankies saam met die orkes).

Die vertoning begin 17:00 en sal teen 19:30 op die laatste klaar wees.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top