Seminare en essays

Webseminare, essays en gesprekke oor aktuele sake.
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.

Ongelykhede in taal en onderwys – perspektiewe op moedertaalonderrig in Suid-Afrika

Theodorus du Plessis Universiteitseminaar | University Seminar 2016-02-23

"Eenvoudig gestel, ʼn gemiddelde swart student en ʼn gemiddelde Afrikanerstudent spring reeds in hulle eerste jaar aan universiteit nie gelyk weg nie. Dit illustreer my punt waarom die verwydering van Afrikaans uit die prentjie niks aan die situasie van die swart student verander nie. Hoe maak dit die vyfjaaragterstand van die swart student op?"

Die universiteitswese in Suid Afrika: 'n toekomsperspektief vir Afrikaanse instellings

Theuns Eloff Universiteitseminaar | University Seminar 2016-02-23

"Goedbedoelende lede van universiteitsbesture en -rade, asook akademici en studenteleiers, sal hulleself moet vergewis van die werklike kwessies waaroor dit gaan. Ons kan nie langer politieke en ideologiese ongeletterdheid bekostig nie."

Farid Esack se Johan Combrink-gedenklesing

Izak de Vries ATKV-Portaal 2016-02-22

"Almal praat deesdae van dekolonisering, maar wat beteken dit? Vir baie mense beteken dit klakkelose aanhang van Engels ten koste van alle ander tale. Dit is verkeerd, want daar is nie net een manier van menswees nie."

Jans Rautenbach, filmmaker, op tagtig

Anna-Marie Jansen van Vuuren Seminare en essays 2016-02-22

"Vir 30 jaar lank het daar niks gebeur nie. Vir 30 jaar het Rautenbach geleef, maar ook geslaap. En toe hy ontwaak is dit weer tyd om ’n storie te vertel."

#Feesmustfall: perspektiewe op Afrikaans as 'n taal vir universiteite

Hennie van Coller Universiteitseminaar | University Seminar 2016-02-19

"Té gou word ook vergeet dat meertaligheid oënskynlik duur is, maar dat mensepotensiaal wat deur eentaligheid verlore gaan, 'n veel groter prys impliseer."

’n Strategiese ontleding van die Suid-Afrikaanse politieke omgewing en die implikasies vir universiteite in Suid-Afrika

André Duvenhage Seminare en essays 2016-02-18

"Met Afrikaanse universiteite wat op ’n nierassige grondslag funksioneer, kan groot waarde toegevoeg word en kan dit ironies genoeg bydra tot die ANC-ideaal van ’n verenigde nierassige en nieseksistiese samelewing."

Teks en teorie: Leser se spel met teks, of teks se spel met leser?

Henning Snyman Seminare en essays 2016-02-16

"Die interpretasie van 'n literêre teks is 'n bedryf wat lesers, akademici en studente as lewensbrood ervaar. Die teorie bly nie agter nie, en menige teoretiese benadering tot 'n teks het al gekom, gegaan, en dan maar weer opgevolg deur 'n ander. Vir studente het hierdie skaakspelery een groot nadeel: hulle gaan dikwels weg van die universiteit met een benadering, maar hoor dan later dat daardie benadering nou weer verouderd is."

Die dekolonisering van kennis

Gert van der Westhuizen Universiteitseminaar | University Seminar 2016-02-10

"Dekolonisering van kennis beteken dan om die volle diversiteit van kennis in ons samelewing in die kurrikula, dit is die inhoud van onderwys soos in handboeke vervat, te weerspieël."

Liefde, seks, Vlam in die sneeu en Tristia

Izak de Vries Seminare en essays 2016-02-02

"Selfs al is jy bekend met die storie ... Vergeet dit. Jy ken nie eens ’n breukdeel van die verhaal nie."

US-konvokasie 2016: Courage, Compassion and Complexity - Reflections on the new Matieland and South Africa

Lovelyn Chidinma Nwadeyi Universiteitseminaar | University Seminar 2016-01-27

"Ladies and gentlemen, something is brewing in South Africa. I do not know the name of that something, but I know that it is irreversible and will continue to brew and boil over, whether we give it permission to do so or not."

University Seminar 2016: Achille Mbembe on the new politics of the South African student

Achille Mbembe, Hans Pienaar Opinion 2016-01-21

"The students ... It’s a generation of people who are more and more convinced that they have been sold a lie ... And they are determined to put on the table some of the questions we have put under the carpet for a long time. All those difficult issues we have not tackled enough. And that shift, that cultural shift it seems to me is much more important than anything else, and it signals a new form of politics, at least on campuses."

Waarom Afrikaans gelyke status by US verdien

Jan Heunis Seminare en essays 2016-01-20

Watter morele of juridiese regverdiging kan daarvoor bestaan om in ’n see van oorvloed Engelse universiteite Afrikaans sy gelyke status te ontneem by een van twee universiteite waar dit nog moontlik is om gelykberegtiging tussen Afrikaans en Engels in die praktyk te verwesenlik?

Kristalbalseminaar: Msholozi, Maimane, Malema of die Massas – wie gaan 2016 red?

Christo van der Rheede Seminare en essays 2016-01-20

"Terwyl die Chinese en ander lande die geleenthede in Suid-Afrika en op die Afrika-kontinent raaksien en ontsluit, kan ons nie langer onsself op grond van die beperkinge van die verlede uitsluit of uitgesluit voel nie. Ons moet ons plek in die hoofstroom begin volstaan."

Die vlugtelinge in Europa: hoop en vrees ná die Sylvester-nag in Keulen

Loammi Wolf Seminare en essays 2016-01-20

"In 2015 was die woord van die jaar in Duitsland vlugtelinge, wat kortkop gevolg is deur Je suis Charlie en Grexit."

This cannot go on

Anton Taylor Opinion 2016-01-13

"And I ask: How would you feel, today, if your dad weren’t once allowed into Claremont at night? If you knew that your family had been systematically and purposely undermined for hundreds of years?"

Omtrent taalberegtiging in hoëronderwys

Gert van der Westhuizen Seminare en essays 2015-12-23

"Daar is 'n nasionale gesprek nodig oor die noodsaak van universiteite om akademiese hooftale te bevorder."

Kanker en sosiale media

Carla van der Spuy Seminare en essays 2015-12-23

Hul lewensreis is ligter as hulle dit op Facebook deel, vertel kankerstryders, soos wat Carla van der Spuy in hierdie bydrae skryf.

O red ons liewe God van die taalklousulekomplot

Jaco Alant Seminare en essays 2015-12-15

"Kortom, mense ontwikkel hulle taal nie uit nood nie (lees: oor hulle nie Engels magtig is nie), maar omdat hulle hulself en hul kinders, hulle 'mense', om een of ander rede in hul taal wil laat geld."

Stigtingstoespraak van die Afrikaanse Alumni-vereniging: Afrikaans en universiteite

Johann Rossouw Seminare en essays 2015-12-04

"As die finansiers en opvoeders van die private Afrikaanse universiteitswese sekere uitdagings te bowe kan kom, sal Afrikaans weer kan word wat sy eens op ’n tyd was, naamlik in die woorde van wyle Jan Rabie, Suid-Afrika se grootste nierassige prestasie."

Stellenbosch: Laat daar gestém word!

Gustaf Pienaar Seminare en essays 2015-12-03

"Ek dink ons moet mekaar nie probeer bluf nie: op die lange duur gaan dit nie op Stellenbosch werk om op twéé taalstoele te probeer sit nie. Maar hoe sal ons weet watter stoel die aangewese een sal wees?"

Top