Onderhoude
Onderhoude oor aktuele kwessies
Interviews about topical issues
Interviews about topical issues
Elke kind kry 'n platform op die Kunstekaap se verhoog - Riaan Visman vertel
2012-10-10 "Daar is ongelooflik baie talent onder die skoolkinders, veral vandat Kuns en Kultuur weer deel vorm van die kurrikulum, en omdat fokusskole geïdentifiseer is." Riaan Visman is aangestel as die Kunstekaap se skole-ontwikkelingspraktisyn.Satawu expects another 20 000 strikers
2012-10-09 "We are, of course, worried about the unfortunate precedent that has been set of attempting to negotiate and win wage deals outside of centralised bargaining processes."Lafras Verwey: Deur die wêreld getreiter
2012-10-04 "Jy hóór nie net Lafras se stryd teen die 'grootkoppe' en die samelewing nie, jy sién dit. Jy erváár dit. Jy sien sy soeke na iets beter, sy pyn en lyding. Dit is wat teater vir my wonderlik maak." Carel Nel gesels oor sy hoofrol as Lafras Verwey.Alles en almal dra bagasie: Donnay Torr gesels oor die ATKV, Clover Aardklop en Afrikaans
2012-10-04 Donnay Torr is die besige bestuurder van tydskrifte en sosiale media by die ATKV en ook redakteur van Taalgenoot en Hoezit!. Sy het by die Clover Aardklopfees met Naomi Meyer gesels en deel ook ’n paar van haar feestelike foto’s.MK is ... die naam van ’n Prestige Pendoring
2012-10-04 "... dit (was) belangrik om steeds spesifiek die Afrikaanse jeug te oortuig dat MK net so cool is soos al die internasionale kanale waarmee ons kompeteer en dat Afrikaans ’n taal is waarin jy steeds kan rock." Ogilvy Johannesburg en MK gesels oor hul groot toekenning.Die plat, grys landskap wat die kuns raam: Nicola Hanekom gesels oor Aardklop
2012-09-28 "Ek dink ons is goed op pad, veral in Afrikaanse teater. My broek bewe as ek bespiegel oor wat sou gebeur sou die borge onttrek van die feeste. Maar 'as' is vir nonsens soek."Waaroor Wiskunde-onderwysers kan glimlag: Die SBA se gratis kongres
2012-09-27 Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans bied in Oktober 'n gratis Wiskundekongres in Oudtshoorn aan. Naomi Meyer het vir Marise Oberholzer, Projekbestuurder: SBA Wiskundekongres, hieroor uitgevra.kykNET wat is alles by Clover Aardklop 2012
2012-09-27 Tjiff en Tjaff kom kuier weer vanjaar in lewende lywe by al die kinders wat saam met hul ouers Aardklop toe kom. Naomi Meyer vra Nico Nel, kykNET, MK & Koowee se Waarnemende Bemarkings- & Publisiteitsbestuurder, waar kykNET nog betrokke is by vanjaar se Aardklop, sodat feesgangers hul bywoningsgeleenthede kan beplan.Mr Cat & The Jackal: 'I remember the first time people started taking off their shoes ...'
2012-09-25 "We try to keep it fresh. Not make the same video twice. We had the idea for a performance video, so building on the concept came quite naturally."Ontmoet Maria du Toit, bekroonde klarinetspeler
2012-09-19 Dis nie net die land se Olimpiese swemmers wat langasems is nie. Naomi Meyer gesels met 'n klarinetspeler wat die tegniek van "circular breathing" verfyn het en wie se klarinetspel mens se asem wegslaan.Kom les jou dors na boeke (en stil jou honger) by die ATKV se Boeke-oase
2012-09-19 "Ons is reg langs die feesterrein. Deesdae kan mens lekker koffie of lewer en netvet op die Bult koop en dan kom luister na 'n gesprek in die ATKV Boeke-oase."Dié kabouter deurstaan die toets van die tyd saam met (Human &) Rousseau
2012-09-13 In 'n wêreld waar alles anders is as dertig jaar gelede, het Storieman herleef. Naomi Meyer vra vir Leon Rousseau hoe hy weer in 2012 asem in die elf se longe geblaas het.Haar storie is elke vrou se storie - Medea
2012-09-07 Medea was 'n Griekse godin, en daar is verskillende weergawes van haar mite. Een storie is dat sy haar kinders vermoor het en gedwing is om telkens haar lewe oor en oor te beleef wanneer sy sterf. By die Clover Aardklopfees is Coba-Maryn Wilsenach dapper genoeg om die verhoog alleen aan te durf en hierdie godin te word. Naomi Meyer vra haar uit oor Medea.SA lifts moratorium on fracking
2012-09-07 "Now comes the time when people should show their strength together."Die dag toe Willemien die tekskompetisie gewen het
2012-09-06 "Drama is my eerste liefde (ek het lank, lank gelede drama geswot op Stellenbosch), en toe ek in die vroegwinter vanjaar hoor van die KKNK se teksprys, het ek gewéét hier is my kans."Die poppe dans in Wolwedans – Naomi Meyer gesels met Leon van Nierop
2012-09-05 "Ek voel Wolwedans is tuis in elke medium, want ek het dit spesifiek vir daardie mediums geskryf en die reëls vir daardie mediums probeer gehoorsaam ... Al wat Wolwedans nog moet word, is ’n musical!"LitNet Akademies: Ena Jansen in gesprek met Marisa Botha
2012-08-31 "Ek dink ons leef nou in ’n ander wêreld, waarin mense op webwerwe, blogs, Facebook en deur ander sosiale media hulle persoonlike ervarings met die publiek deel. Die outobiografiese genre het ook baie gegroei in die afgelope paar dekades."Speurders, seks en skryf – Naomi Meyer gesels met Chanette Paul
2012-08-30 "Hierdie trekvoëlpatroon het voortgeduur nadat ek uit die huis uit is, veral toe ek boonop met ’n man trou wat ook nie vir lank op een plek kon bly nie. Tussen hom en my pa het ek in stede gebly en op dorpe, in koshuise en kommunes, in woonstelle en huise en karavane, op kleinhoewes, op plase en in woonwaparke. Elke plek het sy eie gevoel en dinamika. Dis moontlik hoekom ruimte vir my so ’n belangrike element in my stories is."Karoo-ontwikkelingskonferensie: Karoo se "Arabiese Lente"?
2012-08-28 "Is hierdie die Karoo se 'Arabiese Lente'?"Lonmin-skietery: Wat is die politieke implikasies?
2012-08-21"Hierdie voorval mag vorentoe ’n waterskeidingsmoment vir beide Suid-Afrika en die ANC wees."
