Sensus 2011

  • 0

Die statistieke van die 2011 Sensus is bekend. Naomi Meyer het vir Theo du Plessis, professor in taalbestuur en direkteur van die Eenheid vir Taalbestuur aan die Universiteit van die Vrystaat, gevra wat hy van die taalstatistiek dink.

Hallo Theo, ek sien die taalstatistiek sê 13,5% van die land praat Afrikaans. Wat dink jy hiervan?

Ek dink dit wys dat Afrikaanssprekendes nog nie heeltemal deur die ANC-gedrewe angliseringsgolf oorspoel is nie, omdat ’n betekenisvolle aantal mense nog bereid is om hulle met Afrikaans te identifiseer.

Watter skuiwe het in die taalstatistiek plaasgevind?

Uiteraard het die proporsie Afrikaanssprekendes oorhoofs verminder van die vorige telling, maar die persentasie vermindering is steeds minder as wat eerder al voorspel is. Jaap Steyn het byvoorbeeld in Tuiste in eie taal in 1980 projeksies hieroor met ons gedeel wat ’n ietwat slegter scenario in die vooruitsig gestel het.

Van watter aspek van taalstatistiek behoort Suid-Afrikaners en die regering kennis te neem?

Dat die Afrikaanssprekende koopkrag bevestig is, waarmee die Afrikaanssprekende opinie drakrag kry. Dit sou dom wees om hierdie vitale gemeenskap heeltemal te vervreem. Maar die ANC (van vandag) doen toenemend minder slim dinge ...

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top