Theodorus du Plessis

Theodorus du Plessis is hoogleraar in Taalbestuur, hoof van die Departement Suid-Afrikaanse Gebaretaal en Dowestudies aan die Universiteit van die Vrystaat en oprigter en direkteur van die Eenheid vir Taalfasilitering en -bemagtiging (1992–2018). Hy is hoofredakteur van die Van Schaik Uitgewers-reeks Studies in language policy in South Africa, waarvan agt volumes reeds sedert 2000 gepubliseer is, en is mederedakteur van twee verdere boeke oor taalpolitiek, naamlik Afrikaans en taalpolitiek (1987 – saam met Hans du Plessis), Taal en stryd: Gedenkbundel 1989–1999 (1999 – saam met Alwyn van Gensen). Hy is ook hoofredakteur van die SUN Press-reeks South African language monitor / Suid-Afrikaanse taalmonitor. As mederedakteur van die joernaal Language Matters. Studies in the Languages of Africa (UNISA/Routledge) is hy verantwoordelik vir ’n jaarlikse spesiale uitgawe oor “Language politics in Africa”. Sy navorsingsfokus val op taalbeleid en taalbeplanning binne ’n meertalige konteks en op die bemagtiging van minderheidstaalgroepe.

Die verampteliking van Suid-Afrikaanse Gebaretaal – diversiteitstokenisme as taalbeplanning?

Theodorus du Plessis Seminare en essays 2024-07-26

"Wat taalverwerwingsbeplanning of taal-in-die-onderwys-beplanning betref, blyk dit dat die histories gemarginaliseerde inheemse tale (HGIT’s) slegs tot graad 3 as onderrigmedia aangewend word. In die geval van Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT) is dit onseker – volgens die onderwysdepartement was daar in 2021 slegs ses huistaal-SAGT-skole waar ons waarskynlik kan aanneem dat SAGT as voertaal gebruik is." Lees Theo du Plessis se hoofreferaat, gelewer by die SAALT-kongres 2024, Breakwater Lodge, Kaapstad, 10–12 Julie 2024.

Afrikaans kom derde: kommentaar op Suid-Afrika se jongste sensusverslag

Theodorus du Plessis Seminare en essays 2023-10-13

"Dit wil voorkom asof die beleidmakers vasgevang sit in ideologiese denke omtrent taal. ’n Mens kan daarom net hoop dat hulle hiervan bevry sal word en die gulde geleenthede sal aangryp wat hierdie jongste sensusverslag ons bied."

Wie word ore aangesit? Suid-Afrikaanse Gebaretaal die twaalfde amptelike taal

Theodorus du Plessis Seminare en essays 2023-07-19

"Die feit dat dowes hulle stryd voortgesit het om SAGT nasionaal as ampstaal erken te kry, impliseer dat al die vanaf 1996 toegekende regte en voorregte skynbaar nie gerealiseer word nie. Of verampteliking die antwoord op sodanige versuim is, bly ’n ope vraag. Horende Suid-Afrikaners het tot hiertoe nog nie veel gesien van die land se ander amptelike tale benewens Engels nie."

Language-in-education planning in the Northern Cape and Free State. An assessment of two language acquisition programmes in schools

Jani de Lange, Theodorus du Plessis Academic research 2020-07-09

"The problems encountered with suitable teaching and learning material in particular pose a major challenge that deserves urgent attention. Nevertheless, it would be ideal to set up a heritage language category in the language curriculum."

Taal-in-onderwys-beplanning in die Noord-Kaap en Vrystaat. ’n Beoordeling van twee taalverwerwingsprogramme in skole 

Jani de Lange, Theodorus du Plessis LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2020-07-09

"Een van die belangrikste uitdagings is die feit dat Nama nog nie as TAT geïnstitusionaliseer is nie en dat die implementering van die IIAL nie heeltemal vlot verloop nie. Die studie van die implementering van Sotho as TAT in Philippolis wys dit uit."

Repliek op die debat oor moedertaalonderrig binne die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel

Theodorus du Plessis Universiteitseminaar | University Seminar 2019-03-05

"Die Universiteit van KwaZulu-Natal probeer ook met Zoeloe doen wat NWU met Afrikaans en onder meer Tswana regkry. Met ʼn moedige leierskap wat oor die vermoë beskik om met populistiese aansprake oor taalregte (na links en na regs) om te kan gaan, en bereid is om kundigheid oor taalbestuur te benut, kan ons saam vorentoe beur."

In gesprek met Kwesi Prah: Om met nuwe oë na taalontwikkeling te kyk

Theodorus du Plessis Universiteitseminaar | University Seminar 2018-04-12

"Oorskouend lyk dit asof die lig uiteindelik begin opgaan by onderwysbesluitnemers oor die belang van die moedertaal by die verwerwing van akademiese geletterdheid."

Die sin van taalregtelitigasie as onderdeel van taalaktivisme

Theodorus du Plessis Universiteitseminaar | University Seminar 2018-03-07

"Maar ons het ook gesien dat vir ’n taalregte-aktivistiese beweging om suksesvol te kan wees, daar ’n behoorlike wetlike wegspringplek moet bestaan. Dit is nie vir my duidelik of ons oor ’n voldoende regsbasis beskik om taalregte op te eis wat aan openbare instellings gekoppel kan word nie."

Referaat: Die ontbeplanning van Afrikaans aan die Universiteit van die Vrystaat

Theodorus du Plessis Universiteitseminaar | University Seminar 2016-11-30

"As gevolg van Afrikaans se noue assosiasie met die parallelmediummodel het die effektiewe stigmatisering daarvan meegewerk aan die skep van ’n ongunstige denkklimaat oor die taal se voortgesette rol op kampus."

Ongelykhede in taal en onderwys – perspektiewe op moedertaalonderrig in Suid-Afrika

Theodorus du Plessis Universiteitseminaar | University Seminar 2016-02-23

"Eenvoudig gestel, ʼn gemiddelde swart student en ʼn gemiddelde Afrikanerstudent spring reeds in hulle eerste jaar aan universiteit nie gelyk weg nie. Dit illustreer my punt waarom die verwydering van Afrikaans uit die prentjie niks aan die situasie van die swart student verander nie. Hoe maak dit die vyfjaaragterstand van die swart student op?"

Sensus 2011

Theodorus du Plessis, Naomi Meyer 2012-11-06 "Ek dink dit wys dat Afrikaanssprekendes nog nie heeltemal deur die ANC-gedrewe angliseringsgolf oorspoel is nie, omdat ’n betekenisvolle aantal mense nog bereid is om hulle met Afrikaans te identifiseer." Theo du Plessis oor die taalstatistiek.

Neville Alexander (1936–2012): ons annerlike taalman

Theodorus du Plessis 2012-08-27 "Die oomblik van ontmoeting tydens ’n teepouse was kortstondig, maar byna oorweldigend. Teen daardie stadium was ek wel deeglik onder die indruk van die statuur van hierdie nuwe taalman."

’n Kritiek op ’n normatiewe vergelyking van die 2003- en 2011-weergawes van die South African Languages Bill aan die hand van sosiolinguistiese beginsels van taalwetgewing

Theodorus du Plessis 2012-05-01 Die hersiene weergawe van die South African Languages Bill wat sedert Julie 2011 in omloop is en gedurende Oktober 2011 vir openbare kommentaar in die Staatskoerant gepubliseer is, het heelwat negatiewe reaksies ontlok en kritici bevind onder meer dat dit ’n afgewaterde weergawe van sy voorganger (die 2003-weergawe) is. Maar is die 2003-weergawe werklik ’n beter wetsontwerp en sy 2011-opvolger by implikasie dan ’n slegter ontwerp?

LitNet Akademies: Vir wie is 'n taalwet belangrik? Enkele kritiese opmerkings oor die noodsaak van 'n nasionale taalwet vir die sogenaamde inheemse tale

Theodorus du Plessis 2012-02-23 Theodorus du Plessis reageer op die artikel “’n Oorweging van die sosiopolitieke kragte wat inwerk op die betekenis en toepassing van die diskresionêre taalklousule van die Suid-Afrikaanse grondwet” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Koos Malan.

’n Taalwet vir Suid-Afrika? Die rol van sosiolinguistiese beginsels by die ontleding van taalwetgewing

Theodorus du Plessis LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-05-27

"Kan ’n nasionale taalwet sukses behaal as wetlike intervensie by die implementering van ’n taalbeleid, en onder watter omstandighede word sodanige sukses behaal?"

Top