Onderhoude
Interviews about topical issues
Pniël Adam Small Fees 2019: Darryl David gesels met Naomi Meyer
2019-02-15"Die proses om die Adam Small-fees in die lewe te roep het my genees. Ek sê altyd vir mense: As jy Pniël toe gaan, voel jy die liefde. Sommige gemeenskappe is net so." Die Pniël Adam Small Fees vind vanaf 22 tot 24 Februarie plaas. Naomi Meyer het die feesorganiseerder, Darryl David, uitgevra.
US Woordfees 2019: ’n onderhoud met Saartjie Botha
2019-02-11"Jy gaan iéts misloop – dis onafwendbaar. 'FOMO' is absoluut deel van die opwinding en bekoring van ’n fees en deel van mens se skeduleringstrategie."
Vier vrae aan die skrywers van die Jakes Gerwel-stigting en NB-uitgewers se skrywermentorskapprogram
2019-02-07’n Mentorskapprogram vir opkomende skrywers van die Jakes Gerwel-stigting word vanjaar in samewerking met NB-uitgewers van stapel gestuur. Die eerste skrywers wat aan die projek sal deelneem, is Bronwyn Davis, Engela Ovies, Shana Fife en Sharon Mogoaneng. Dít is wat hierdie opkomende skrywers te sê het.
Nuwe mentorskapprogram gee vier opkomende skrywers 'n hupstoot
2019-02-07Dit is nie ’n maklike taak om ’n boek te skryf nie, wat nog van publiseer. Juis daarom stuur die Jakes Gerwel-stigting, saam met NB-Uitgewers, vanjaar ’n mentorskapprogram van stapel om opkomende skrywers met dié taak te help.
NouNet: Impact of recent Overberg wildfires on vegetation
2019-02-05Recent wildfires since the start of this year have caused havoc in the Overberg region, with many homes destroyed and damaged, and thousands of hectares of vegetation burnt. CapeNature's Executive Director for Biodiversity Support, Ernst Baard, gives some insight on the effect the wildfires have had on the vegetation of the area.
NouNet: Meer as 700 000 nuwe kiesers by OVK geregistreer
2019-02-01Meer as 81% van die nuut-geregistreerde kiesers is jonger as 30 jaar oud; 52% is vroue en 48% mans. Amanda Gouws, professor in politieke wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch, reageer.
Nie die laaste noot nie: ’n onderhoud met Johan Stemmet
2019-01-31"Ná byna 29 jaar, 43 reekse en byna 700 episodes het Johan Stemmet diep spore in Suid-Afrikaners se harte getrap. Johan, sy musiekfabriek, onderbaadjies en sêgoed het volksbesit geword. Gaan Noot vir noot dieselfde sonder hom wees?"
Suid-Afrikaanse skole: hoe kan dit beter werk?
2019-01-31"’n Honger kind kan nie leer nie; nie in Afrikaans nie en ook nie in Engels nie."
Skrywers gesels oor kykNET-reeks Dwaalster
2019-01-31"Ons hoofkarakter, Annabel Loots, vlug uit die stad omdat sy in gevaar is weens haar werk as ’n ondersoekende joernalis. Terwyl sy op Maanhaarsdrif laag lê, word haar string plofbare artikels oor skaliegasontginning en korrupsie gepubliseer, met dramatiese gevolge."
Stories teen my muur: ’n onderhoud met Matthys Strydom
2019-01-30"Ek benader nie kuns uit ’n akademiese of ekonomiese oogpunt nie. Ek luister liewer na my binnegoed en probeer ook nie definieer hoekom ek van iets hou nie."
Grondwoorde groei uit KwaZulu-Natal: ’n onderhoud oor ’n Afrikaanse gedigkompetisie
2019-01-30"Grondwoorde is 'n Afrikaanse digkompetisie vir hoërskoolleerlinge in KwaZulu-Natal. Die drie hoofdoelwitte is: (i) die bevordering van Afrikaans; (ii) om aspirantdigters te ondersteun; en (iii) om brûe tussen leerlinge van meer diverse groepe te bou."
Klankbord op die TV-spyskaart: ’n onderhoud met Ilse van der Merwe
2019-01-29"Die reeks is 'n samekoms van twee kreatiewe wêrelde: musiek ('klank') en kos ('bord')."
LitNet Akademies Weerdink: Verkiesing 2019
2019-01-25Die LitNet Akademies Weerdink-reeks skakel akademiese navorsing met die brandende kwessies van 2019. Die tweede onderhoud in hierdie reeks hou verband met die 2019-verkiesing. Menán van Heerden gesels met Chris Nelson oor die stand van ons demokrasie.
“Time” writing competition: Interview with Rethabile Sindi
2019-01-24"I take Afrikaans as home language. Being the only black student in my class I wanted to highlight what makes me stand out in a crowd."
“Tyd”-skryfkompetisie: Onderhoud met Johan Kotze
2019-01-24"Ek is baie bewus van ritme en sal soms ’n rukkie dink aan ’n goeie woord om by die ritme te pas. Ek is ook lief vir subtiele alliterasie en assonansie en baie keer gebeur dit byna outomaties."
“Tyd”-skryfkompetisie: Onderhoud met Eunice Basson
2019-01-24"My ouers het ons nooit van hierdie baba en hulle verlies vertel nie; konvensie en stilte het in daardie jare die oorhand gehad. Die feit dat my ma hierdie 'geheim' lewenslank op ’n kalender herdenk het, het my destyds eindeloos ontroer en so het hierdie gedig begin vorm aanneem."
LAPA se nuwe druknaam laat die wenkbroue lig
2019-01-23"Solank dit ’n goeie storie is. Publikasie sal steeds deur die gehalte van die manuskrip bepaal word."
Hoe besluit ’n mens wie se kultuur moet onderrig word?
2018-12-19"Die vraag oor wie se kultuur en 'watse' kultuur is nogal problematies. Ek onderrig nie net in my vreemdetaalmodule sogenaamde Afrikaanse kultuur nie. Ek sluit aspekte van die studente se kultuur in."
Om ’n brug te bou: ’n onderhoud oor Johnny Clegg se "The crossing"
2018-12-14"Die sosiale rol van kuns is ’n komplekse ding op ’n filosofiese vlak, maar in die geval van hierdie liedjie word dit dalk die beste opgesom deur te sê dat dit iets is wat mens neem na jou mees basiese, eerlikste en rouste emosionele vlak, gestroop van die vooroordele wat oor tyd in jou gemoed saampak."
Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN): ’n onderhoud met Wyno Simes
2018-12-13Wyno Simes is onlangs as die nuwe kurator van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) aangewys. Menán van Heerden het met Wyno gesels om meer oor die geskiedenis, literêre erfenis, dienste en oogmerke van NALN uit te vind.
