Onderhoude

Onderhoude oor aktuele kwessies
Interviews about topical issues

Die onbekeerde, bekeerde Koos Kombuis

Carryn-Ann Nel, Naomi Meyer 2012-11-18 Carryn-Ann Nel se artikel oor Koos Kombuis, "Die onbekeerde, bekeerde Koos" (Herfs 2012) is bekroon met ’n PICA vir Beste profielskrywer van die jaar: Kliëntetydskrifte.

I benefited from apartheid

Roger Young, Naomi Meyer 2012-11-15 "I truly just find myself quite irritated with people who say things like, "Apartheid was 20 years ago, why can’t just we get over it?" The fact is that white people in general can be very lazy about transformation, and the lazier they are, the more vocal they are on this level."

Skrywersvideo: Hennie Aucamp in gesprek met Danie Botha

Hennie Aucamp, Danie Botha 2012-11-14 Hennie Aucamp is op 20 Maart 2014 op die ouderdom van 80 jaar oorlede. Kyk na die omvattende skrywersvideo waarin Danie Botha hom uitvra oor sy loopbaan.

Toe was SêNet LitNet: Izak de Vries onthou die jaar 1999

Izak de Vries, Naomi Meyer 2012-11-13 "Etienne het met die naam SêNet vorendag gekom en die briewe is toe as SêNet op LitNet aangebied. Daardie briewe het ek geredigeer en gekodeer (met HTML-kodes), en dan het ek hulle vyfuur in die oggend gelaai, want dan was die net stil genoeg. (Dit was in die dae voor ADSL en ek het met bliep-bliep-modum gewerk.)"

SêNet as oewerbestaan: Melt Myburgh vertel van die dae toe hy webmeester was

Melt Myburgh, Naomi Meyer 2012-11-13 "SêNet was louter opwinding en ek het elke dag wat ek daarby betrokke was, geniet."

Die revolusie in die kombuis: Kinders wat kook

Martjie Malan, Naomi Meyer 2012-11-13 "Dit is so deel van ons lewe, dit is iets wat ons elke dag moet doen, kosmaak en eet. Kinders word nou net meer deel van die kombuisaktiwiteite. Ek noem dit die kosmaakrevolusie vir die gesin." Martjie Malan gesels oor 'n kookskool vir kinders en 'n kookboek vir kinders (deur 'n kind).

Mens of monster: Breakfast behind bars

Samantha Buitendach, Naomi Meyer 2012-11-13 Daar vind op Vrydag 16 November ’n unieke boekbekendstelling plaas soos wat min nog beleef het – in die Lospergevangenis in Brits.

Trein na Kalkbaai

Graham Isaacs, Naomi Meyer 2012-11-09 "Ek verlang altyd hierdie tyd van die jaar na Kaapstad." Graham Isaacs gesels oor sy kinderboek wat grootmense en kinders lus laat voel vir 'n seevakansie.

YouTube-onderhoud: Awie Greeff

2012-11-07 Awie Greeff gesels oor sy en Estelle Roodt se LitNet Akademies-artikel "Ma's se persepsies van hoe afknouery gesinne beïnvloed". Hy fokus veral op die funksionering van gesinne, die voorkoms van afknouery en die effek van boelie-gedrag op gesinne.

Hermann Giliomee en Die laaste Afrikanerleiers

Henry Cloete, Hermann Giliomee 2012-11-06 "Daar is reeds omstredenheid oor die inhoud van dié boek – vernaam oor die 'herinterpretasie' van Hendrik Verwoerd wat beklemtoon word en die gewraakte stelsel van sogenaamde Bantoe-onderwys wat hy daargestel het."

Prince Albert Leesfees

Corina van der Spoel 2012-11-06 Die Prince Albert-biblioteek vier vanjaar sy 150ste bestaansjaar met ’n opwindende Leesfees oor die naweek van 9 tot 11 November. Corina van der Spoel, aanbieder van RSG se Skrywers en boeke, is die organiseerder. Naomi Meyer het haar oor die Leesfees uitgevra.

Sensus 2011

Theodorus du Plessis, Naomi Meyer 2012-11-06 "Ek dink dit wys dat Afrikaanssprekendes nog nie heeltemal deur die ANC-gedrewe angliseringsgolf oorspoel is nie, omdat ’n betekenisvolle aantal mense nog bereid is om hulle met Afrikaans te identifiseer." Theo du Plessis oor die taalstatistiek.

In die land van Kammalielie

Anna Davel, Naomi Meyer 2012-11-06 "Ek bôgom byvoorbeeld soos ‘n histeriese apie op een van die liedjies wat gaan oor ‘n besoek aan die dieretuin. Die klankingenieur het ‘n paar keer bekommerd in my rigting gekyk terwyl ek so gebôgom het!" Anna Davel vertel van haar toonsettings van Jaco Jacobs se gedigte.

HS Durbanville se tienertoneel saam met 'n professionele produksie op die verhoog

Jan Burger, Naomi Meyer 2012-10-30 Tydens die naweek van 7 tot 9 November gebeur baanbrekerswerk by die Hoërskool Durbanville: tienertoneel en professionele teater word sáám voorgesit. Naomi Meyer het met Jan Burger, kultuurhoof by HS Durbanville, gesels oor die produksies wat die leerders opvoer. Albert Maritz het foto’s voorsien van Die Van Aardes van Grootoor, wat ná die tienertoneel te sien is.

WAT? Borg 'n woord!

Willem Botha, Naomi Meyer 2012-10-24 "Streektaalwoorde en -uitdrukkings kan gerus aan ons gestuur word. Dit is vir ons net so belangrik soos Standaardafrikaans." Willem Botha gesels woorde.

LT-Afrikaans: Kom laat ons praat!

Cecilia van der Merwe, Naomi Meyer 2012-10-23 "Siende dat LTA se visie is om Afrikaans as 'n taal te bevorder, gesels ons gewoonlik met ander Afrikaanssprekendes oor sake wat tipies van toepassing is op die Afrikaner."

Chanette Paul se Maanschijnbaai-tweeluik stof Fifty Shades uit

Naomi Meyer 2012-10-23 Chanette Paul se Maanschijnbaai-tweeluik klop Fifty shades of grey ’n week lank as topverkoper. Maar is alles maanskyn en rose? Naomi Meyer het haar gevra.

Skaduwee in die kollig: Carel van der Merwe gesels oor sy jongste roman

Naomi Bruwer, Carel van der Merwe 2012-10-18 "Met Skaduwee wou ek skryf oor die ondervinding van ’n ekspat wat na Suid-Afrika terugkeer, hoe so ’n persoon die land beleef."

Everybody loves the drawings UK illustrator Emily Gravett loves drawing

Emily Gravett, Naomi Meyer 2012-10-17 From picking strawberries and life on the road to award-winning illustrator – Emily Gravett talks to Naomi Meyer after her recent visit to South Africa.

Andries Vrey: 'Ons is baie trots op die pas afgelope fees'

Henry Cloete, Andries Vrey 2012-10-15 "Ek kan dit onomwonde stel dat daar tans geen sprake daarvan is dat die fees na Pretoria, of enige ander plek, verskuif gaan word nie."
Top