Onderhoude
Interviews about topical issues
Electrons do not read Das Kapital
2023-09-14Malegapuru Makgoba tells Freek Robinson why De Ruyter was the right person to lead Eskom, and he names the ministers who play political games with Eskom instead of supporting those who understand what needs to be done.
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: ’n onderhoud met Chantal Delsol oor die apokalips
2023-09-13"Ek glo dat jy die woke samelewing soos dit is met al sy verskriklike verdorwenhede moet liefhê, dat jy die Kerk soos dit is met haar dominerende priesters wat maak of hulle onfeilbaar is, moet liefhê. Kortom, ek glo nie in die deugde van verontwaardiging, van woede, van gewalgdheid van enige aard nie. Ek gebruik ’n goeie deel van my tyd om my naasbestaandes te probeer oortuig dat ons moet ophou om die hedendaagse wêreld te verafsku, omdat ’n mens nooit die samelewing kan verbeter as jy nie begin by om dit lief te hê nie."
Maalkolk: 'n onderhoud met Marie Lotz
2023-09-13"Ek twyfel of ek ooit misdaadfiksie as genre sal laat vaar. Die hele ondersoekproses en die raaiselagtigheid daaromheen fassineer my te veel. Tog sou ek graag êrens in die toekoms ʼn historiese roman wou skryf. Verder geniet ek ʼn goeie riller, en as dit ʼn psigologiese riller is, des te meer. Ek sal waarskynlik nog in die toekoms my hand daaraan ook waag."
Wêreldgeletterdheidsdag, 8 September 2023: ’n onderhoud met Laurette Marais
2023-09-08"Om met begrip te kan lees is die sleutel tot al die kennis- en storieskatte van die wêreld. Ons wil graag ons deel doen om dit moontlik te maak vir alle Suid-Afrikaanse kinders om daarin te kan deel. En kinders word natuurlik grootmense wat in hul eie kontekste hul waardes wil uitleef."
Korrupsie: die gat in die emmer
2023-09-07Elke keer wanneer korrupsie plaasvind, maak dit ’n gat in daardie emmer. Wie betaal vir dié verliese? Dit is ons, die belastingbetalers, se geld wat deur daardie gate verdwyn. Daarom is dit nodig om seker te maak korrupsie word op alle fronte beveg.
Brics: Wil ons regtig sulke vriende hê?
2023-08-31Ekonomies baat Suid-Afrika veel meer by verhoudinge met Japan, die Verenigde Koninkryk, Nederland en ons buurlande Mosambiek en Botswana. Wil China ons regtig help, of wil hulle beheer neem oor ons kragnetwerke? En Rusland?
Apatiese kiesers kan Suid-Afrika red, mits hulle stem
2023-08-22Freek Robinson sê kenners dink 35% van die stemme is ’n meer haalbare totaal vir hierdie groep partye. Die 51% waarop gehoop word, sou dan ’n hersenskim wees. Pieter Groenewald sê dit is hoekom die apatiese kiesers moet wakker skrik. Die ANC regeer tans met slegs 27% van die kiesers se steun, al het hulle meer as 50% van die setels in die parlement.
Taxi violence – who is to blame?
2023-08-17Santaco has now approached the court to challenge the legality of taxis being impounded, something which the mayor of Cape Town, Geordin Hill-Lewis, seems to welcome. Freek Robinson asked Hill-Lewis: Why now? And what next?
Achille Mbembe: "Om die demokrasie aan die hand van die lewende te heruitvind" (uit die Frans vertaal deur Johann Rossouw)
2023-08-16"Mense was nog altyd ’n bietjie meer as bloot mens. Dieselfde geld objekte wat nog altyd ’n bietjie meer as bloot werktuie was. Dit is wat die animistiese Afrika-denke ons van altyd af leer."
"Wees geduldig, maar wees braaf": Anton Kannemeyer se raad aan jong kunstenaars
2023-08-11"Afrikaners het van nature ’n innerlike begrip vir verset. Altans die tipe Afrikaners wat ek altyd interessant gevind het." Anton Kannemeyer gesels oor Bitterkomix 19, sy solo-uitstalling binnekort by die Toyota US Woordfees, uitdagings vir jong kunstenaars en die kuns van verset in ’n nuwe swygkultuur.
Is Vrouedag relevant?
2023-08-09Moet ons nog Vrouedag vier? Vaar Suid-Afrika goed met vroueregte sedert die totstandkoming van ons demokrasie? Het feminisme nog ’n plek in ons samelewing? Wat van die transgesprek? En die woke-beweging? Waar pas geloof in hierdie prentjie? Amanda Gouws neem Freek Robinson deur hierdie vrae, en vele meer.
LitNet se Kommadagga-slypskool in samewerking met die Jakes Gerwel Stigting en Huisgenoot: ’n onderhoud met Fourie Botha
2023-08-07"Skryf is ’n werkwoord. Wanneer ’n mens op ’n fiets klim, word jy ’n fietsryer; stap jy by ’n prokureursfirma in, is jy ’n kliënt. Meld jy by die Paulet Huis aan, kyk die mense daar vir jou soos ’n mens na ’n skrywer kyk en moet jy na jouself as ’n skrywer kyk. Jy het opgedaag om jou job te doen, en soos by enige werker is daar ’n doel voor oë."
’n Koalisiewaghond?
2023-08-03Aangesien ’n nasionale koalisieregering moontlik ná die volgende verkiesing sal moet regeer, sal Suid-Afrika moet voorbereidings tref om te verseker dat die huidige chaos nie aanhoudend herhaal sal word nie. Het ons dalk ’n Artikel-9-koalisiewaghond nodig? Indien wel, hoe sou so ’n instansie lyk? Indien nie, watter ander moontlikhede is daar?
Jean’s Hill: ’n onderhoud met Henry Cloete
2023-08-02"Die lekker ding van woordloosheid (en taalloosheid, uiteraard) is dat bykans enigiemand in die wêreld aanklank daarby kan vind (indien hulle daarvan hou … ek maak geen beloftes of aannames hieroor nie), so dit is ook ’n interessante nuwe rigting om te verken."
Die vlinder en die draak
2023-07-26Ons bied binnekort die Brics-beraad aan en Cyril Ramaphosa het die ander Afrikalande genooi om dit by te woon. Maar wat van China? Gaan ons hier in Afrika tevrede moet wees met ’n Chinese leierskapstyl van geen demokrasie nie? Moet ons bereid wees om die Chinese geldeenheid te omarm?
Grootste projek nog oor Afrikaans se variëteite
2023-07-19Waar kom Afrikaans vandaan? Wie het dit die eerste keer gepraat? Moet Kaaps gestandaardiseer word? Onderwysers wat insae het in die onderrig van Afrikaans se variëteite, neem asseblief kennis: Die navorsers wil graag van julle hoor!
Almal verloor as vragmotors brand
2023-07-12Juanita Maree, bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Vragversendingsvereniging, verduidelik aan Freek Robinson watter gevolge die sluiting van een van ons nasionale hoofweë op die hele land se ekonomie het.
Renewable energy and cleaner fossil fuels
2023-07-06Why are electric cars not the solution to South Africa’s problems right now? Is "cleaner coal" not an oxymoron? Are we doing enough to bring renewable energy into our grid? Are we going to be able to end loadshedding one day?
Freek Robinson ontvang Silwerskermfees-toekenning vir lewensbydrae as joernalis
2023-07-04"Dit was ’n adrenalien rush. Dit was ook die eerste keer dat mense wat onder apartheid uitgesluit was van die politiek, die kans gekry het om openlik en vry in die openbaar op TV oor hulle standpunte te redeneer."
Die alternatief vir die regering se grondfiasko?
2023-06-29Freek Robinson gesels met Lennox Plaatjies, die nasionale skakelbeampte vir SA PALS. Bied hierdie soort vennootskap tussen boere en die openbare sektor ’n alternatief vir die regering se grond- en nou ook waterwetgewingfiasko?
