Teater

Teater-rubrieke, -resensies en -onderhoude
Theatre columns, reviews and interviews

Kaapstad is beslis gereed om te rock! We will rock you!

Maryke Roberts Musiek 2023-05-16

"Dis ’n musiekblyspel met ’n baie interessante – en relevante – storielyn wat verweef is rondom 24 van Queen se gewildste treffers."

My fellow South Africans: ’n teaterresensie

Susan Booyens Teater 2023-05-10

"Die aand uit is strate goedkoper as ’n terapiesessie en werklik vermaaklik, en boonop ondersteun jy plaaslike kunstenaars."

Gideon Lombard, die teaterverkleurmannetjie, doen verskuiwende werk

Maryke Roberts, Gideon Lombard Teater 2023-05-10

"Ek voel bevoorreg dat ek die evolusie van die stuk kan aanskou, so ek soek altyd vir nuwe betekenisse. Ek moedig dit ook aan, om nuuskierig te bly oor waarmee ons besig is. Dit is immers ’n lewende medium."

Suidoosterfees 2023-kinderteateronderhoud: Aspoestertjie – as die skoen pas

Naomi Meyer, Siobhan Taljaard Suidoosterfees 2023-04-28

"Kinders moet leer dat die wêreld dimensies het en dat ’n feëverhaal meer as net ’n storie is."

Die fel omstrede kroon: kroon op die werk van Marthinus Basson

Marijke Coornaert Teater 2023-04-26

"Danksy Tom Lanoye en Marthinus Basson en sy span uitmuntende akteurs kan die Suid-Afrikaanse publiek nou ervaar hoe eietyds van taal ’n koningsdrama uit die 16e eeu kan klink."

Persverklaring: Kanna-nominasies vir KKNK 2023 bekend

LitNet KKNK 2023-04-24

Sewe nominasies vir Hanekom se plekspesifieke drama!

Emosionele skoppelmaai van gay-leefstyl treffend uitgebeeld

Maryke Roberts Teater 2023-04-21

"Cruise. Dink jou in: Dis die tagtigerjare; jy is jonk en gay en woon in Londen. Jy glo jy is onsterflik, verhewe bo die hartseer, dood en teleurstelling. Die lewe is vol geleenthede. Maar dan word jy en jou lewensmaat met MIV/vigs gediagnoseer."

Jakob by die Drama Factory: ’n resensie

Maryke Roberts Teater 2023-04-20

"Jakob is die hartseer storie oor ’n vreemde seuntjie wat op ’n ewe vreemde manier in sy ouers se lewe beland. Die kind is anders en daarom word hy deur die skool, ander kinders en die gemeenskap uitgeskuif en uiteindelik tuis onderrig. Die temas van liefde, lig en donker en alles wat daarin weerkaats én verhelder word, word meesterlik vertel ..."

In gesprek met Karen Meiring oor Soomloos by die Suidoosterfees

Izak de Vries, Karen Meiring Suidoosterfees 2023-04-20

"Dit was ’n spanpoging, maar ’n produksie soos Soomloos moet in styl verteenwoordigend wees van wat as 'soomloos' beskou kan word. Ons vier Gerwel se lewe en ongelooflike bydrae tot die nuwe Afrikaanse gemeenskap, maar dit is nie ’n geskiedenisles nie."

In gesprek met Veronique Jephtas oor My kroon se krank by die Suidoosterfees

Izak de Vries, Veronique Jephtas Suidoosterfees 2023-04-20

"Kô kyk, want dit gaan oor meer as net hare. Dit gaan oorie oorbegin, die eerlik praat, die awkward phases vannie lewe. Dit gaan oor opstaan en oppie ou einde vannie dag drie vroue wat net gehoor wil wôd, soe kô luister, toe?"

Persverklaring: Hoerkind deur Herman Lategan nou verhoogstuk

LitNet Suidoosterfees 2023-04-18

Die skywerjoernalis Herman Lategan se blitsverkoper, Hoerkind: Die memoires van ’n randeier, is deur die bekroonde akteur en teaterskepper Margit Meyer-Rödenbeck in ’n toneelstuk verwerk. Die première is by die Suidoosterfees, maar dit reis ook na ander venues (inligting in die artikel).

Mirakel deur Reza de Wet weer opgevoer, ’n resensie

Izak de Vries Teater 2023-04-17

"Ons ekonomie is tans moertoe, maar as jy ’n paar rand kan afknyp, sou ek hierdie stuk vir teaterliefhebbers aanbeveel. Júis ómdat."

Buddy Holly: Dié vertoning laat jou uitasem – van rock ’n roll én hartseer

Maryke Roberts Teater 2023-04-11

"Buddy Holly het in sewe kort jare amper meer vermag as die meeste ander kunstenaars in ’n leeftyd, en in ’n tyd toe rock ’n roll as 'boosaardig en volksvreemd' beskou is, gewys dat daar baie meer in die lirieke steek as wat mense verwag."

Persverklaring: Hoog aangeskrewe Die moeder kom Baxter toe

LitNet Teater 2023-04-05

Die moeder (oorspronklik The Mother) is ’n boeiende portret van leënessindroom deur die bekroonde dramaturg Florian Zeller, wat ook The Father geskryf het. Die rolprentweergawe van The Father het Oscars vir beste akteur (Anthony Hopkins) en beste draaiboekverwerking gewen.

Persverklaring: NATi Jong Sterre-program vir opkomende toneelskrywers

LitNet Suidoosterfees 2023-04-03

Die Jakes Gerwel Stigting, in medewerking met NATi en Kunstekaap, nooi toneelskrywers uit om aansoek te doen vir die vyfde jaarlikse Jong Sterre-program. Hierdie unieke geleentheid vir toneelskrywers skop af met drie weke se mentorskap in toneelskryf, gevolg deur produksie-ontwikkeling en uitvoering tydens die Suidoosterfees van 2024.

Devil song: Ware teatertuiskoms by ou teatersentrum in Distrik Ses

Maryke Roberts Teater 2023-03-30

"Die kabaret is geïnspireer deur die Tony-bekroonde Audra McDonald se liedjiesiklusse The seven deadly sins en bevat kort beskrywings, liedjies en voordragte oor die sewe doodsondes: hoogmoed, gierigheid, gramskap, afguns, wellus, gulsigheid en luiheid."

Fleur du Cap-teatertoekennings 2023: Room van teaterwêreld vereer

Maryke Roberts Teater 2023-03-29

"Africa Melane se afsluitingswoorde namens die beoordelaars het die teaterbedryf en hul invloed op die samelewing baie raak opgesom: 'Geen stad soos groot soos Kaapstad kan sonder kunstenaars oorleef nie.'"

Desiré Gardner is Magda Louw by die Suidoosterfees. Ons gesels met haar.

Izak de Vries, Desiré Manthey Gardner Teater 2023-03-28

"Hannes se kennis is soos die weduwee se kruik. Dit hou nooit op nie en dit raak nooit afgewater nie, so ek drink alles op soos ’n spons. Ek hou van sy eerlikheid en opregte leiding met my spel en ook my tekste."

Press release: Winners of 2023 Fleur du Cap Awards announced

LitNet Lifestyle and entertainment 2023-03-27

It was a glittering affair at the Oude Libertas Amphitheatre in Stellenbosch on Sunday 26 March when the winners of the 58th Fleur du Cap Theatre Awards were announced.

Key change-teaterresensie: Roxmouth is ’n meestervermaker

Maryke Roberts Teater 2023-03-20

"Jy kan nie uit daardie teater stap ná Key change en kwaad of angstig of terneergedruk voel nie. Jonathan Roxmouth is ’n meestervermaker en dan is hy boonop ’n uitstekende sanger en pianis."

Top