Musiek
KlankKas is your gig guide and music fix.
Persverklaring: Jannie du Toit – kunstefees in die kleine
2021-08-25Jannie du Toit vier vyftig jaar in die bedryf. Hier is inligting oor sy loopbaan van vyftig jaar en ook oor hoe hy beplan om dit te vier.
More about opera deur Hans van Heerden: ’n lesersindruk
2021-07-21"Die publikasie van die boek is tydig en noodsaaklik vir elkeen wat van tyd tot tyd operas bywoon of aanlyn kyk. Die boek is aantreklik versorg en sal ook aanklank vind by mense wat nie normaalweg operas bywoon nie."
Die ou met die lang hoed: ’n Jonglesersindruk rondom Jack Parow
2021-07-07"Afrikaans is nie dood nie. Nie solank as wat Jack Parow rap nie."
Andries Bezuidenhout gesels oor sy nuwe album Spoorlangs
2021-07-06"Ek werk twee skofte elke dag. In die dag werk ek aan my akademiese werk. Na aandete gaan ek studio toe en werk aan musiek of skilderye. Ek werk die meeste naweke ook. Ek noem dit nou 'werk', maar musiek en skilder voel vir my soos speel. In die aand, as ander mense TV kyk, speel ek."
Persverklaring: Spoorlangs is Andries Bezuidenhout se vierde solo-album
2021-06-10"Grasdakke is wonderlik vir akoestiek en rondawels het nie hoeke waar weerbarstige basfrekwensies kan gaan sit en saamsweer nie."
Select Musiek se moedersdagvideo’s
2021-05-07"Mag elke vrou ekstra liefde en bederf ervaar op ’n baie spesiale dag. Elkeen word so baie waardeer."
Select se nuwe seleksie!
2021-04-16Select Musiek het pas ’n aantal splinternuwe snitte bekendgestel. Gryp die oorfone, gooi ’n lange en klik hier!
US-taaldebat 2021: US-koor sing nog in Afrikaans
2021-04-07"Die kwessie van sang en taal is egter veel groter as die vraag of ’n koor in Afrikaans mag sing al dan nie. Dit gaan eerder daaroor dat die koor (en selfs sêrgroepe) soveel beter daaraan toe is as hulle in soveel moontlik tale sing."
Persverklaring oor Kruis van liefde: ’n uitsending van die Paasoratorium
2021-04-01Hier is inligting oor ’n uitsending van die Paasoratorium op RSG op 2 April om 14:04. Verse uit die pen van die digters Hans du Plessis en Bernard Odendaal sal ook gehoor word.
Persverklaring: Luna Paige-trio op 28 Februarie by die Daisy Jones Bar
2021-02-24Musiekliefhebbers van Stellenbosch en die omliggende areas word uitgenooi om hulself te kom bederf by die Daisy Jones Bar op die Summerhill Wynplaas – skemerkelkies, iets lekkers om te eet en sielvolle songs is op die spyskaart.
Mediaverklaring: ’n “Venster” op vreemde tye
2020-12-23In hierdie tyd van begrensing en inperking deel Willemien haar musiekvideo “Venster” met LitNet se lesers.
Toast rig ’n gemaskerde satelliet op Roof en (Or)Wellington
2020-12-21"Toe Bob Dylan die Nobelprys vir Letterkunde gewen het, is daar op verskillende forums gesels oor die musiekteks as letterkundige instrument, maar doen ons werklik genoeg om ons liedjieskrywers se bydrae tot ons letterkunde te verreken?"
Mediavrystelling: Kurt Darren en vriende vier die goeie ou dae met ’n braai
2020-12-21Kurt het sy goeie vriende genooi vir ’n lekker saamkuierbraai om “Die goeie ou dae” te vier. Vriende soos Juanita du Plessis, Ricus Nel, Die Campbells, Jo Black, Martin Bester en nog meer verskyn in dié nuwe musiekvideo.
Mediaverklaring: Klein Karoo Klassique span saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Jeugorkes vir ’n eksklusiewe aanlyn Adventskonsert
2020-12-15Die Suid-Afrikaanse Nasionale Jeugorkes (SANJO) se jaarlikse Adventskonsert word vanjaar aanlyn gehou – en vir die eerste keer aangebied in vennootskap met Klein Karoo Klassique en die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK).
Ché sing en dans harte warm
2020-12-15"Ek kan definitief nie vergeet van die amazing span wat gehelp het om die video ’n sukses te maak nie: Ek en oom Ernst Kleinhans van Select het saam gewerk aan die skrywe van die liedjie. Die videowerk en die redigering was gedoen deur Christiaan Wolf en sy ongelooflike span. Die choreografie was gedoen deur ’n unbelievable danser, Ashley de Moore."
Deon Meiring eet ’n Bennie Griesel – en gesels musiek
2020-12-09"Daardie kinderlike verwondering is byvoorbeeld iets wat vir my belangrik is. Dit help my om meer verbeeldingryk te wees. Dis juis iets wat nodig is om sin te maak uit grense. Die verbeelding om te kan kyk na dit wat moontlik is, al is dit nog nie die noodwendige werklikheid nie."
Uitnodiging: Klinkklaar – virtuele huiskonsert
2020-12-03Jy word uitgenooi na ’n virtuele huiskonsert waartydens 21 toonsettings van gedigte oor afsondering uitgevoer sal word. Die konserte word gratis op 4 en 11 Desember om 18:00 op die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Facebook-blad uitgesaai.
Persvrystelling: Orwellington, The Buckfever Underground – poetry rock ’n roll
2020-12-03Orwellington, The Buckfever Underground – poetry rock ’n roll. Met gaskunstenaar Andries Bezuidenhout, Saterdag 5 Desember 2020, 19:00. Bôrdienghuis-teater, Wellington.
Hier en nou: ’n onderhoud met Lize Beekman
2020-12-02"Soos vir sekerlik al wat mens is, was hierdie jaar ook vir my ongewoon en ’n uitdaging. Ek het die meeste gesukkel met verlange na my geliefdes – om hulle te kan sien, my ouers ’n drukkie te kan gee en lekker kuiers rondom ’n tafel saam met vriende. Vir die res het die lewe my al die waardevolle les geleer om nie te baklei teen wat ís nie."
Persvrystelling: Deon Meyer en Coenie de Villiers se Karoo Suites by Kaapse inryteater
2020-11-27"Deon Meyer en Coenie de Villiers beywer hulle lank reeds vir die ontwikkeling van jongmense met potensiaal. Hulle eerste produksie kon – in samewerking met die Atterbury Trust – bykans ’n miljoen rand skenk aan leerders in die Karoo. Die opbrengs van hierdie kaartjieverkope sal aangewend word om die Suidoosterfees en die Jakes Gerwel Stigting se liriekskryf-mentorskapprogram uit te brei."
