Select se nuwe seleksie!

  • 0

Select Musiek het pas ’n aantal splinternuwe snitte bekendgestel. Gryp die oorfone, gooi ’n lange en klik hier!

Boer soek ’n vrou, maar kry soveel meer op die Vrystaat se vlaktes

Die immergewilde Kyk-NET realiteit-program, Boer soek ’n vrou het hierdie jaar ietsie bietjie meer spesiaal gebied as net ’n boer wat daardie iemand vind om die pad mee saam te stap.

Boer Richann het dalk ’n metgesel gesoek, maar is aan die anderkant uit met soveel meer. Haar naam is René en saam het hulle iets in gemeen wat SA nog vir lank aan die gons sal hou. Musiek! Wie sou kon raai dat twee mense so gelukkig kan wees om nie net liefde te vind op ’n TV-program nie, maar ’n medetalent om saam mee musiek te maak?

Dis reg! Richann en René, nou bekend as Reën, stel op Vrydag, 16 April 2021 hulle eerste enkelsnit bekend: “Vrystaat vlaktes”. En hoe gepas is dit nie dat hulle hulde bring aan hierdie pragtige Suid-Afrikaanse landskap wat hulle twee onwetend bymekaar uitgebring het nie? Albei maak al vir ’n geruime tyd musiek, maar het duidelik net gewag vir daardie een spesiale persoon om dit tot die volgende vlak te neem!

Met hulle goedvoelklank en passie, wat deurskyn in hulle eerste enkelsnit, is dit duidelik dat hulle saam nog baie harte gaan steel as duet. Wie weet wat vir hulle toekoms saam nog voorlê? Ons sal hulle maar net fyn moet dophou, want die einde van hierdie reeks se seisoen is maar net die begin van ’n baie opwindende reis vanuit die Vrystaatse vlaktes.

Kliek hier om na die lied te luister.

Brendan terug met nuwe enkelsnit

 

Die afgelope jaar was een vir die boeke en het weer nuwe betekenis gegee aan die gesegde “Deur dik en dun”. Ten spyte van alles het Brendan sterk gestaan en steeds ’n suksesvolle album vrygestel.

Dit is ook in hierdie tyd waar hy net weer besef het hoe ware vriendskap jou kan oplig in moeilike tye en dit is dan ook die inspirasie agter sy nuutste enkelsnit, “Dik en dun”.

“Deur yster en plaat, deur die goed en die kwaad tot die einde!” – sterk, betekenisvolle lirieke is hoe Brendan sy ware pelle aanspreek wat weet wat dit is om mekaar by te staan deur lag en leed. Almal kan saamstem dat jou ware vriende nie net daar is met die goeie tye nie, maar ook wanneer dinge moeilik gaan – dit is wanneer ’n vriend familie word, soos ’n broer (of ’n suster).

Dit is ook jou ware vriende met wie jy die goeie tye soveel meer waardeer as jy saam deur die swaar tye kon skuur. So hierdie song is vir jou, die ware vriend, wat jou medemens bystaan deur dik en dun.

Kliek hier om na die lied te luister.

Ek het geskuil, myself uitgehuil

“Dis ’n woordspeling op die feit dat ek in Port Elizabeth (The Windy City) is. Die wind waai hier, aldag, heeldag. Dit gaan ook oor om te laat gaan van sekere goed. Ek is nie 100% seker wat gaan gebeur nie, maar ek is hier vir die ride. Ek gaan nou waar die wind my waai. I'll take it as it comes ...with confidence.

“Dis ’n baie kind-off New Wave klank wat ons voor gegaan het. Ons het nogal bold gegaan met hom ...die klank van die wind, ons wou dit simulate.” - Elandré

Jacques is terug met ’n nuwe een

Jacques du Plessis het homself gevestig as sanger en liedjieskrywer met sy debuutenkelsnit “My Fok” waarmee hy vir sy gehoor die regte medisyne gegee het vir ’n breakup.

“My Fok” is goed ontvang deur sy aanhangers by optredes, op sosiale media en op alle digitale platforms wat die enkelsnit ’n groot treffer gemaak het in 2020.

Jacques het vanaf 2005 al die verhoog gedeel met groot name in die bedryf, soos Elizma Theron, Bobby van Jaarsveld, Theuns Jordaan, Karlien van Jaarsveld en Christia Visser. Hy was ook deel van die groep “Die Grafsteensangers”.

Nou is Jacques terug met ’n nuwe treffer-enkelsnit “Dit is mal”.

Weereens het hy ’n diep, eerlike liedjie met sterk lirieke en ’n trefkragmelodie geskryf wat sy aanhangers sal laat regop sit.

Met sy unieke stem sal hierdie treffer vassit in jou kop.

“Beweeg aan!” sê Ché

“Vergeet nou van hom!” Dit is wat Ché in haar nuutste sê. Die lekker tonguitsteeksnit se naam is “Vergeet!”

Seisoene sonder jou...

Devan Venter en Stephan van Huyssteen het saamgespan om hierdie atmosferiese enkelsnit te skep.

Die naam van die snit is baie gepas “Seisoene”.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top