Musiek

KlankKas is jou gig-gids en musiektuiste.
KlankKas is your gig guide and music fix.

Musiekindaba: ’n fees vir musiekliefhebbers, ’n móét vir rolspelers in die bedryf

Melt Myburgh Musiek 2022-11-22

"Of jy ’n amateurkunstenaar is wat met ’n blikkitaar jou voete probeer vind, en of jy tuis is op die troon van sukses, Musiekindaba is ’n noodsaaklike geleentheid vir mense in die Afrikaanse musiekwêreld om hul vaardighede en loopbane op te skerp en om te netwerk." – Melt Myburgh bekyk die eerste Musiekindaba-program, van 30 November tot 3 Desember 2022 op Stellenbosch.

Persverklaring: Spesiale afslag vir konsertkaartjies by die Musiekindaba

LitNet Musiek 2022-11-21

Swart Vrydag maak ’n draai by die Musiekindaba wanneer daar van 23 tot 28 November ’n spesiale afslag van 50% op kaartjies vir Musiekspyskaart-konserte is.

Kompetisie: Jy kan kaartjies wen na Musiekspyskaart vir Musiekindaba 2022

LitNet Musiek 2022-11-09

LitNet, in samewerking met Musiekindaba 2022, gee kaartjies weg na ’n vertoning op die Musiekspyskaart. Die beste van als is, jy kan kies watter vertoning jy wil bywoon saam met iemand spesiaal.

Kompetisie: Wen kaartjies na die TopWineRoots Laailou-Musiekfees

LitNet Musiek 2022-11-07

Die TopWineRoots Laailou-Musiekfees bied ’n opwindende nuwe musiekervaring by die Bergrivieroord in die Paarl op Saterdag 19 November aan. Jy kan dalk twee kaartjies wen.

Toyota US Woordfees: Al om Antjie

Izak de Vries Toyota Stellenbosch Woordfees 2022-11-02

"Schalk Joubert, die man wat ook met ’n baskitaar kan toor, was die musiekregisseur; die hooffeesindoena, Saartjie Botha, het self die regie waargeneem."

Persverklaring: ATKV-Crescendo soek onontdekte musikale talent

LitNet Musiek 2022-10-28

Een van Suid-Afrika se oudste en bekendste musiekontwikkelingsprogramme, ATKV-Crescendo, gaan saam met Expressions Session werk om ons land se onontdekte musikale talent te ontgin en te ontwikkel.

Persverklaring: Karoo suite 2: Karoonagte

LitNet Musiek 2022-10-28

Kom beleef die Karoo deur die verhale en musiek van hierdie legendes. | Internationally-renowned author, Deon Meyer, and music legend Coenie de Villiers return to the stage after nearly three years with their homage to the Karoo.

Persverklaring: Grootse gospelkonsert | Press release: Majestic gospel concert

LitNet Musiek 2022-10-27

Minstens 22 sangers en groepe gaan vanaf 14:00 tot 20:00 besoekers met musiek en lirieke uit die boonste rakke bekoor. | At least 22 singers and groups will charm visitors with top-class music and lyrics from 14:00 to 20:00.

Jy kan 2 kaartjies wen na Liefde by die dam!

LitNet Leefstyl 2022-10-27

LitNet, in samewerking met LK Mediabook en Liefde by die dam, gee 5 x 2 kaartjies weg na Liefde by die dam op 12 November 2022 by Meerendal in Durbanville.

Persverklaring: Klassieke melodieë vier Blaauwklippen se 340 jaar

LitNet Musiek 2022-10-27

Die oudste wynplaas in Stellenbosch gaan op 9 November hulle 340ste bestaansjaar met ’n spesiale konsert in die Blaauwklippen Katedraal vier. Blou is die tema van die klassieke melodieë en immergroen liedere wat vir hierdie landgoed met ’n ryk geskiedenis en wynmaaktradisie se verjaardagkonsert gekies is.

Toyota US Woordfees: Wilken Calitz oor sy verwerking van Prente by ’n uitstalling

Izak de Vries, Wilken Calitz Toyota Stellenbosch Woordfees 2022-10-06

Wilken Calitz vertel vir Izak de Vries hoe hy hierdie projek aangepak het.

Persverklaring: Top internasionale jazzensemble vanaf Munich in Suid-Afrika, ook by Toyota US Woordfees

LitNet Musiek 2022-10-05

Ter ere van die legendariese Charles Mingus se 100ste verjaarsdag, sal plaaslike aanhangers bevoorreg wees om te kan luister na die uitvoering van sy suite "The Black Saint and the Sinner Lady" en ander komposisies deur ’n groep internasionale jazzmusikante vanaf Duitsland, Mongolië, Oostenryk en die VSA.

Musiekvideo: Van Der Aven reik 6-snit ep uit

LitNet Musiek 2022-10-05

Van Der Aven stel op Vrydag 7 Oktober hul EP by The Daisy Jones Bar net buite Stellenbosch bekend.

Toyota US Woordfees 2022: ’n onderhoud met Johan de Villiers van die Libertaskoor

Naomi Meyer, Johan de Villiers Toyota Stellenbosch Woordfees 2022-10-03

"Deur instudering van ’n koorstuk word die sanger se DNS ... ten diepste binnegedring deur die ritmes en melodieë van die musiek, tesame met die meegaande tekste. Om dit uiteindelik voor ’n gehoor te sing is onvergelykbaar bevredigend, deels ook vanweë die dikwels oorrompelende wisselwerking tussen die koor en hulle luisteraars."

Persverklaring: Musiekindaba, ’n eerste vir Afrikaanse musiek

LitNet Musiek 2022-09-27

Hoe kan ons saamwerk vir ’n beter musikale toekoms? Dis tyd om te praat. Musiekindaba bring kunstenaars, die ganse musiekbedryf en musiekliefhebbers byeen om koppe bymekaar te sit, verhoudinge te bou, loopbane te bou, te leer, inligting te deel en die wonderwêreld van musiek te vier.

Jong musici bekoor in die Baai

Izak de Vries Musiek 2022-09-20

"Katleho Mothae, Tiaan Uys en Matthew Perry het onlangs hulle eksamens afgelê en het met lof geslaag. [Bridget] Harrison het toe self ’n plan gemaak om haar studente blootstelling te gee. Sy het ’n minitoer vir hulle gereël met twee optredes in Knysna, een in Gqeberha en een in Makhanda."

Toyota US Woordfees 2022: ’n onderhoud oor onder woorde

Naomi Meyer, Willem de Swyger Toyota Stellenbosch Woordfees 2022-09-20

"Ek dink mense kan verwag om amper as ’t ware in ons voorhuis ingenooi te word. Die vertoning sal ’n kombinasie wees van gedigte en musiek."

Onderhoud: Kirky van Kirkwood sing dat ’n mens moet spring

Izak de Vries, Kirky van Kirkwood Musiek 2022-09-16

Kirky van Kirkwood se tweede enkelsnit, "Spring", is  pas uitgereik. Die lied handel oor iemand wat ’n loopbaankeuse moet maak. Izak de Vries het by Kirky gaan kuier enkele dae voordat sy haar bakkie gepak het om self ’n enorme loopbaanskuif te maak. Gaan jy spring, of spyt wees?

Persverklaring: Suid-Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer Jodi Jantjies palm ’n Aitsa-nominasie in

LitNet Musiek 2022-09-13

Jantjies het die eerste keer aandag getrek toe sy as skaam tiener ’n oudisie by die Cedar Secondary School in Mitchells Plain voor die ATKV-Crescendo-paneel gehad het. Dit was ’n liedjie wat sy self geskryf het. Die res is as ’t ware geskiedenis.

Musiekvideo: Corné Pretorius sing "Ek Wil Glo"

LitNet Musiek 2022-09-07

Jan Bloukaas het aanvanklik die musiek vir "Ek wil glo" geskryf en dit is later verder verwerk deur Johnny de Ridder. Hunter Kennedy het ook saam aan die lirieke geskryf.

Top