Persverklaring: Spesiale afslag vir konsertkaartjies by die Musiekindaba

  • 0

Swart Vrydag maak ’n draai by die Musiekindaba wanneer daar van 23 tot 28 November ’n spesiale afslag van 50% op kaartjies vir Musiekspyskaart-konserte is.

Groot name soos Coenie de Villiers, Anton Goosen, Arno Carstens, Andriëtte Norman, Neil Sandilands, Jack Parow, Early B, Rocco de Villiers en Tarryn Lamb is van die kunstenaars wat op verhoë in en om Stellenbosch sal optree.

Die Musiekindaba, wat van 30 November tot 3 Desember gehou word, beloof dus nie net om rolspelers, kunstenaars en aanhangers in die musiekbedryf bymekaar te bring nie, maar gaan ook vir vermaak uit die boonste rakke sorg.

“Die fokus van die Musiekspyskaart is juis om te wys hoe verskillende genres suksesvol gekombineer kan word,” sê Karen Meiring, direkteur van Musiekindaba. “Ons lewe in ’n geweldige kreatiewe land en musiek het met tyd gewys dat dit grense kan oorsteek, sinergie kan bring en kunstenaars van uiteenlopende genres in staat stel om ’n unieke Suid-Afrikaanse klank te skep.”

Sy verduidelik dat die dagprogram, wat werkswinkels, meesterklasse en praatjies insluit, asook die Musiekspyskaart, só saamgestel is dat dit die verskeidenheid van talent in Suid-Afrika ten toon stel. “Die konserte op die Musiekspyskaart is uniek en van die produksies gaan nie sommer gou weer op verhoë te sien wees nie,” sê sy.

Kaartjies vir konserte op die Musiekspyskaart is beskikbaar by www.quicket.co.za.

Produksies waarvoor kaartjies teen 50%-afslag beskikbaar is, is:

OUDE LIBERTAS AMFITEATER

Rock & rumba
Arno Carstens, Hassan’adas en Sima Mashazi
30 November om 20:00. 100 kaartjies teen afslag beskikbaar.

Hip-hop, bop & pop
Jack Parow, Early B, Loki Rothman en die Blake Hellaby-kwintet
1 Desember om 20:00. 200 kaartjies teen afslag beskikbaar.

Altyd immer
Tarryn Lamb, Coenie de Villiers, Anton Goosen, Gian Groen, Robert Bolton
3 Desember om 20:00. 100 kaartjies teen afslag beskikbaar.

Kaapse jol
Emo Adams
3 Desember om 15:30. 150 kaartjies teen afslag beskikbaar.

Waar die hart is
Neil Sandilands, Andriëtte Norman, Louis Mhlanga, Sima Mashazi, Albert Frost, Nick Turner en Schalk Joubert.
2 Desember om 20:00. 100 kaartjies teen afslag beskikbaar.

ENDLER

Boeremusiek en mirrorballs
Rocco de Villiers
30 November om 20:00. 150 kaartjies teen afslag beskikbaar.

FISMER
Dean Balie: Toonsettings van die digters
30 November om 19:00. 100 kaartjies teen afslag beskikbaar.

The Notes of the Ancestral Spirits
Dizu Plaatjies en Ibuyambo
1 Desember om 13:00. 100 kaartjies teen afslag beskikbaar.

Ramon Alexander: Ode aan Goema
Ramon Alexander-sekstet met Nicolas Miso
1 en 2 Desember om 19:00. 100 kaartjies vir elk van die vertonings teen afslag beskikbaar.

ADAM SMALL TEATER

Hoe ons voel
Amanda Strydom, Coenraad Rall, Frank Freeman
1 en 2 Desember. 20:00 . 100 kaartjies vir elk van die vertonings teen afslag beskikbaar.

Die Musiekindaba, in samewerking met kykNET, Netwerk24, Huisgenoot, Die Burger, Beeld, Volksblad, Kuier, Toyota, EasyEquities, Distell, Toyota US Woordfees, Suidoosterfees, Multi-media, Ontbytsake en Lift word van 30 November tot 3 Desember 2022 in Stellenbosch aangebied.

Gaan na www.musiekindaba.co.za vir die volledige program.

Sosiale media:

Instagram @musiek_indaba

https://www.instagram.com/musiek_indaba/

https://www.facebook.com/MusiekIndaba

TikTok @MusiekIndaba

https://www.tiktok.com/@musiekindaba

Samewerking en evolusie: www.musiekindaba.co.za

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top