Kos en wyn

Resensies, artikels en kos-rubrieke vir fynproewers
Reviews, articles and food columns for foodies

Uitsonderlike viering van wynplaas, luiperdtrust en outeur

Maryke Roberts Boeke en skrywers 2025-09-19

"Vir 21 jaar is die CLT aan die voorpunt van luiperdbewaring in die Kaap. Die organisasie, wat in 2004 gestig is, fokus op die bewaring van luiperdbevolkings deur ’n kombinasie van wetenskaplike navorsing, omgewingsopvoeding en habitatbewaring."

Toorkombuis: My kosbare erfenis – basaarkerrie

Karen Hart Kos en wyn 2025-09-17

"In hierdie Erfenismaand het my onthou ’n ander kospad geloop, ver terug oor die Karookoppies na die kerksaaltjie op die bult. Dit was een van die grootste gebeurtenisse in die kalenderjaar – die kerkbasaar."

Herinneringe aan Jan Boland Coetzee

Emile Joubert In memoriam 2025-09-14

"Terwyl die nasie se aandag destyds gevestig was op Jan Boland die rugbytitaan, was hy besig om geskiedenis te help maak. Wyngeskiedenis."

Toorkombuis: Augustus vra vir sieletroos – my balsemiekhoenderpotjie

Karen Hart Kos en wyn 2025-08-13

"Balsem vir die siel ... soos hierdie trooskos om die res van hierdie lang, uitmergelende maand te oorleef."

Toorkombuis: ’n Kerrie-warm tuiskoms

Karen Hart Kos en wyn 2025-07-21

"Wanneer my klante smiddae vyfuur hul kosbestellings kom afhaal, raak ek skaam vir die chaos in my klein kombuisie na die dag se kokery. Maar al waaroor hulle kan praat, is die wonderlike geure wat in my huisie hang. En op dié Sondagaand is dit, saam met die kerrie, die onthou wat warm om my hart kom lê."

Toorkombuis: ’n onderhoud met Karen Hart

Naomi Meyer, Karen Hart Kos en wyn 2025-06-23

"Maar wanneer ek nou terugdink, het kook en bak my baie vroeg al gefassineer. Ek kan baie ver terug onthou – van my eerste herinneringe strek so ver terug as toe ek as tweejarige in Shannon op ’n plot buite Bloemfontein gebly het."

Toorkombuis: Ek onthou vir Mamma – en haar peppermint crisp-tert

Karen Hart Kos en wyn 2025-06-12

"My ma kon nie bak om haar lewe te red nie. ... Deel van haar pligte as skoolhoof se vrou was om reg te staan met koeke en terte vir funksies en verjaardae in die personeelkamer. Ek weet nie hoe nie, maar op die een of ander manier het sy oorleef. ... Een van haar reddingsboeie was daardie peppermint crisp-tert wat nou nog by my spook."

Toorkombuis: Afrikaans is my kombuistaal

Karen Hart Kos en wyn 2025-05-09

"Ek droom en dink en skryf Afrikaans. Ek leef Afrikaans. Ek kook Afrikaans ... die taal sing in my kombuis. Ystervarkies en repelsteeltjies, murgpampoentjies en soetrissie, borriepatat, spruitkool, boerpampoen en pampoenkoekies, wonderpeper en fenegriek ..."

Toorkombuis: My wingerd word herfs in rosyne

Karen Hart Kos en wyn 2025-04-15

"Luigi’s se brood was byna oordadig uitgerys en die sagte wit van die brood deurspek met blinkvet rosyne, uitgeswel in die warm deeg, wat stroopsoet in jou mond ontplof het."

Toorkombuis: Oor sprokies en pampoenbredie

Karen Hart Kos en wyn 2025-03-13

"[I]n my toorkombuis word hierdie nederige groente nie ’n luukse ryding nie. Nee, dit word omtower in pampoenkoekies met ’n kaneelsuikerlaag wat onder jou tande kraak. Of, nog lekkerder –  in ’n bredie waarvan die smaak genoeg is om jou sommer weer van voor af in sprokies te laat glo."

Toorkombuis: Karen se bleddie lekker steak

Karen Hart Kos en wyn 2025-02-13

"Ek kon kwalik aan iets anders dink toe die sjef daardie wonderlike stuk vleis daar uit die hittige oond haal. Dis in die oond gebraai, kon jy sien, en nie oor die oop vuur van steakrestaurante nie. En dit het gedrup van die botter. Daardie hemelse stuk vleis land toe in die asblik ... danksy Mislike Miranda."

Elders gesien: Filter of Americano? Gewoon, groot of mega?

Hannes Visser Elders gesien 2025-01-23

"Nie te lank gelede nie, kon mens by ’n koffiewinkel op die stoep gaan sit en koffie bestel en die keuses was warm of koue melk. Dit was ongekompliseerd. Deesdae is dit soos ’n aanlegtoets."

Toorkombuis: ’n Oorvloed van appelkose en onthou

Karen Hart Kos en wyn 2025-01-14

"Moenie dat die geweeklaag jou onderkry nie. Januarie is ook ’n maand van nuwe uitdagings en alles in oorvloed – somerson, baie blou lug en die sappigste somervrugte in alle kleure en geure. En – die beste van alles – dis appelkoostyd." 

Tietie en Nanna se huiskos deur Najma Abrahams en Azba Fanie: ’n resensie

Elsibe Loubser McGuffog Resensies 2025-01-13

"Kom ons besin oor tannies, stammoeders en die teenpool van caviar. Voor ons daarby uitkom, moet ek egter net noem: Hierdie is ’n boekresensie."

One pot cookbook for South Africans deur Louisa Holst: ’n resensie

Elsibe Loubser McGuffog Resensies 2024-12-13

"Hierdie boek is saamgestel deur Louisa Holst (wat bekend is vir haar Air fryer-kookboek), en die geregte is gepas vir familie-etes. Die eenvoud van die resepte sal baie mense aanstaan. Van die disse lyk vir my te vanselfsprekend, maar vir ’n onervare kok sal dit nuttig te pas kom."

Toorkombuis: Krismis met die radio en gemmerbroodmannetjies

Karen Hart Kos en wyn 2024-12-11

"Wanneer my ouma by ons kom kuier het, moes ek smiddae halfvier saam met haar regskuif en stelling inneem by die radio vir Esmé en Jan se resepte in So maak mens. Dan moes ek fyn luister en vir haar die resep neerskryf."

Toorkombuis: Goud-in-die-mond – roomys vir die feestyd-blues

Karen Hart Kos en wyn 2024-11-12

"Wees gewaarsku: Dis verslawend. Dis die soort roomys waarvan jy selfs diep in die winter bly droom."

Toorkombuis: Brood vir Bottergat

Karen Hart Kos en wyn 2024-10-14

"Met hierdie maklike broodresep het ek al tientalle siele tot brood bak bekeer. Geen voer van ’n morsige suurdeegplantjie nie. Geen geknie. Roer net, laat staan en bak."

Sluk daai ertjies (saam met pasta, spek en room)

Karen Hart Kos en wyn 2024-09-13

"Maar noudat ek my woorde gesluk het – en daarmee saam ’n hele vurkvrag groen albastertjies – bly my gunsteling-ertjiemaal hierdie eenvoudige pastagereg. Jy kan natuurlik jou eie pasta maak, wat die gereg nóg lekkerder maak – maar as die tyd min is ..."

Swartboonsop vir die samesyn

Karen Hart Kos en wyn 2024-08-19

"My lotsgebondenheid, glo ek, is om mens en dier te voer. Ek is soos ’n wafferse Italiaanse mama, gedurig besig om te kook en mense om my tafel te versamel. En in hierdie vreeslike koue winter sorg ek dat daar altyd ten minste ’n pot sop aan die prut is."

Top