Toyota Stellenbosch Woordfees
Toyota US Woordfees 2022: Nog foto’s
2022-10-14Die Toyota US Woordfees 2022 is in volle swang en duur tot Sondag 16 Oktober. Menán van Heerden deel nog ’n paar foto’s.
Persverklaring: Wenner van die 2022 Woordfeeskortverhaalkompetisie
2022-10-14Lynthia Julius is as algehele wenner van die 2022 Woordfeeskortverhaalkompetisie aangekondig by die bekendstelling van die sewende US Woordfeeskortverhaalbundel in die Hofmeyr-saal in Stellenbosch op 10 Oktober.
Toyota US Woordfees 2022 Instagram-resensie: Vier susters
2022-10-13"Gerda Taljaard is waarskynlik een van ons land se most underrated skrywers, so haar wen van die gesogte kykNET/Rapportprys vir fiksie ’n paar weke gelede was nie een oomblik te gou nie."
Toyota US Woordfees 2022-diskoers: Konteksveranderinge in die Afrikaanse letterkunde
2022-10-13"[T]aal is soveel identiteit soos wat dit woorde is. Trompie is nie net storie nie; vir baie mense verpersoonlik die karakter nostalgie."
Toyota US Woordfees 2022 Instagram-resensie: Plunder
2022-10-12Antjie Krog: "Plunder is obvious. Ons almal plunder. Jy plunder jou familie en jou taal. Jy gee maar uiteindelik net op. En dan géé die aarde. Dit bring genade oor jou."
Toyota US Woordfees 2022-passasiersitplekaantekeninge: Die tale wat ons praat, mAaNmAaTs en Tiek ons boksies in kinderboeke?
2022-10-12"Slotaantekening op dag 2 van Woordfees 2022: Moenie langer bang wees nie. Wees wild."
Toyota US Woordfees 2022: Eerste foto's
2022-10-12Die Toyota US Woordfees 2022 is in volle swang! Menán van Heerden deel ’n paar foto's.
Toyota US Woordfees 2022: Dan Sleigh roskam uitgewers oor verspreiding van pseudogeskiedenis
2022-10-11"Sleigh, wat bekend is as ’n geskiedenisspeurhond, was in gesprek met die kultuurhistorikus Matilda Burden oor sy omvattende boek Retoervloot: Kaapstad en die VOC in 1713. Sleigh het dit onder meer gehad teen skrywers en uitgewers wat hulle skuldig maak aan die verspreiding van mites en verdraaiings wat ten duurste as geskiedenis aan lesers opgedis word."
Toyota US Woordfees 2022 Instagram-opmerkings: Tiek ons boksies in kinderboeke?
2022-10-11"Gerekende resensent Magdel Vorster tree in gesprek met ’n paar uitlopende skrywers wat nie skroom om wél moeilike onderwerpe, inklusiewe karakters en tematies uitdagende tekste die wêreld in te stuur nie."
Toyota US Woordfees 2022 Instagram-resensie: Concerning the life of Babyboy Kleintjies
2022-10-11"Na afloop van die laaste kleedrepetisie voor die fees begin, sit Fugard tjoepstil in sy regisseurstoel. Hy is duidelik aangedaan. ’n Bittersoet oomblik."
Waar word Afrikaanse teatertalent raakgesien? ’n Onderhoud oor die ATKV-Tienertoneel-wenners 2022
2022-10-10"Die lys is te lank om te noem, maar gesels met enige Afrikaanse aktrise of akteur wat nou sy of haar voete op die planke het of voor die kamera speel. Hulle sal vir jou almal noem dat ATKV-Tienertoneel die teelaarde vir hul talent en beroep was."
Toyota US Woordfees 2022: ’n onderhoud met Beyers de Vos oor Die Suid-Afrikaners
2022-10-10"Daar is vir my ironiese spanning tussen 'Ek wil Afrikaans wees' en 'Ek wil nie in Suid-Afrika wees nie', en ek wou daai spanning verken."
’n Bedrywige Woordfees vir Paula Fourie met Taliep, Babyboy Kleintjies en Athol
2022-10-06Paula Fourie is betrokke by twee van die prominentste aanbiedings op vanjaar se Toyota US Woordfees: haar boek Mr Entertainment – the story of Taliep Petersen word bekend gestel, en haar en Athol Fugard se drama Concerning the life of Babyboy Kleintjies debuteer by die fees. Melt Myburgh het met haar gesels.
Toyota US Woordfees: Wilken Calitz oor sy verwerking van Prente by ’n uitstalling
2022-10-06Wilken Calitz vertel vir Izak de Vries hoe hy hierdie projek aangepak het.
Toyota US Woordfees 2022: ’n onderhoud met Johann Kriegler oor Sydney Kentridge
2022-10-06"Min van ons sal ooit die hoogtes van ’n Kentridge bereik, maar iedereen het op haar of sy weg daagliks keuses om te maak. Die kwaliteit van ons regstelsel, eintlik van ons hele staatsbestel, hang uiteindelik af van die kwaliteit van die burgery. Miskien het Jan Brand dit reg opgesom: Alles sal regkom – as elkeen sy plig doen."
Toyota US Woordfees 2022: ’n gesprek met Tom Dreyer oor Kodachrome, optiese instrumente en die filmiese oog
2022-10-06"Stories is verdikkings in die stroom van die tyd, tydelike eilande van betekenis, en dis dalk die beste waarop ons kan hoop."
Persverklaring: Top internasionale jazzensemble vanaf Munich in Suid-Afrika, ook by Toyota US Woordfees
2022-10-05Ter ere van die legendariese Charles Mingus se 100ste verjaarsdag, sal plaaslike aanhangers bevoorreg wees om te kan luister na die uitvoering van sy suite "The Black Saint and the Sinner Lady" en ander komposisies deur ’n groep internasionale jazzmusikante vanaf Duitsland, Mongolië, Oostenryk en die VSA.
Toyota US Woordfees 2022: ’n onderhoud met Johan de Villiers van die Libertaskoor
2022-10-03"Deur instudering van ’n koorstuk word die sanger se DNS ... ten diepste binnegedring deur die ritmes en melodieë van die musiek, tesame met die meegaande tekste. Om dit uiteindelik voor ’n gehoor te sing is onvergelykbaar bevredigend, deels ook vanweë die dikwels oorrompelende wisselwerking tussen die koor en hulle luisteraars."
Toyota US Woordfees 2022: ’n onderhoud oor ’n Akkerboom
2022-09-30"Die kunstenaar suggereer met woorde, en ’n glas water verander in ’n akkerboom in jou kop. Die stuk gebruik hierdie idee om ’n storie te vertel van verlies deur die wortel van rolspel en die krag van woorde te ondersoek."
Franz Marx: Uit die perd se bek deur Chris Vorster: persoonlike herinneringe en foto’s
2022-09-29Chris Vorster se boek oor Franz Marx, Uit die perd se bek, word op 12 Oktober 11:00 by die Toyota US Woordfees bekendgestel. Die item heet “Die private Franz Marx”. Annalize Marx Hills, ’n familielid van Marx, deel met die familie en familievriend se toestemming haar eie en hulle persoonlike herinneringe aan die mens Franz Marx.
