Feeste
Articles about festivals in South Africa and abroad
Aardklop 2019: Die dinge van ’n kind deur Marita van der Vyver op die planke
2019-09-20"Die temas wat Marita van der Vyver aanraak, bly universeel en relevant in die huidige klimaat, hoewel die boek, die nuwe Suid-Afrika, die leser (van toe) en ook die karakters, reeds lankal mondig is. Daar is nie ’n beter titel vir die verloop in dié storie nie. Die boek en ook die verhoogstuk handel oor 'loss of innocence'. Nie net op seksuele gebied nie, maar op verskeie vlakke. Die oomblik wanneer jy bewus word dat daar vir jou gelieg is deur die staat, die kerk, jou ouers, jou vriende, jouself ..."
Tuin van Digters 2019 – video: Verse oor huis en taal
2019-09-19Frieda van den Heever gesels met Danie Marais, Dianna Ferrus, Jolyn Phillips en Daniel Hugo oor die temas "huis" en "taal" in hulle digwerk, asook die invloed van vertaling daarop.
Queenie-hulle by Aardklop 2019
2019-09-19"Queenie-hulle is ’n tragiese komedie. Die humor is skreeusnaaks en mense sal dit waardeer en geniet. Nietemin ontwikkel die kyker empatie en simpatie met die karakters."
Aardklop 2019: feesprogram
2019-09-19Aardklop Nasionale Kunstefees 2019 is om die draai! Laai die volledige feesprogram hier af.
Press release: Baxter Dance Festival celebrates 15 years of magnificent movement and dance, this September
2019-09-19For the past 15 years, the Baxter Dance Festival has showcased some of the finest dance talents and choreographers in the Western Cape and the country. This year will be no exception as Cape Town’s premiere dance festival celebrates the milestone from 26 September to 5 October 2019.
"Kom fees vry": Alexa Strachan oor Aardklop 2019
2019-09-19"Ek dink ons is hierdie jaar geseënd – ons het regtig die room van Suid-Afrikaanse akteurs op een fees bymekaar," sê Alexa Strachan, Hoof Uitvoerende Beampte van Aardklop Kunstefees 2019. Remona Voges het met haar gesels oor wat vanjaar se fees, wat vanaf 24 tot 29 September in Potchefstroom plaasvind, inhou.
Video’s: Vyf aktuele gesprekke tydens die 2019 Open Book Festival
2019-09-19Hoe voel dit om in jou bekende grootvader se skaduwee te leef (soos Wilhelm Verwoerd en Ndileka Mandela)? Kan mense genees word deur stories (met Jitsvinger)? Watter gevare moet joernaliste oorleef om die waarheid te ontdek (met Foeta Krige: The SABC8; Caryn Dolley: The Enforcers: Inside Cape Town’s deadly nightclub battles en Pieter-Louis Myburgh: Gangster State)? Hoe beïnvloed korrupsie die mense op grondvlak (Bosasa-skandaal)?
Die jaarlikse Open Book Festival het van Woensdag 4 September tot Sondag 8 September 2019 in Kaapstad plaasgevind. Verskeie aktuele gesprekke het tydens die fees plaasgevind. Kyk hier vyf van hierdie gesprekke.
Tuin van Digters 2019 – video: Is Breyten se gedigte vertaalbaar?
2019-09-18Catherine du Toit gesels met Breyten Breytenbach, Jerzy Koch, Yves T'Sjoen, Ampie Coetzee en André van der Hoven oor die vertaling van gedigte in die algemeen en die vertaling van Breytenbach se werk in besonder.
Tuin van Digters 2019 een vir die boeke
2019-09-17"Die grootste hoogtepunt van die fees was beslis Breyten Breytenbach se voorlesing van sy gedigte op maat van Schalk Joubert, se baskitaarnote."
Tuin van Digters 2019 – video: (Aan)dadig saam met Breyten
2019-09-17Breyten Breytenbach se voorlesing van sy gedigte was ’n hoogtepunt by vanjaar se Tuin van Digters, aangebied deur die Breytenbach-sentrum op Wellington. Hy is begelei deur Schalk Joubert op baskitaar en Laurinda Hofmeyr op klavier.
Week van de Afrikaanse roman 2019: onderhoud met Riana Scheepers
2019-09-17"Ek gaan beslis nie Nederland toe om te gaan rus nie – ek gaan elke moontlike aanbieding van my mede-skrywers bywoon. Dit is ’n uitsonderlike, en uiteenlopende groep skrywers, ek kan nie wag nie!" Riana Scheepers gesels met Naomi Meyer oor die Week van de Afrikaanse roman, waar sy binnekort optree.
Tuin van Digters 2019 – video: Bekendstelling van breyten breytenbach, woordenaar woordnar
2019-09-16Die SA Akademie van Wetenskap en Kuns se huldigingsbundel van Breyten Breytenbach, breyten breytenbach, woordenaar woordnar, is die afgelope naweek by die Breytenbach-sentrum se Tuin van Digters bekendgestel. Andries Visagie het met Francis Galloway (die redakteur van die bundel), Louise Viljoen en Catherine du Toit gesels.
Tuin van Digters 2019: Onderhoud met Lieke Joosen
2019-09-13"Ek glo dat jy iets by elkeen wat oor jou lewenspad kom, kan leer. So ek kan nie wag om by die Suid-Afrikaners, hul taal, die natuur, hul lewenstyl te ervaar nie."
Nederlandse digkuns gevier by Open Book Festival 2019 (Kaapstad)
2019-09-12Die jaarlikse Open Book Festival het van Woensdag 4 September tot Sondag 8 September in Kaapstad plaasgevind. Bekroonde Nederlandse digters Radna Fabias en Simone Atangana Bekono was by die fees te sien. Afrikaanse digters en skrywers Pieter Odendaal, Diana Ferrus, Chase Rhys, Jitsvinger en Hakkiesdraad Hartman het ook opgetree. Menán van Heerden het ’n fotogalery en ’n kort video van die fees saamgestel.
Breyten by Tuin van Digters 2019
2019-09-12Die jaarlikse Tuin van Digters-fees vind komende naweek in Wellington plaas. Remona Voges het met die organiseerder, Francois Lötter, gesels oor wat hierdie jaar se fees inhou.
Week van de Afrikaanse roman 2019: onderhoud met Eben Venter
2019-09-12"Altyd vir Koos Prinsloo bewonder vir sy slim, woord-spaarsamige en uitdagende stories, maar teen die tyd dat ek Ek stamel ek sterwe geskryf het, het ek ’n eie stem gehad om daardie storie te vertel."
Elgin Grabouw-krimifees 2019: "Uit ’n ander hoek"-video
2019-09-11Spioene, kuberkrakers en dies meer vorm deel van hierdie opwindende outeurs se rolverdeling. Jonathan Amid in gesprek met: Peter Church, Carina Diedericks-Hugo, Jo Nel en André Krüger. As jy die Elgin Grabouw-krimifees misgeloop het, kyk hier na nog 'n video deur Naomi Bruwer van een van die gespreksgeleenthede.
Elgin Grabouw-krimifees 2019: "Wie steun die speurders?"-video
2019-09-11Nie eens Benny Griessel werk alleen nie. Dié outeurs span die net wyer as net die speurder. Jonathan Amid in gesprek met: Jeanette Stals, Andrew Brown, Sally Andrew en Deon Meyer. Kyk nog 'n video deur Naomi Bruwer van die Elgin Grabouw-krimifees.
Worlds come alive from page to stage at #cocreatePOETICA (Open Book Festival)
2019-09-02Press release: Worlds come alive from page to stage at #cocreatePOETICA, a celebration of rap, poetry and the spoken word at Open Book Festival (Cape Town). We look forward to welcoming Dutch poets Simone Atangana Bekono and Radna Fabias. Join The Book Lounge and The Fugard Theatre for the ninth Open Book Festival which takes place from 4 to 8 September 2019.
Press release: What the Water Remembers at the Open Book Festival
2019-09-02Why did it refuse to rain for 2 years? What might happen if we don’t listen to the water? What the Water Remembers is a multilingual poetry production that explores our personal, historical, socio-economic and spiritual relationships to water in the Mother City. What the Water Remembers will debut at the Open Book Festival on Wednesday 4 September at 18:00 in the Fugard Studio.
