Fiksie

Lees kortverhale en sketse deur bekende en ontluikende skrywers.

Indien jy van jou skryfwerk wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir verhale wat gepubliseer word nie.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou skryfwerk te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read short fiction and flash fiction by established and emerging authors.

If you would like to submit your writing, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published stories.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your writing.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

Draak-sprokie-kompetisie: Manie die kleptomaan-draak

Elrene Koch 2012-02-08 Lank, lank gelede in ’n klein dorpie ver weg het daar ’n vet, glibberige, geeltand-draak gebly. Sy naam was Manie, kort vir Kleptomanie.

’n Geleentheid soos dié

Jaco Fouché 2012-02-06 Die yskas is wit en laer as Jan se kop. Eileen sê: “Ek sal lekker maklik bo-op kan bykom.” Dis ’n Wyness. Die naam is sigbaar op die winkelvensters wat op die supermark uitkyk.

Draak-sprokie-kompetisie: Rede vir partytjie op Draakfontein

Ockert J du Preez 2012-02-02 Op die eerste dag van die Jaar van die Draak besluit Driekus Draak om sy vuurblasery te staak. Alles het goed gegaan, totdat sy krag af gaan.

Draak-sprokie-kompetisie: Grinnik se eksistensiële gewroeg

Lindie White 2012-02-01 Hy’s grieselgroot. Styfrond-vet en vrat-lelik. Met asem wat stink na ’n bedompige drein. Met 'n frons waarin ’n Land Cruiser sal vasval!

Draak-sprokie-kompetisie: Die vriendelike draak

Wilna Dreyer 2012-02-01 Diep, diep onder die wortels van ’n ou tamatieplant het ’n reuse-oupa-draak gewoon. Sy huisie was eenvoudig, met net ’n stofie, ’n stort en ’n stoepie.

Draak-sprokie-kompetisie: Grafskending

Adriaan Coetzee 2012-01-30 In die vaal woud lê ’n erelid van Klub 27.

Draak-sprokie-kompetisie: Waar kom drake se vuur vandaan?

Ockert J du Preez 2012-01-30 Het jy al gewonder oor hoe drake met hul tonge vuur kan toor? Ek weet. Wil jy ook weet?

Draak-sprokie-kompetisie: Die skubbejakke van Drakenstuin

Wini Esterhuizen 2012-01-30 Pappa draak staan op toe die deurklokkie lui. Hy gaan staan agter die toe deur. Hy loer met sy een oog deur die loergaatjie.

Draak-sprokie-kompetisie: Iets die draak

Elmarie du Preez 2012-01-30 Die jaar van die draak het begin die jaar 2050. My ouma het altyd gesê dit is net stories, soos vampiere, die tandmuis, Kersvader, feetjies, kabouters die tokkelossie.

Draak-sprokie-kompetisie: Die drake, die dwerge en een tokkelos

Wini Esterhuizen 2012-01-30 Baie diep in die groot, donker bos, woon drake en dwerge en een tokkelos.

Skryf 'n draak-sprokie en wen: Wenner aangekondig

2012-01-25 LitNet nooi jou om ’n kort sprokie te skryf waarin ’n draak voorkom.

Kersverhaal-kompetisie: ’n Ware kersverhaal

Gustaaf Pienaar 2011-12-14 En ek dog nogal “sjalom” is ’n mooi Joodse groetwoord … Talle huiseienaars in ons kusdorp versier Kerstyd hul huise met veelkleurige liggies en so fiets vroutjie en ek nou een Vrydagaand deur die strate om die skouspel te geniet. Ons kom ’n Joodse gesin teë ...

Kersverhaal-kompetisie: Botoks vir Kersfees

Sonja Cilliers 2011-12-14 Vyf dae voor Kersfees glip Direlma by dr Fuch se estetiese kliniek in. Styf gespuit stap sy ’n uur later uit. Vee haar kuif oor haar voorkop voor sy by Pick ’n Pay instap sodat niemand die V-vormige driehoekie bloedkolletjies op haar voorkop sal ...

The Incident on Heron Island

Richard Jurgens 2011-12-13 It was blazing out in the open countryside, though the calendars said that it would soon be late October. Hilton Ellis mopped his brow with the spotted handkerchief that he had knotted on his head earlier against the unaccustomed UV rays.

’n Gevoel vir ’n man

Jaco Fouché 2011-12-13 Die werk is by die kerk. Sy is vier-en-vyftig. “Geen afhanklikes nie?” vra die pastoor. “Nee.” Sy sê nie sy het twee verhoudings beleef waarvan een byna tot ’n huwelik gelei het nie. Dis lank terug. “As jy die ergste las van my kan afhaal tot dit somer is, help dit.

Deine schöne Gestalt

Marlise Joubert 2011-12-07 Hy was nooit van hierdie wêreld nie. Veral nie van hierdie stomende stofstrate en verslonste bougainvilleas wat oor onwit gebreekte muurtjies hang nie. Nog minder van meer veraf dinge soos die staalbesems van die kerkklokke wat in die bodorp al om ...

Kersverhaal-kompetisie: ’n Kitaar vir Kersfees

Boet Snyman 2011-12-07 Sy naam is Jan. Sonder dat hy dit weet, vertel sy blouselblou oë ’n storie. Partykeer hartseer en ander kere weer gemaak-happy. Hy bly op die strand en slaap onder ’n stuk seil ... sommerso. Die erg verslete klere change hy nooit nie.

Kersverhaal-kompetisie: Dakarai se beste Krismis

Martie Swanepoel 2011-12-07 Daar is nege uur tussen my, die Tap-die-laaste-druppel-bloed-uit-jou-werkers-aandele-makelaar, en Oukersaand. Ek sal môre vir Henko en sy gesin in Kanada Skype as hulle wakker word. Ons sal seëninge oor mekaar uitspreek en dan sal ek my Woolies- ...

Op die Waagplein

Marlise Joubert 2011-12-01

A crucial connection

Jaco Fouché 2011-11-29 I was worried. Two months into my new job I had to admit I couldn’t do it. The job was selling water-related apparatus – high-pressure pumps, pH meters, conductivity meters, water filters, spraying nozzles, that sort of thing. Before that, I was in ...
Top