Fiksie
Lees kortverhale en sketse deur bekende en ontluikende skrywers.
Indien jy van jou skryfwerk wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir verhale wat gepubliseer word nie.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou skryfwerk te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read short fiction and flash fiction by established and emerging authors.
If you would like to submit your writing, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published stories.
- The editors do not provide feedback on how to improve your writing.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Vervaldatum-kompetisie: Suska se terugkoms
2012-05-02 "Elke dag loer Kennie deur die hortjiesheining tussen hulle huise en verlang om Suska weer te sien. Miskien het sy weggeloop of het ’n dief haar gesteel en nou wil hy geld hê om haar terug te bring. Reeds toe hy Suska die eerste keer in die tuin van die groot huis met die gewels sien speel het, het Kennie geweet dat hy met haar gaan trou."Vervaldatum-kompetisie: Seereis
2012-04-26 Die skielike kilte wat van êrens teen haar kom aandruk, laat haar ril en Naomi trek die handdoek stywer om haar vas. Gaan druk haar lyf teen die reling en staar na die golwe wat van die boeg af wegssteier.Pelgrimstog
2012-04-19 Dis nog skemervroeg die Saterdagoggend toe Bohuslav my wakker maak vir ons reis na Tabor. Hy is ’n oggendmens, ek nie. Hy moet my dus aanjaag sodat ons betyds by die bus op die dorpsplein kan wees. Gelukkig het die ander reisigers alreeds hulle sitplekke in die voorste gestoeltes ingeneem, sodat ek op die lang agterste sitplek verder kon slaap tot dagbreek.Vervaldatum-kompetisie: Onder die kloktorings van Santissima Trinità dei Monti
2012-04-18 Dis eers wanneer sy die foto’s op die skerm vergroot dat sy die detail tussen al die strukture opmerk: skulpmotiewe bo vensterkosyne, duiwe op ’n daklysie, ’n wolkstreep in die lug, die blinde oog van die kloktoring.Vervaldatum-kompetisie: Valentynsdag het verval
2012-04-18 Dis Saterdagoggend, die mall is so besig soos ’n sopkombuis en in elke winkel is daar lang rye mense wat by die betaalpunte toustaan om die laaste winteruitverkoping-specials met hulle kredietkaarte te betaal. Ek is haastig. Dis my af naweek. Gerhard het gaan visvang saam met sy seun en dis my naweek van “me time” met ’n groot uitroepteken agterna!Vervaldatum-kompetisie: Vergifnis sonder vervaldatum
2012-04-18 Hoe kon hy dit doen? Hoe? vra Liza vir die soveelste keer die vraag in haar gedagtes. Sy wou net die beste vrou en ma wees. Sy onthou toe hulle tien jaar gelede ontmoet het. Dit was liefde met die eerste oogopslag. Almal vertel tot vandag toe watter pragtige paartjie hulle is. Straal altyd van geluk. Veral nadat hulle na ses jaar geseën is met ’n pragtige, gesonde dogtertjie.Vervaldatum-kompetisie: Môre is nog ’n dag
2012-04-18 “Ek wil weet wat jy gaan doen.” Maggie staan hande in die sye.“Ek dink nog.”
“Ek dink jy dink te lank,” wip sy haar en slaan die glasdeur van die kantoor agter haar toe.
Ciska sluit haar oë en wag vir die slae in haar kop om op te hou tamboer. Maggie is reg. Dit was slegs die derde keer dat dit gebeur het, maar almal was in die afgelope jaar.
