Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Lokprent: Oorvloed – Stadskos van die Kaap

2012-10-10 Kyk na die lokprent van Marlene van der Westhuizen se jongste kookboek.

Bekendstelling van Blywende Woorde

2012-10-09 Kom kuier saam Sylvia de Kock by die bekendstelling van Blywende Woorde, haar jongste versameling dagstukkies vir vrouens wat glo.

Kan mens letterkunde uit 'n klip tap?

Waldemar Gouws 2012-10-08 Helize van Vuuren het in haar resensie van The Cambridge History of South African Literature ’n moontlike leemte in dié boek raakgesien: wat van die belang van rotskuns? Hierop vra Waldemar Gouws: "Sal die Franse Akademie dit oorweeg om rotskuns op Franse bodem as letterkunde te herdefinieer? Sal Van Coller ‘n nuwe hoofstuk tot Perspektief en profiel oor Suid-Afrika se prentjiesberge inisieer? Sal dit polities korrek wees? Soos 'regstellende aksie'?"

Skrywersfoto's deur Johan Kotzé

Johan Kotze 2012-10-08 Johan Kotzé laat LitNet-lesers in sy digitale skrywersalbum loer.

Foto's: Roots and Routes word bekendgestel

Naomi Bruwer 2012-10-05 Mike de Jongh het sy merkwaardige boek Roots and Routes: Karretjie People of the Great Karoo in Protea Boekwinkel Stellenbosch bekendgestel. Athol Fugard was sy gespreksgenoot.

For the love of books: Exclusive Books Boeke Prize 2012 award ceremony

2012-10-04 Photo gallery of the Exclusive Books Boeke Prize 2012 award ceremony, held in Sandton last week.

Nuut by NB-Uitgewers dié Oktober

2012-10-03 Hierdie maand se nuwe NB-boeke dek onder andere die Kaapse kookkuns, hoe integriteit en karakter tot sukses in jou lewe bydra en ’n "verstaan-mans-beter-gids". 

Ontdek outydse Suid-Afrikaanse kookkuns

LAPA Uitgewers 2012-10-03 "Hierdie nuttige werk bied genotvolle leesstof vir elke Suid-Afrikaner wat in sy verlede belangstel, asook vir die vreemdeling wat nader kennis wil maak met die outydse kombuis."

Maanschijnbaai: Nan en Jeannie deur Chanette Paul

LAPA Uitgewers 2012-10-03 "Die intrige draai om verhoudings op alle vlakke asook oor oordeel, vooroordeel en die keuses wat mens maak."

Skryf in vir Oktober se Lekkerlit-boekkompetisie: Woutrine Theron se Dans met die rooi rok

LAPA Uitgewers 2012-10-03 Elke maand kan een leser R1 000 kontant wen deur op LAPA se Facebook-blad ’n maklike vraag oor die Lekkerlit-boek van die maand te beantwoord.

Die reg vs die gemeenskap waarin dit geld

Marinus Wiechers 2012-10-03 "Op die voorblad is ’n hoenderhen wat vraend ’n eier betrag. Dit sinspeel op die ou kopbreek-vraag van wat kom eerste, die hoender of die eier? Toegepas op die regte, kan gevra word wat kom eerste, die reg of die gemeenskap waarbinne die reg geld?"

Boeke Prize 2012: We have a winner

2012-10-03 Exclusive Books announce the winners of the 2012 Boeke Prize!

Boekbekendstelling: Die aanspraak van lewende wesens

2012-10-02 Ingrid Winterbach se jongste roman, Die aanspraak van lewende wesens, is as die 2012 wenner van die Groot Afrkaanse Romanwedstryd aangewys en word op 18 Oktober by The Book Lounge bekendgestel.

Boekgesprek met Hans Ester en Chris van der Merwe

2012-10-02 Hans Ester en Chris van der Merwe, van die samestellers van Woordeloos tot verhaal – Trauma en narratief in Nederlands en Afrikaans, gesels Saterdag 6 Oktober oor hierdie interessante boek.

André P Brink gesels oor Philida

2012-10-02 Naas Steenkamp gesels die 13de Oktober met André P Brink oor Philida, dié bekroonde skrywer se jongste roman.

Ophef van grense tussen werklikheid en fiksie in Die kamer langsaan

Madri Victor 2012-10-02 "’n Verhaal wat oor die skryfkuns gaan, ’n indruk wat in die eerste paar hoofstukke geskep word, is dikwels ’n waagstuk; nie alle lesers wil weet hoe ’n boek geskryf word of wat die skryfproses behels nie."

Karoo Book | Boek Bonanza at the Second Karoo Development Conference, Beaufort West

2012-09-28 The Karoo Book will take place at the Second Karoo Development Conference in the NG Church hall, Beaufort West, on Sunday the 14th of October. | Die Boek Bonanza van die tweede Karoo-ontwikkelingskonferensie sal op Sondag, 14 Oktober, in die NG-kerksaal, Beaufort-Wes, plaasvind.

Open Book 2012: Haai Karoo-bekendstelling

Chrizane Geldenhuys 2012-09-27 Tydens die tweede aand van die Open Book-fees in Kaapstad het Etienne van Heerden kom gesels oor sy jongste boek, Haai Karoo, ’n versameling kortverhale uit sy oeuvre.

Open Book 2012: Philida-bekendstelling

Chrizane Geldenhuys 2012-09-27 André P Brink se tweetalige bekendstelling van sy nuutste slaweroman, Philida, was een van die hoogtepunte van die Open Book-fees in Kaapstad.

Lank lewe die Arwantyne!: Elzette Steenkamp gesels met Eben van Renen oor Afrikaanse wetenskapfiksie

Elzette Steenkamp, Eben van Renen 2012-09-27 LitNet het behoorlik wetenskapfiksie-koors! Elzette Steenkamp het met die Afrikaanse WF-skrywer Eben van Renen gesels oor sy nuwe boek, die stand van wetenskapfiksie en fantasie in Afrikaans en die gebruik van hoofletters.
Top