Klik op die boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.com!
|
|
Trein na Kalkbaai Graham Isaacs Prys: R80 “Die lug is blou en die son skyn helder,” sê Ouma. “’n Heerlike dag vir die strand.” Graham en sy familie kan nie wag om Kalkbaai toe te gaan nie. Maar om daar te kom, moet hulle met die trein ry. En dis waar die groot pret begin! Hierdie lieflike, eg Suid-Afrikaanse prenteboek vertel die storie van ’n opwindende dag in die lewe van ’n Kaapse familie. Dit is die dag ná Kersfees en Graham en sy familie gaan die dag op die strand deurbring. Op pad daarheen roep hy en sy boetie, sy sussie en sy nefie hardop die name uit van die stasies waarby die trein verbyry: “Bonteheuwel! Langa! Pinelands! Ndabeni! Maitland!” Dit word die soort dag wat jy wens wil nooit, nooit, ooit eindig nie – ’n dag propvol sonskyn, sandkastele, liedjies van ’n Klopse-orkes ... en met waatlemoen en roomys vir nagereg! Trein na Kalkbaai is by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers, beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
|
Nemesis Hierdie is ’n sinistere moordverhaal oor ’n reeks moorde. Die lyke wat gevind word, word geposeer om soos selfmoord te lyk, maar almal het dieselfde selfmoordnota by: “Dit is volbring ...” Vir adjudant-offisier Ben Hugo is dit egter gou duidelik dat dit nie selfmoord kon wees nie. Terwyl hy probeer om hierdie verwarrende reeks moorde op te los, het hy ernstige persoonlike probleme wat ook aanspraak maak op hom. Sy angstigheid na ’n skietvoorval waarin hy by die dood omgedraai het, sy rebelse tienerdogter en sy kollegas wat sukkel om sy bevordering te aanvaar. Nemesis is by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers, beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
|
![]() |
Jy weet wie “Lekker sinister en heeltemal onneersitbaar.” Niek Naude is 39 jaar oud en in dieselfde bootjie as vele middeljarige wit mans: hy is afgelê; hy wat in die eerste helfte van sy lewe deur die voorsienigheid uitgesonder was om ’n uitblinker te wees, akademies en op die sportveld. Dis immers waarom sy mooi vrou, Elrisa hom op hoërskool reeds gekies het bo sy teenstander, Zandré van der Westhuizen. Zandré, intussen Niek se minder bekwame kollega in die menslike hulpbronne-afdeling van ’n magtige maatskappy, het sy werk behou omdat hy ’n aartsgatkruiper is en beter bevriend is met die baas. Niek se ego het ’n allemintige knou gekry, want hy moet nou huishou terwyl Elrisa die pot aan die kook hou. Selfs in die slaapkamer het hy nie meer die hef in die hand nie: sy vrou soen hom soos ’n familielid. Hul dogter Melanie wil Mel genoem word en wil so cool en mooi soos haar vriendin Anika wees, maar wil veral Anika se boyfriend, Tommie, hê. Die verblindend aantreklike Tommie is al uit die skool, maar woon nog by sy ma en maak nie juis aanstaltes om te begin werk nie. Dan reageer hy op ’n koerantadvertensie wat basuin: "Jy het nog nooit so maklik geld gekry nie. Nee, dis geen grap nie. Bel nou". Sy moed begewe hom en hy druk die foon dood, maar die geheimsinnige Jy-weet-wie het nou sy nommer en bel hom terug. En deure gaan oop wat liefs toe moes gebly het. Maar Niek is desperaat en het 'n kans nodig. Dan begin die poppe dans. Hierdie gevaarlike speletjie word ’n spannende verhaal vol draaie wat die leser op die punt van sy stoel sal hou. Jy-weet-wie is beskikbaar by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
![]() |
Rocksusters Maak gereed vir nog ’n Elle-avontuur propvol raaisels, romanse en rock! Die reeks Rocksustersis beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
|
Proe Pretville Pretville is nie ’n dorp op die landkaart nie, en jou GPS sal ook tevergeefs daarna soek. Dis ’n vyftigs-fantasie in die harte van mense, ’n plek waar daar altyd iets is om te vier. Die musiek en dans en toneelspel is deel van die fliek Pretville en met Proe Pretville kan elkeen ’n porsie van die geluk van daardie era in sy eie kombuis beproef. Dis immers net op Pretville waar Pruimfees gehou word en ouma Sarie se onderstebo pruimtert elke jaar die wenlint dra. Moet egter nie waag om Roeda Regyt se verruklike vyetert ’n skuins kyk te gee nie, hoor! Van Hennie Hakkel se spraakgebrek is daar in sy heerlike skommels geen teken nie, en Kallie Klawers se kolwyntjies sal enige vroulike mededinger se ogies laat skeeftrek van jaloesie. Die meesal handgeskrewe resepte uit oumas se familieresepteboeke is wel oorgetik en hier en daar opgedollie sodat dit kan inpas by die nuwerwetse wêreld van vandag. Verlustig jou in die nostalgie van die vyftigs wanneer jy hierdie boek gebruik – geniet Proe Pretville! Proe Pretville is by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers, beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |






