Ingrid Winterbach se roman Die aanspraak van lewende wesens het die Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2012 gewen. Kenners beskou nou Winterbach se oeuvre na aanleiding van die LitNet Akademies-artikel "'Te hel met heling, Niggie!': Wanneer traumanarratiewe tekort skiet". |
|
|
"By Winterbach is daar eweneens die filosofiese stramien: sy vergelyk ’n hondeteler met ’n Wagner-figuur. Daar is eweneens verwysings na Die Tibbettaanse Boek van Lewe en Dood, die Sitra Achra, die Sheddim, die Kabbalisme, en so meer. Winterbach is by uitstek ’n skrywer van die bardo (liminaliteit) en todol (verlossing). Sy plaas soveel ongelooflike ervaringe in jukstaposisie wat haar romans – soos dié van Bellow – uiters kompleks en insigryk maak." Joan Hambidge skryf oor Ingrid Winterbach en Saul Bellow. |
|
"Dit is ’n tragiese einde ... wat die melankolie van onbeantwoorde vrae (veral rondom die dood) vergestalt, maar ook die eindelose begeerte na antwoorde op onbeantwoordbare vrae. Hierdie begeerte veroorsaak dat die leser die boek waarskynlik herhaaldelik weer sal lees, op soek na leidrade." Bibi Burger ondersoek die soeke na “closure” in Die aanspraak van lewende wesens . |
|
Wil jy ’n bydrae lewer tot hierdie gesprek? Stuur jou voorstel aan naomimeyer@litnet.co.za. |
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.