Gerdus Senekal2013-10-09"Die eerlike en opregte manier waarop kwesbare herinneringe weergegee word, maak dit vir mens byna onmoontlik om nie self ’n bepaalde emosionele betrokkenheid by die verhaalgebeure te hê nie."
Dirk Laurie2013-10-09"Hoe is dit dat skaars enige groot religie na die wetenskap gekyk het en bevind het: 'Dis beter as wat ons gedink het! Die heelal is veel groter as wat ons profete gesê het, grootser, subtieler, meer elegant. God moet selfs groter wees as wat ons kon droom'? In plaas daarvan sê hulle: 'Nee, nee, nee! My god is 'n klein godjie, en ek wil hê hy moet so bly.'"
Riana Scheepers, Suzette Myburgh, Gertie Smit2013-10-09"Ons beoog ’n opvolgbundel vir die ouer kleingoed, Rympies vir kleintjies en kleuters,maar ons fokus is nou eers op die heel kleintjies: peutersvan 1 tot 3 jaar."
Naomi Meyer, Suzette Myburgh, Riana Scheepers, Gertie Smit2013-10-09Riana Scheepers, Suzette Myburgh-Kotzé en Gertie Smit is besig om 'n rym-, aksierym- en liedjiebundel saam te stel vir heel kleintjies van ouderdom een tot drie jaar. Naomi Meyer het al drie van hulle oor die projek uitgevra.
Johannes Comestor2013-10-08"In die koninklike huishouding was daar stilte, selfs nie musiek nie, en geen sosiale lewe nie. Skryfpapier moes 'n breë swart omranding hê."
Steward van Wyk, Naomi Meyer2013-10-08Aansoeke word ingewag vir die Jan Rabie Marjorie Wallace Skrywersbeurs. Naomi Meyer het met Steward van Wyk, mede-professor en voorsitter van departement Afrikaans Nederlands aan die UWK, gesels. Steward dien in die algemene bestuurskomitee wat die fonds hanteer, en in die beurskomitee wat aansoeke oorweeg en aanbevelings aan eersgenoemde komitee maak.
Cas Wepener2013-10-08"Ja, trane is die seep vir die siel en enige leser kan soos die skrywer van hierdie resensie ... met die lees van hierdie boek in die woorde van die agterplatteks 'óf jou gat, óf ’n wonderwerk' sien."
Henry Cloete, Ilza Roggeband2013-10-08"Ek het ’n redelike idee gehad waar ek wou eindig, maar ek het eers na ’n paar hoofstukke op die moordenaar besluit. Toe ek besluit het wie dit is, was ek baie versigtig om niks te verklap sodat die leser dit moet uitvind nie ..."
2013-10-03The University of Pretoria Faculty of Humanities invites you to the opening of the reading room at the Dr IM Monare Primary School as part of an institutional community service initiative.
Sophia Kapp, Naomi Meyer2013-10-01"Die feit dat romantiese fiksie ontvlugting is, beteken nie dat 'n mens nie sosiale probleme daarin kan aanraak nie. Die goedvoel-ding is meer kompleks as wat die meeste mense besef: jy kan jou leser regtig optel net as jy haar eers die donker kant gewys het."
Nini Bennett-Moll2013-10-01"Bostaande stukkies dialoog onderstreep dat die vestiging van die meesternarratief histories deur die optekening van die heersende magsdiskoers bepaal is, terwyl die slawe, diensbodes en matjiesgoedmense oorwegend ongeletterd was."
Marzanne Leroux-Van der Boon, JB Roux2013-10-01"In die letterkunde, en veral hier by ons, moet ’n skrywer nou maar eenmaal betitel word en daardie titel hou jy, al doen jy wat jy wil." Marzanne Leroux-Van der Boon gesels oor Lewensblik.
Sonja Loots2013-10-01"Daar is groter duidelikheid oor die identiteit van PEN Afrikaans en oor die soort projekte waarop ons in die toekoms wil fokus." Sonja Loots lewer verslag oor PEN Afrikaans se werksaamhede.
Koos Kombuis2013-10-01"In die ou tyd was ek bang vir vlieg. Ek was bang, want ek wou nog lewe. Deesdae is ek net moeg. Vlieg is vervelig. Dit neem twee uur voordat ons verby die effense turbulensie is en ek my bagasie kry. Tot my verbasing is ek in Lanseria."
Louise Viljoen2013-10-01"Dit is ’n volkome oortuigende en meevoerende roman waarin die skrywerslens oopgestel word vir ’n wye spektrum van menslike ervaring, maar daar ook erkenning gegee word aan die behoefte om terug te keer na ’n ruimte van oorsprong, of dit nou dié van die gesin of die eerste bron van inspirasie is."