Briewe uit die Tankwa: Foto's van Kaapstad se boekbendstelling

  • 0

Briewe uit die Tankwa
Leti Kleyn en Dawid Slinger

LAPA Uitgewers
ISBN:
 9780799351897

 

 

Adriaan Oosthuizen en Leti Kleyn se boek Briewe uit die Tankwa is Woensdag 27 November 2013 bekendgestel by Bibliophilia in Woodstock.

Adriaan het van sy foto’s uitgestal. Hier is die foto wat op die voorblad verskyn.

Bibliophilia behoort aan Xavier Nagel.

Dit was ’n kort, pragtige bekendstelling. Hier spreek Adriaan ’n paar woorde.

Adriaan het onder andere sy vriend en assistent, Juan Voges, bedank vir die harde werk aan die boek.

Leti Kleyn het daarna ’n paar woorde gespreek – veral om te vertel hoe die manne van die Tankwa haar aanvanklik gesien het as ’n stadsmeisie wat nie lank sal hou nie. Later het hulle haar leer respekteer.

Petra Müller het ook ’n paar woorde gespreek.

Daarna kon Adriaan mense se boeke teken.

Bibliophilia is ’n besonderse winkel in ’n unieke kompleks. Adriaan se Karoo-foto’s het hulle hierin, teen die graffiti en die industriële kuns, tuisgemaak. Dit het interessante gesprekke tot gevolg gehad.


 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top