Irma Joubert het baie hard gewerk tydens haar Kaapse besoek om Tolbos, die derde roman in die Tussen stasies-trilogie, aan haar lesers bekend te stel.
Vroeër het sy ook optredes in Gauteng, die Noordelike Provinsie, die Oos-Kaap en die Vrystaat gehad. Ná ’n kort blaaskans neem sy die boek Namibië toe.
![]() |
|
28 November 2013: Book Lounge, Middestad |
![]() |
|
Irma se eerste Kaapse optrede was in die Book Lounge. Haar seun Jan-Jan, ’n bekende politieke joernalis, het die gesprek gelei. |
![]() |
|
Irma se man Jan was ook daar. |
![]() |
|
Die Book Lounge was gepak. |
![]() |
|
Nog ’n bekende gesig was Henry Jeffreys, die toenmalige redakteur van Die Burger. |
30 November 2013: Protea Boekhuis, Stellenbosch
![]() |
|
Louis Esterhuizen, bestuurder van die Protea Boekwinkel op Stellenbosch, deel ’n ligte oomblik met die gehoor. |
![]() |
|
Jan-Jan het weer die gesprek gelei. |
![]() |
|
Irma Joubert is baie gewild in Nederland. Hier is sy saam met Elly (links) en Rien Hoppenbrouwer. Hulle lees haar boeke in Nederlands, was daardie oggend in Protea Boekwinkel Stellenbosch, en het besluit hulle wil vir Irma ontmoet en na haar luister terwyl sy oor Tolbos gesels. Irma verkoop reeds meer boeke in Nederland as in Suid-Afrika. |
3 Desember 2013: Exclusive Books, Canal Walk
![]() |
|
Irma teken boeke in Exclusive Books, Canal Walk. |
![]() |
|
Hier is Irma saam met Xavier Nagel, een van LAPA se teenwoordigers in die Wes-Kaap. Xavier het agter die skerms baie hard gewerk om Irma se boektoer te reël. |
![]() |
|
Daardie aand het Irma opgetree by Bargain Books in die Willowbridge-sentrum. Hier is sy saam met Lynne (agter) en Juliana van die winkel. |
3 Desember 2013: Bargain Books, Willowbridge-Noord
![]() |
![]() |
|
Die mense het hulle orals tuisgemaak om na Irma te luister. |
4 Desember 2013: Informele fotosessie
![]() |
|
Irma het op die 4de Desember ’n informele fotosessie in Kenilworth gehad. |
![]() |
|
Soos dit ’n goeie Afrikaans-onderwyser betaam, wou sy, heel anglisisties, haar eendjies in ’n ry laat loop. |
4 Desember 2013: Formele fotosessie
![]() |
|
Selfs in die ateljee kan ’n mens pret hê. |
4 Desember 2013: Wordsworth Books, Somerset Mall
![]() |
|
Irma het ’n waarderende gehoor gelok na Wordsworth Books in Somerset-Wes. |
![]() |
|
Sommige mense het van so ver as Bredasdorp gery om na haar te kom luister. |
![]() |
|
Soos gewoonlik het die boeke goed verkoop en Irma moes teken. |
5 Desember 2013: Kantoor van die premier
![]() |
|
Op 5 Desember, tydens ’n besoek aan die kantoor van die Wes-Kaapse premier, het Irma ’n kopie van Tolbos aan Helen Zille oorhandig. Zille, as joernalis, is ’n karakter in die teks. Tolbos speel in die jare tagtig af. Katrien, die hoofkarakter, studeer aan Wits en wil ’n joernalis word. Sy ontmoet dan vir Zille wat met die studente kom praat oor die Black Sash. Op bladsy 289 vertel Katrien: “Ja, sy het ook aan Wits studeer en sy is die joernalis wat die waarheid rondom die dood van Steve Biko oopgekrap het. Sy het toe nog by die Rand Daily Mail gewerk.” Veel later, op bladsy 437, staan: “Katrien is vasbeslote om ’n groot sukses van haar loopbaan as joernalis te maak. Sy wil ’n tweede Helen Zille word, miskien met ’n bietjie Rykie van Reenen by.” |
6 Desember 2013: Stanford, met Chanette Paul
![]() |
|
Irma se Kaapse draai het afgesluit met ’n besoek aan Stanford, waar Chanette Paul woon. Chanette en Irma het albei opgetree. Izak de Vries het die gesprek met Chanette gevoer. |
![]() |
|
Irma het baie jare lank skoolgehou aan die Hoërskool Gelofte in Pinetown, KwaZulu-Natal. ’n Aantal van haar oud-kollegas het besluit om haar te verras. Irma het geweet Elize Gerber (heel voor, links) sou daar wees, want sy het die gesprek met Irma gelei daar op Stanford. Irma het egter geen glad nie geweet dat al die ander ook sou opdaag nie. Dit het uiteindelik ’n behoorlike Gelofte-reünie geword met sommige van hulle wat so van ver as Bloubergstrand gery het vir die geleenthheid. Op die foto is: Voor, van links na regs, Elize Gerber, Irma Joubert en Vincent Landy. Die man agter Irma is Sleepy Kruger. Heel links, heel agter Johan van Zyl en direk voor hom is Ina van Zyl. |
![]() |
|
Die gesprekke het plaasgevind op Nikki Swanepoel se stoep. Nikki is ’n verteenwoordiger van LAPA in hierdie streek. Hierdie hele dag, met al die reëlings, was haar breinkind. |
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.
0























