Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Geagte Jahwe deur Willie Esterhuyse
2015-09-30"Die inspirasie vir sy boek, wat deur Naledi uitgegee word, het hy op die stormagtige klein eiland Malta gekry. Dis daar waar hy met Jahwe begin korrespondeer en 11 briewe aan hom geskryf het."
Onderhoud: Madeleine Rust oor Die 13de Kaart en Monstersaad
2015-09-30"Sy staan soggens vieruur op en kom saans eers ná sewe tuis. Skryftyd is net Saterdag- en Sondagoggende van vieruur totdat sy minstens een hoofstuk voltooi het."
Inligting en program van SAS4 2015: 'n Nuwe Afrikaanse paradigma?
2015-09-30Is swart Afrikaanssprekendes se stem hoorbaar in die diskoers oor Afrikaans? Op 2 en 3 Oktober 2015 vind 'n simposium oor Swart Afrikaanse skryfwerk by die UWK plaas. Hier is nog agtergrond en die program.
Tien vrae: Nicol Stassen oor Die Dorslandtrek
2015-09-29"Uiteindelik vertel ek die verhaal van doodgewone mense wat buitengewone gebeurtenisse beleef het."
kykNET-Rapport Boekpryse 2015: Hierdie boeke haal die kortlyste
2015-09-29Die kykNET-Rapport Boekpryse 2015 se kortlys in nou bekend.
Video: US Woordfees Leeskring – Madri Victor gesels met Barbara Joubert
2015-09-23Madri Victor gesels met Barbara Joubert, kosredakteur van Sarie, oor haar kookboek Kostalgie by die eerste US Woordfees Leeskring.
Foto's: Tuin van digters 2015
2015-09-23Tuin van digters 2015 het die afgelope naweek op Wellington by die Breytenbach Sentrum plaasgevind.
LAPA se nuwe boeke vir September 2015
2015-09-23LAPA Uitgewers bied iets vir elke smaak gedurende September 2015!
Eugène Marais die Boheemse Boer in Londen
2015-09-21Een van die talle raaisels oor die lewe van die beroemde Afrikaanse letterkundige Eugène Marais handel oor sy jare in Londen toe hy in die regte studeer het. In ’n opspraakwekkende boek wat pas deur Tafelberg uitgegee is, kom die skrywer, Carel van der Merwe, met talle verrassende ontdekkinge vorendag wat hy met vers en kapittel staaf.
IBBY Honours List for 2015 and 2016
2015-09-21On 17 September 2015 IBBY SA announced the six South African books nominated to represent our country at the IBBY World Congress that will take place in Auckland, New Zealand, during 2016. Read more about and see photos of the announcement.
IBBY-toekennings: LAPA gloei van trots
2015-09-18"Die bekroonde skrywer Fanie Viljoen se jeugroman Uit is deur die Suid-Afrikaanse been van IBBY (International Board on Books for Young People) as ereboek in die kategorie vir Afrikaanse jeugliteratuur aangewys."
Boekresensie: En toe kom Tom deur Edward van de Vendel
2015-09-18"Oor die algemeen sal die boek diereliefhebbers van 'n lekker storie voorsien, met 'n spannende klimaks en 'n gelukkige einde."
Resensie: Boomkastele: ‘n sprokie van ‘n stadsmens deur Schalk Schoombie
2015-09-18"Boomkastele, die debuutroman van Schalk Schoombie, is tegelykertyd ‘n moderne sprokie, ‘n roman oor die lewe in die stad en ‘n versameling van ‘n verskeidenheid hedendaagse tekste wat op verrassende wyse in die lewe van uiteenlopende karakters geïntegreer word ..."
Boekresensie: Split deur Debbie Loots
2015-09-18" ...dit is ‘n boek vir belese mense, mense wat hou van intellektuele prikkels, wat oor die samelewing nadink, wat oor verhoudings en kwessies van seksualiteit nadink, wat hoop om intelligente afleidings te maak."
Boekresensie: Voetspore op die ewenaar deur Johan Badenhorst
2015-09-18"’n Mens beleef jou reisdrome as jy hierdie dagboek lees en staan verstom oor wat die span al alles bereik het."
Boekresensie: Komplot deur André Krüger
2015-09-16"Komplot is Krüger se tweede historiese roman, hierdie keer met die Spaanse Burgeroorlog as agtergrond. Soos in sy bekroonde debuut, Die Twee Lewens van Dieter Ondracek, (met die Tweede Wêreldoorlog as agtergrond) is daar ook vir hierdie hoofkarakter, Thomas Jacobs, 'n tweede lewe."
Ná Open Book 2015: Onderhoud met Debbie Loots, skrywer van Split
2015-09-16Oor die skryfproses: "Ek wens ek het geweet dit gaan so lekker wees."
What is preventing linguistic cross-pollination?
2015-09-16On UWC Creates and the lack of literary translations from and into other indigenous languages.
Onderhoud: NB Akademie se kortkursusse vir vryskutwerkers
2015-09-16"Is hier werksmoontlikhede vir vryskutwerkers?" "Ja, ja, ja. En nogmaals ja."
Video: Bekendstelling van Die hormoonfabriek, met Saskia Goldschmidt en Daniel Hugo
2015-09-15Die hormoonfabriek is geïnspireer deur historiese feite oor die eerste Nederlandse vleisfabriek wat begin het om op kommersiële vlak hormone uit die afvalprodukte te vervaardig.
