Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Tien vrae: Duane Aslett oor Goudduiwel
2016-10-14"Ek ʼn jare lange belangstelling in die legende van die Krugermiljoene – hoe die legende ontstaan het, waarom, die waarheid daarvan ens – en het gevoel dit sal as interessante agtergrond vir ʼn roman dien ..."
Mense agter boeke: Etienne Bloemhof, hoof van Fiksie by NB-uitgewers
2016-10-12"Local is nog steeds baie lekker. Ons het skrywers van uitnemendheid, oor alle genres heen; hulle verdien wye erkenning en ondersteuning ..."
Video: Drieklawerblaar deur Christine Barkhuizen-le Roux word bekendgestel
2016-10-12Christine Barkhuizen-le Roux se jongste roman, Drieklawerblaar, is onlangs by Stellenbosch Protea Boekwinkel bekendgestel. Elna van der Merwe het met haar gesels.
Boekbekendstellingsgesprekke: Ek! Ek! Ek! en Offerande
2016-10-11Madri Victor gesels op 27 Oktober 2016 by Willowbridge met Riette Rust en Chanette Paul oor hul jongste boeke. Jy word uitgenooi om te kom luister!
Ten questions: Arien van der Merwe on the book Managing diabetes and related health challenges
2016-10-11Is diabetes a lifelong death sentence? "It isn’t. My book is a message of hope that this disease can be managed and even healed."
Boekresensie: Jesus ruik na mirre en stof deur Pierre du Plessis
2016-10-10"Die reuksintuig is 'n uitsonderlike boeg waaroor die skrywer hierdie werk gegooi het. Sou dié boek, soos in die inleiding belowe, die 'vergeestelikte' Jesus meer menslik vir die leser maak, hom inspireer en meer liefde gee?"
Tien vrae: Abrie Coetzee oor Draai jou sente om
2016-10-06"Moenie so vasgevang raak in jou eie probleme dat jy die wêreld om jou nie raaksien nie. Wanneer jy jou houding verander, gaan jy vind dat jy ook meer kreatief na jou finansiële probleme begin kyk. Jy gaan oplossings vind waaraan jy tans nie dink nie."
Invitation to book launch: Losing the Plot by Leon de Kock
2016-10-04You are invited by Wits University Press and The Book Lounge, Cape Town, to the launch of Losing the Plot on Thursday 6 October 2016 at 17:30 for 18:00.
Tien vrae: Stefan Blom oor Die waarheid oor verhoudings
2016-10-04"Daar is altyd ’n oplossing vir verhoudings solank beide partye bereid is om te werk aan hulleself en hulle verhouding; en oop is vir verandering."
Uitnodiging na die Facebook-bekendstelling van Vir die voëls
2016-10-04Besoek Huisgenoot se Facebook-blad op Vrydag 21 Oktober 2016 vir die bekendstelling van François Bloemhof se Vir die voëls.
Onderhoud: François Bloemhof oor Doodskoot
2016-10-03"Toe my eerste boek uitkom, het ek vir myself gesê ek sal eers soos ’n regte skrywer voel as ek drie boeke op die rak het. Maar dit voel steeds te goed om waar te wees, asof dit nie my regte werk is nie – en ek skat dis omdat dit nooit soos werk voel nie."
Program van die ATKV-Boeke-Oase 2016
2016-10-03Aardklop 2016 skop more af! Al die gesprekke in die ATKV-Boeke-Oase word gratis aangebied.
Boekresensie: Elf dae in Parys deur Elizabeth Wasserman
2016-09-30"Elf dae in Parys trek jou in, dit sleur mee, dit verskerp jou sinne en dit laat jou met die nodige kennis oor wat om met jou volgende besoek aan Parys te gaan doen."
Mense agter boeke: Kerneels Breytenbach, oudjoernalis en -uitgewer, skrywer en voorsitter van PEN Afrikaans
2016-09-28"Die boek sal oorleef."
Boekresensie: My low carb-kombuis deur Vickie de Beer
2016-09-28"Die boek is ’n ware reddingsboei vir soveel mense wat sukkel met te veel suiker en koolhidrate in hul dieet, maar nie weet hoe om die patroon te verander nie."
Foto's: kykNET|Rapport-boekpryse 2016
2016-09-27Die wenners van die kykNET|Rapport-boekpryse – die grootste pryse van hul soort in Afrikaans – is op Erfenisdag, Saterdag 24 September 2016, in Kaapstad bekend gemaak.
Boekresensie: Mishandel, misbruik, misken – Joey Haarhoff was my ma (Amor van der Westhuizen se verhaal aan Carla van der Spuy)
2016-09-27"Carla kwyt haar goed van haar taak as skrywer om dié roerende verhaal neer te pen, wat geen maklike taak kon gewees het nie. Sy laat jou die emosies vóél en nie net lees nie."
Commendatio: kykNET|Rapport Niefiksiewenner 2016
2016-09-27"Donker stroom se statuur berus op verbeeldingryke en vasberade argiefnavorsing, gerugsteun deur knap en soomlose integrasie van sekondêre literatuur, noukeurige en oorwoë ontledings, en die handhawing van ʼn onderspeelde, geloofwaardige outeurstem."
Commendatio: kykNET|Rapport Fiksiewenner 2016
2016-09-27"In Brandwaterkom bring Alexander Strachan nie net die Anglo-Boereoorlog en die Grensoorlog opwindend in een verband saam nie, maar bring hy ook oorlogstemas en die strukturele eksperiment van sy hele oeuvre tot ’n nuwe verdieping."
Commendatio: Jan Rabie-Rapportprys vir beste debuutroman in Afrikaans 2016
2016-09-27"Wonderboom is ’n ryk, poëtiese en beduidende toevoeging tot die Afrikaanse romankuns; ’n literêre koorsdroom deur ’n kunstenaar wat haar gehoor se blik onthutsend verstel, verbreed en verfyn."
