Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

“Geskryf in ons eie taal”

Menán van Heerden, Blaq Pearl Skrywersonderhoude 2016-09-08

Blaq Pearl se selfgepubliseerde digbundel Karadaaa!!! is in Afrikaaps en Engels geskryf. Sy tree vanjaar by die Open Book Festival in Kaapstad op. Menán van Heerden het meer gaan uitvind oor haar jongste projek.

Video: Swartval deur Martin Steyn word bekendgestel

Naomi Bruwer PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2016-09-08

Martin Steyn se jonste roman, Swartval, is onlangs by Stellenbosch Protea Boekwinkel bekendgestel. Jonathan Amid het met hom gesels.

Foto's: Protea Skrywersfunksie 2016

Naomi Bruwer Boeke en skrywers 2016-09-07

Protea Boekhuis se Kaapse skrywerspartytjie het vanjaar by Simonsvlei Wynlandgoed plaasgevind.

Oorsig oor die Suid-Afrikaanse boekmark en Afrikaanse boeke

Nicol Stassen Boeke en skrywers 2016-09-06

"Waar algemene boekhandelaars tien jaar gelede net meer as 1,5 miljoen Suid-Afrikaanse boeke kon verkoop, het hulle in 2014 amper 3,6 miljoen Suid-Afrikaanse boeke van die hand gesit. Binne hierdie gunstige mark vir Suid-Afrikaanse uitgewers, is die posisie van Afrikaanse uitgewers besonder rooskleurig."

Boekresensie: Die formidabele Ling Ho deur Johan Kruger

Maryke Roberts Resensies 2016-09-06

"Die formidabele Ling Ho is ’n moet-lees as jy suf is van die kritiek, openbare bakleiery en agter-die-hand-geskinder oor korrupsie en wanbestuur. Dis die ideale geleentheid om vir Johan se waarnemingsvermoë oor die alledaagse lewe in Suid-Afrika, maar ook vir jouself, te lag."

Boekresensie: Hy kom met die skoenlappers deur Valda Jansen

Karin Schimke Resensies 2016-09-06

"Hierdie verhaal is nie, kom ‘n mens agter, ‘n elegie aan ‘n verlore minnaar nie, maar ‘n elegie aan ‘n self wat soek geraak het agter skanse wat begin as blote mure maar mettertyd begin inkelder."

Mense agter boeke: Leana Lategan, Museumgeesteswetenskaplike by NALN

Leana Lategan, Jaco Botha Boeke en skrywers 2016-09-01

"Die gemene deler van hierdie keuse (my top 10 boeke van alle tye) is vir my die wyse waarop die skrywers hulle karakters hanteer en die brose web van menseverhoudings weef."

Video: Bekendstelling van Moordvis deur Irna van Zyl

Naomi Bruwer Boeke en skrywers 2016-09-01

Irna van Zyl se debuutroman, Moordvis, is onlangs by Stellenbosch Protea Boekwinkel bekendgestel. Karin Brynard het met haar gesels.

Onderhoud en video: Juanita Louw oor In die grot van die sibille

Juanita Louw, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2016-08-31

"'n Profesie is 'n antwoord op 'n vraag. Hoe mens die vraag stel, beïnvloed die antwoord wat mens kry. Soms is die gedig die antwoord; soms die vraag."

Boekresensie: Fragmente uit die Odusseia van Homeros, vertaal deur Cas Vos

Chris van der Merwe Resensies 2016-08-30

"Die reis van Odusseus, verklaar hy, is ʼn verhaal waarmee die moderne leser hom volledig kan vereenselwig: 'Die reis met al sy bedreigings en gevare, ontnugtering en teenspoed, en die heimwee van Odusseus skuil ook in die hart van die hedendaagse mens ...'"

Oor Afrikaans in Soweto en onthou as ‘n industrie

Clinton V du Plessis Feeste 2016-08-30

Clinton V du Plessis se indrukke van The Star Soweto Literary Festival 2016: "Dit was goed om hier te kon wees, om Afrikaans in Soweto te kon lees, onbevange. Om tuis te voel. Soweto, die B-kant van Sandton, saam met ‘n wit toergids, ‘n boekbedonnerde Indiër en swart medemense vol ubuntu."

African Library: The Oldest Orphan by Tierno Monénembo

Annie Gagiano Books and writers 2016-08-30

"My name is Faustin, Faustin Nsenghimana. I’m fifteen years old. I’m in a cell in Kigali central prison. I’m waiting to be executed."

Boekresensie: Goud kan nie roes nie deur Paul-Constant Smit

Org Potgieter Resensies 2016-08-29

"Die verhaal begin met die koningin van Skeba (998vC) en spring dan na die vroeë goudvelde aan die rand (1883)."  

Boekbekendstelling: Swartval deur Martin Steyn by Protea, Stellenbosch

LAPA Uitgewers PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2016-08-26

LAPA Uitgewers en Protea Boekwinkel nooi jou na die bekendstelling van Swartval op Saterdagoggend 3 September 2016.

Book review: Writing what we like: A new generation speaks, edited by Yolisa Qunta

Karina Magdalena Szczurek Books and writers 2016-08-26

"If there ever was a timely book, Writing what we like is definitely it. It is the brain child of Yolisa Qunta, who over the period of the past two years interviewed and collected essays written by her fellow young black South Africans for this remarkable publication."

In die bed met Bibi en Marita

Marita van der Vyver, Bibi Slippers, Naomi Meyer TV 2016-08-25

Bibi Slippers en Marita van der Vyver verklap leesgeheime vanuit die slaapkamer.

Foto's: BoekeJol en FilmRol 2016

Naomi Bruwer Boeke en skrywers 2016-08-24

"2016 se BoekeJol en FilmRol was 'n groot sukses, met interessante skrywerspraatjies en goeie films."

Resensie: die na-dood deur Breyten Breytenbach

Alwyn Roux Resensies 2016-08-24

"Dit is egter ook die belangrike uitsprake omtrent sy interne poëtika, sy innige gesprek met die leser, sowel as die verbluffende verstegniese aspekte van sy werk, wat Breyten Breytenbach se meesterskap bevestig."

Onderhoud: Marlize Hobbs-Russell oor 'n Suitcase vol sterre

Marlize Hobbs, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2016-08-24

"Die titel kom uit een van die gedigte, waarin ek beskryf hoe mens soms opkyk en die sterre wat soos wasgoed aan die hemel hang, wegbêre in jou suitcase. Sodat jy daarmee kan travel."

Onderhoud: Anna Emm oor Die storieverteller se boek

Anna Emm, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2016-08-24

"Ek skryf al my hele lewe lank stories – dis al wat ek wou doen vandat ek kan onthou."

Top