Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Boekresensie: All the way to an independent Namibia deur Dirk Mudge
2016-07-26"Dirk Mudge se outobiografie gaan oor vredeskeppende prosesse en oor menslike eienskappe van ideale, besieling en geloof. So beskou, is die boek tydloos."
Boekresensie: Hartbreker deur Cecilia Steyn
2016-07-26"Iemand het eendag gesê daar is niks so opwindend, maar tog ook so dramaties, soos jong liefde nie. En met haar Tienerharte-reeks en spesifiek dan nou met Hartbreker kry Cecilia Steyn dit reg om hierdie belangrike fase in die lewe van jongmense met deernis, begrip en groot sukses uit te beeld."
Mense agter boeke: Jaco Botha gesels met Suzette Kotzé-Myburgh – vryskutredigeerder, -vertaler en -proefleser
2016-07-25"’n Eerste weergawe is nie ’n manuskrip nie, dis maar net die begin daarvan."
Kô lat ons sing Adam Small
2016-07-21"Small se huldigingsgeleentheid is gekenmerk deur gelag, sang en dans. 'Laat dié vermoë vir jou ʼn skild word teen die bitterheid,' skryf hy voor in sy digbundel Kitaar my kruis wat hy opgedra het aan Jannie wat alreeds lag."
Margaret Bakkes (1931–2016)
2016-07-20"Al my idees en karakters kom uit die werklike lewe. Sprake van verbeeldingsvlugte bestaan nie." Margaret Bakkes se skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.
Wenner aangekondig: Wat is jou gunsteling Suid-Afrikaanse boek sedert 1999?
2016-07-20Wat is jou gunsteling Suid-Afrikaanse boek wat sedert 1999 verskyn het? Lees watter boeke kies ons lesers.
Resensie: Kroniek van Donkerhoek deur Kees van Dijkhorst
2016-07-20"Met elke hoofstuk behou jy jou konsentrasie baie goed, want die teks stu kragtig voort na die einde van elke hoofstuk."
Boekresensie: Goeie dood wat saggies byt deur Ilse van Staden
2016-07-20"Dis ‘n goeie roman, boeiend om die onderliggende tema: Is die genesing en versorging van diere belangriker as dié van mense?"
Mense agter boeke: Jaco Botha gesels met Frederik de Jager – voormalige boekuitgewer
2016-07-20"Onderskei. Moenie met onsin tevrede wees nie."
Onderhoud: Valda Jansen oor Hy kom met die skoenlappers
2016-07-19"Dit was nie maklik om mense rondom my doelbewus uit te sluit nie. Maar dit was nodig vir die storie om vorm aan te neem. Dit was nie maklik om deur die muur te breek wat ek oor baie jare sorgvuldig om myself gebou het nie."
Uitnodiging: Stuur jou liefdeskortverhaal as voorlegging vir nuwe Hartlam-bundel
2016-07-19Lees die inligting hierby, skryf 'n kortverhaal oor die liefde in al sy gedaantes en stuur jou voorlegging vir Gerda Taljaard of Deborah Steinmair.
Karin Brynard se Tuisland
2016-07-18"Dis die plek wat die grootste emosie by my wakker maak – altyd ‘n bietjie kwaad oor wat ons doen en hoe dit is, altyd ‘n bietjie skaam oor wie en wat ons is, maar tegelykertyd ook trots en dikwels heel verwonderd en selfs ontroerd oor waartoe ons in staat is."
Boekbekendstelling: Twee digter-literators maak ‘n wintersoggend warm
2016-07-14"Odendaal se bundel is ‘n keur uit dié rubrieke wat hy vir Bloemnuus en Volksblad geskryf het ..."
Mense agter boeke: Jaco Botha gesels met Lana Barnett – uitvoerende hoof van Leserskring / Leisure Books
2016-07-14"Ons neem boeke na al die uithoeke van die land, tot in mense se huise, sodat hulle ’n erfenisbiblioteek kan opbou ... Al vir 36 jaar!"
Shortlist and press release: 2016 Nielsen Booksellers’ Choice Awards
2016-07-13"The SA Booksellers Association is delighted to announce the shortlisted finalists for the 2016 Booksellers’ Choice Awards."
Adam Small (1936–2016)
2016-07-13"Ek twyfel nie aan die toekoms van Afrikaans nie, solank daar mense is wat Afrikaans praat, sal die taal bestaan." Adam Small is op 25 Junie 2016 oorlede.
Boekresensie: Die skaalmodel deur Anneli Groenewald
2016-07-12"Voorspoed aan Anneli Groenewald, mag sy as romansier van krag tot krag gaan ná hierdie belowende debuut, mag die tragiek van ons kwynende museums tot soveel moontlik lesers se gewetens spreek ..."
Boekresensie: Mispa deur Helena Hugo
2016-07-11"Die boek bied goeie leesvermaak, die karakters is sterk en Hugo se woorde maak hulle lewendig en eg."
Boekresensie: Robbie se broer se roer en ander jagstories deur Pienkes du Plessis
2016-07-10"Die rede waarom die stories so lekker lees, is Du Plessis se skryfstyl."
Winnie Rust (1939–2016)
2016-07-07"Winnie was ’n voorvrou. Van Wellington, spesifiek. Bolandse Boereadel ..." Winnie Rust se volledige ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou beskikbaar.
