Vermis
Jeanette Stals
Krimi
ISBN: 97807993853331
R230,00
Dit is die tweede boek in ’n reeks oor Luna, ’n jong speursersant van Stellenbosch. In hierdie verhaal word sy betrek by die ondersoek na ’n tienermeisie, Elodie, wat spoorloos uit ’n plaaslike gastehuis verdwyn het.
Die meisie se ouers het as jong getroudes na Engeland geëmigreer en nou is die pa weer hier vir werk. Die ma en dogter het met vakansie saamgekom en Elodie kry ook geleentheid om spesiale vioollesse by die universiteit by te woon.
Luna se bekommernis oor wat met die meisie gebeur het, laat haar dieper betrokke raak by die gesin en noop haar eindelik om meer te waag as wat haar bevelvoerders van haar sou verwag. Sy volg ’n suspisieuse motor, word oorrompel en self ontvoer. In die bak van die motor vind sy die meisie, maar nou is albei gevangenes van ’n kartel wat handel dryf in jong vroue.
Luna moet elke greintjie inisiatief inspan en al haar kennis betreffende selfverdediging bymekaarskraap om van die ontvoerders af weg te kom en om vir Elodie uit die gemors te kry.
Dark Traces
Martin Steyn
Crime
ISBN: 9780799383591
R258,00
When a child is murdered, a light is extinguished in a parent’s eyes.
This is Martin Steyn’s first fiction breakthrough into the US Market, he wrote the English text himself. LAPA is excited to publish the South African version; while the US version will be published by Catalyst Press.
The body of a teenage girl is found some distance outside of Durbanville, an upper-middle class suburb near Cape Town. When the pathologist discovers she was hanged, she remembers a similar case.
The last thing middle-aged Inspector Jan Magson wants in his life, is a serial-killer file; yet that is his job and together with Inspector Colin Menck they follow the traces of darkness: They discover a teacher with a murky past; come across “love letters” mailed to the girl’s parents by, in all likelihood, the murderer; and spot a pool cleaner who likes to photograph teenage girls with a zoom lens.
The darkness of the case echoes the empty chambers of Magson’s inner being: He has recently lost his wife to cancer, and he mourns the broken relationship with his son in England.
Unlike so many detectives in modern fiction, Magson does not turn to the bottle. Steyn sets up a tight text in which the inner darkness of a good man mirrors the darkness he has to deal with – leaving him stranded in the dark traces of the night, all alone, with the service pistol at his side; a tempting enabler to a final world of complete darkness.
Another girl is found in a field.
Then two more girls disappear within two days. Magson and Menck know they are racing against the clock. If the killer sticks to his pattern, which is likely, these two girls will be dead by the weekend.
Sacrificed
Chanette Paul
Suspense
ISBN: 9780799381832
R280,00
From the Congo’s sparkling diamond mines to Belgium’s finest art galleries, from Africa’s civil unrest to its deeply spiritual roots, Sacrificed seamlessly crosses borders and decades with a fiercely captivating story.
Chanette Paul is a prolific author with more than forty books to her name. Sacrificed is her big international breakthrough, both into the Dutch-speaking countries and into the USA. Sacrificed is the English translation of Offerlam.
The Congo, 1961: A man is murdered in cold blood and his beloved is left for dead.
Fifty-three years later, Caz Colijn receives a phone call that tears her out of her reclusive life.
In Belgium, where she tries to trace her and her daughter’s family origins, it becomes clear that that country’s colonial past has had as much impact on her life as the apartheid years in South Africa did.
The phone call Professor Luc DeReu receives is less traumatic, but he too is ripped out of his familiar orbit when the woman he blames for his father’s premature death re-enters his bland existence.
In the meantime, Erevu and his grandson must trace the nkísi taken from them more than five decades ago in order for them to fulfil their holy mission.
When the paths of this group of people cross, it leads once again to murder.
Die mense langsaan
Elsa Hamersma
R230.00
ISBN: 9780799383508
Christine wil van Frikkie, haar man, ontslae raak. Moord maak meer sin as egskeiding, veral nadat hy baie geld op die Lotto wen wat hy nie met haar deel nie, maar dan trek daar ’n geskeide man met ’n volwasse dogter langs haar in. Wanneer Frikkie op ’n onverklaarbare wyse by die trap in die huis afval, is die speurders en Christine suspisieus oor haar nuwe buurman. Christine, nou die ryk weduwee, trou gou weer en trek saam met haar nuwe man na ’n veiligheidslandgoed.
’n Eertydse kollega van Christine, Zebith, is haar nuwe buurvrou. Mettertyd kom Christine agter dat die huis waarin sy en haar nuwe man bly, ’n bloedige geskiedenis het. Zebith ken die geskiedenis en was betrokke by die inwoners. Sy ly aan postraumatiese stres en wroeg omdat sy skuldig voel oor wat in die huis langs hare gebeur het. Saam met die skuldgevoel moet sy ook die pyn van haar gebroke hart hanteer.
Die twee buurvroue het albei die mans saam met wie hulle gewoon het, verloor en albei het skouers geskuur met gewelddadige dood. Daar kan tog nie nog onvoorsiene tragedies vir hulle voorlê nie?
Domestic noir: Elders het boeke soos The girl on the train, wat as domestic noir bekendstaan, opslae gemaak. Hamersma val ook in die kategorie. Die versmorende effek van die huishoudelike alledaagse is die hoofbron van konflik. Hamersma se boek het egter ’n unieke storie, reg vir die Suid-Afrikaanse mark.
Helende liefde
Anna Penzhorn
R230.00
ISBN: 9780799383515
Andrea Basson se lewe verander onomkeerbaar toe sy met die ondenkbare gekonfronteer word. Ná dertien jaar van getroude lewe met Dewald, die liefde van haar lewe, ontdek sy hy is ’n rondloper. Sy maak kennis met die slinksheid van ’n Jesebel en gaan deur al die fases van ’n vrou wat owerspel eerstehands beleef – ontkenning, verwerping, woede, wraak en intense hartseer.
Die pad na herstel is lank, uitdagend en vol slaggate, maar die storm staan nie stil nie en sy kom ook nie dieselfde mens anderkant uit nie. In die proses ontdek sy ook heling lê daarin om na ander in nood uit te reik. Egskeiding verwoes, maar die liefde maak heel.
Skakerings van hoop
Madelie Human
Superromanse
ISBN: 9780799383324
R200,00
Anina Roux vlug tydelik Fynbos toe om haar egskeiding en haar ouma se boedel af te handel. Noodgedwonge leer sy ‘ouvrougoed’ soos hoe om wol te spin en te kleur en – hemele behoede haar – te hekel! Sy leer dat hoop in verskeie skakerings voorkom en dat haar aantreklike buurman haar knieë nog net so lam maak soos jare gelede.
Mark Burger kan nie meer professioneel gholf speel nie en sukkel om dit te aanvaar.
Nog minder stel hy belang in ’n verhouding met sy buurvrou, maar raak halsoorkop verlief op haar driejarige dogtertjie. Hy kry haar ma egter om die dood nie uit sy kop, of sy hart, geweer nie.
Ontembare bruid
Dina Botha
R200.00
ISBN: 9780799383560
Vir die pragtige en sprankelende Jacqueline de Péronne is die lewe aan die Kaap ’n lied. Nie eens haar gereëlde huwelik met haar uiters onaantreklike stiefneef, kaptein don Miguel Cortés, ’n groot, vet en onaantreklike slawehandelaar, kry haar onder nie. Miguel is vort met sy vrag slawe en Jaqueline hervat haar ongebonde lewe van pret en partytjies.
Christoban Hernández, ’n uiters aantreklike reisiger en gas aan haar tante se huis, het egter ander idees oor die huwelik, soos hoe ’n getroude vrou haar behoort te gedra. Hy onderneem om haar vryhede in te perk. In te staan vir haar man.
Niemand regeer oor Jacqueline nie. Allermins ’n vreemdeling. Sy tart hom. Treiter hom. Maak haar rokke se halslyne nog laer. Jaag sy bloeddruk doelbewus op. Keer op keer beland sy in Christoban se arms, maar swig kan sy nie. Sy is en bly ’n getroude vrou.
Miguel se terugkeer verander alles. Christoban het ’n ou appeltjie met Miguel te skil. Christoban was ’n roeier op Miguel se galeiskip en dra die letsels oor sy lyf. Miguel moet sterf. Nie eens Jacqueline kan Christoban keer nie. Maar vir wie se lewe moet sy vrees? Haar man s’n of die man wat sy liefhet?
Niefiksie
Vrouekeur 50 Breipatrone
Christa Swanepoel
R275.00
ISBN: 9780799382877
Vrouekeur 50 breipatrone bied ’n breibonanza vir die ywerige handwerker.
Christa Swanepoel en Vrouekeur bied 50 splinternuwe breipatrone in een boek, opgedeel in vyf temas: Babas, Meisies, Seuns, Mans en Troeteldiere. Die moeilikheidsgraad van die patrone en tegnieke wat gebruik word wissel, so die boek is ideaal vir beginners en brei-entoesiaste met meer gevorderde vaardighede.
Projekte wat aangepak word, wissel van skattige babamussies en -truitjies tot truie, serpe en musse vir kinders en mans. Troeteldierliefhebbers sal bly wees oor die hoofstuk wat items soos hondejassies, ’n drasak, ’n katbedtjie en troeteldierspeelgoed, bevat!
Die boek bevat ook ’n lys brei-afkortings in Afrikaans én Engels.
50 Sop- en broodgeregte
LAPA Uitgewers
R150.00
ISBN: 9780799382785
Tuisgemaakte sop en brood is een van die beste maniere om liggaam en siel te voed gedurende die koue wintermaande. Al die resepte maak gebruik van bestanddele wat reeds in jou koskas is, of maklik bekombaar is by jou plaaslike supermark.
Die resepte sluit treffers in soos:
- Hoender-en-noedelsop
- Romerige blomkool-en-aartappelsop met spek
- Oom-en-tantesop
- Kruiebrood in ’n blikkie
- Olyf-en-spekbroodwiele
Kinder- en jeugboeke
Om te dans
Noreen Nolte
R140.00
ISBN: 9780799380194
Skaars drie maande terug was Lisa se lewe nog normaal. Hulle was ’n gesin, sy het vriende gehad en sy het geléwe vir ballet. Toe verander alles.
Ná die bom bars, gaan haar ma vir drie maande oorsee, en Lisa moet by haar eksentrieke ouma gaan bly wat pienk tekkies dra en glo in lysies maak. Sy moet probeer aanpas in ’n nuwe skool, waar alles onbekend is; en sy moet probeer vrede maak met wat gebeur het.
Lisa is nie seker of sy kans sien vir hierdie nuwe begin nie. ’n Mens kan egter nie ’n “delete-knoppie” druk en al die aaklige dinge in jou lewe uitvee nie.
Sy is vasbeslote om nóóit weer te dans nie en sy weier om met haar pa te praat, ná wat daardie vreeslike dag gebeur het. Die enigste ligpunt is Jaco, haar ouma se buurseun met die donker oë.
Sal Lisa die moed kan bymekaarskraap om ooit weer alleen op ’n verhoog te stap en die wêreld in die oë te kyk?
Om te dans is ’n vars, boeiende debuutroman vir tieners oor die opdraandes én die lekkertes van grootword.
Z is vir Zackie 5: Die pretpark
Jaco Jacobs
R85.00
ISBN: 9780799380156
Illustreerder: Alex van Houwelingen
Zackie en Vincent kan nie wag nie. Hulle gaan vandag pretpark toe! Daar is ’n Groot Wiel, ’n Wilde Wipwa en ’n Spooktrein.
Anton, die skool se grootste boelie, is ook by die pretpark. Toe hy vir Vincent begin terg, besluit Zackie om hom ’n les te leer!
Z is vir Zackie 6: Die tentavontuur
Jaco Jacobs
R85.00
ISBN: 9780799380163
Illustreerder: Alex van Houwelingen
Zackie en Vincent is opgewonde. Hulle gaan saam met Zackie se pa kampeer. Die hele naweek lank gaan hulle visvang, voëls kyk en om die kampvuur kuier.
Anton en sy pa gaan ook vir die naweek kampeer. Anton is ’n boelie en hy terg graag ander kinders. Gaan hy dit regkry om Zackie en Vincent se naweek te bederf?
Cowboy Koekemoer van die Klein-Karoo en die Petrolpadda
Henry Ferreira
Illustreerder: Alistair Ackermann
R90.00
ISBN: 9780799380071
Doer ver op die horison kom ’n stofstreep oor die vlakte nader. Die stofstreep word ’n stofwolk wat vinnig groei en al hoe groter en groter word. Dit is niemand anders nie as Cowboy Koekemoer van die Klein-Karoo wat op sy getroue kameelperd, Shorty, aangery kom!
Dit is ’n verbeeldingryke storie oor die avonture van ’n eg Suid-Afrikaanse cowboy wat die skelms laat les opsê. Wanneer gevaar hom in die gesig staar, is Koekemoer die kalmste cowboy in die hele Klein-Karoo!
Hoezit 11: Die wonderwêreld van babadiere
Jaco Jacobs & Fanie Viljoen
ISBN: 9780799380149
R70,00
Waarom bring ’n baba-kangaroe die eerste paar maande van sy lewe in sy ma se buidel deur?
Hoeveel melk kan ’n olifantkalfie in een dag drink?
Hoe leer ’n baba-sjimpansee om al die dinge te doen wat sy ma en pa kan doen?
Hoe oorleef ysbeerwelpies in die ysige Arktiese koue?
Hierdie boek is propvol prettige feite en aktiwiteite wat jou sal help om die wonderlike wêreld van babadiere te verken! Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwêreld van babadiere kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate se tone te laat omkrul van lekkerkry! Ontdek van die oulikste babadiere in die wêreld, en vind uit hoe hulle aangepas is om in die natuur te oorleef.

