Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Marita van der Vyver oor idees, 'n skryfkamer van haar eie en Dis koue kos, Skat

Marita van der Vyver, Yolanda du Toit Skrywersonderhoude 2016-06-17

"Skrywers is die optellers en die bekykers van idees waaroor ander mense elke dag loop."

Uit die argief: Agaat deur Marlene van Niekerk

Chris van der Merwe Argief 2016-06-14

Agaat vra wel van die leser inspanning, 'n langdurige konsentrasie, maar dit is ryklik die moeite werd. Dit is 'n monumentale werk, 'n tour de force.

LitNet Akademies-resensie-essay: Wat nou, Suid-Afrika? deur Theuns Eloff

Johann Rossouw Resensies 2016-06-14

"Wat taal betref, is die universele probleem dat baie ouers, asook politici en amptenare, die rol wat moedertaal speel in die kognitiewe ontwikkeling van kinders ontken. Deur die oorgang na Engels te vroeg en onbegeleid te maak, verwoes ons kinders se vermoë om werklik te kan leer en verstaan."

Boekresensies: Lemoenseisoen en Sjokoladesoene deur Kristel Loots

Juliana Coetzer Resensies 2016-06-14

"Kristel Loots kry dit reg om met haar liefdesromans ʼn mens weer in die genot van liefhê en die oorgawe aan die liefdesdaad te laat glo."

Boekresensie: 'n Vlerkslag van kleur deur Fransi Nieuwoudt

Nini Bennett-Moll Resensies 2016-06-13

"’n Vlerkslag van kleur is ‘n bevredigende en moedige bundel met die belofte van ’n volhoubare digterskap."  

'n Gesprek oor Kruispaaie deur Leopold Scholtz

Leopold Scholtz, Naomi Meyer Onderhoude 2016-06-13

"Uiteindelik staan ons egter almal voor die feit dat ons kinders van dieselfde moeder – Afrikaans – is."

Boekbekendstelling: Gesprek sonder einde deur Chris van der Merwe

LitNet Jonathan Ball-portaal 2016-06-10

Lux Verbi nooi jou uit na 'n gesprek met Chris van der Merwe op 23 Junie 2016. 

Boekbekendstelling: Amraal deur Marinda van Zyl

LitNet Jonathan Ball-portaal 2016-06-10

Tafelberg en Protea Boekwinkel nooi jou uit na die boekbekendstelling van Amraal op 18 Junie 2016.

Dina Botha, koningin van die liefde

Carla van der Spuy PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2016-06-09

"Droom saam met my, Dina Botha se vyftigste Romanza het pas verskyn. Dit is vyftig Romanzas in tien jaar."

Johann P Boshoff (1956–2016)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2016-06-09

“Daar is twee dinge wat geen skrywer uit sy skrywes kan uithou nie – die skrywer se spiritualiteit en die skrywer se biografie.” – Johann P Boshoff

Book review: Burchell’s Travels by Susan Buchanan

Paul Murray Books and writers 2016-06-09

"The publishers have made sure that they give pride of place to Burchell’s life and travels in a highly accessible tome that is as attractive as it is readable. They have ensured that a life of extraordinary experience, in art and science, is appropriately commemorated."

Die Uile – en Trompie – vlieg steeds hoog!

Org Potgieter Boeke en skrywers 2016-06-08

"Dis goed om te weet dat Trompie se kouse steeds oor sy skoene hang en dat Blikkies nog grassies kou en dat Saartjie steeds sukkel met die weerbarstige krul op haar voorkop."

Boekresensie: Daar doer in die fliek deur Leon van Nierop

Reinhardt Fourie Resensies 2016-06-08

"Daar doer in die fliek is ’n viering van die Afrikaanse filmbedryf se prestasies, en Van Nierop blyk positief te wees oor die toekoms."

Tien vrae: Carina van der Walt oor Amalgaam

Carina van der Walt, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2016-06-07

"Letterlik is amalgaam ’n woord wat tandartse ken, want hulle het in die verlede metaal en kwik vir stopsels gemeng. Amalgameer beteken '(ver-)meng'."

Book review: The woman next door by Yewanda Omotoso

Karina Magdalena Szczurek Books and writers 2016-06-06

"Most importantly, Omotoso shows that life and love are rarely black and white. They are full of nuances and contradictions. We can be simultaneously kind and cruel, open and closed, warm and cold."

Huis Horison soek 'n koördineerder vir die gewilde kermisboekestalletjie

LitNet Boeke en skrywers 2016-06-02

"Ons nooi mense wat graag iets vir die gemeenskap as vrywilliger wil doen en  twee keer per jaar hom- of haarself met boeke wil omring."

Boekresensie: Stories van die kantlyn deur Theuns Stofberg

Org Potgieter Resensies 2016-06-01

"Stofberg skryf onderhoudend, ook oor die wel en wee van 'n Springboktoerspan, soos die gesukkel met die rooi taal in van die lande."

Lesersindruk: Marga & Henriëtte: In die skadu van skisofrenie

Jaco Fouché Boeke en skrywers 2016-05-30

"Die verhaal van die moeder en die dogter is een wat uiteindelik tot almal spreek wat al ‘n droom as jongmens moes prysgee, om dan in groter volwassenheid te ontdek dat ons op aarde is ter wille van mekaar."

Geliefde Afrikaanse romans I

LitNet Boeke en skrywers 2016-05-30

Lees die eerste en laaste sinne van geliefde Afrikaanse romans. 

Boekbespreking: My reis met Ingrid Winterbach en Vlakwater

Marietjie Lambrechts Seminare en essays 2016-05-30

"Winterbach neem jou as leser ... op reis deur tyd, ingrypende wêreldgebeure, religie, Westerse sowel as Oosterse filosofie, kunsbewegings, kunswerke, letterkunde, films en musiek na ongewone plekke en bestemmings."

Top