Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Boekresensie: Dorado deur Tom Dreyer

Louise Viljoen Resensies 2016-12-20

“Myns insiens is dit ’n roerende beeld van ’n baie gewone man se behoefte om homself te oortuig dat die gebeure in sy lewe volgens ’n bepaalde plan verloop en ’n sinvolle afloop sal hê.”

Persverklaring: Ons kom van vêr – bydraes oor bruin Afrikaanssprekendes se rol in die ontwikkeling van Afrikaans

LitNet Boeke en skrywers 2016-12-19

"In die proses word nie net bruin mense se bydrae tot die totstandkoming van Afrikaans geboekstaaf nie, maar die skrywers wys telkens uit dat die bruin gemeenskap dikwels aan die voorpunt gestaan het in die stryd teen apartheid – en hulle het dit boonop trots in Afrikaans gedoen."

African Library: Keeper of the Kumm by Sylvia Vollenhoven

Annie Gagiano Books and writers 2016-12-14

"Told with great candour and in her inimitable, forthright style, Vollenhoven’s is one of the most important South African autobiographies to have appeared."

Onderhoud: Lina Spies gesels met Jean Oosthuizen oor haar bundel Sulamiet

Jean Oosthuizen, Lina Spies Skrywersonderhoude 2016-12-12

"By die skryf van gedigte moet jy jou eie stem vind voordat jy jouself met reg ’n digter kan noem. In dié sin is jy as digter onlosmaaklik verbonde aan jou teks, maar jou menswees kan jy nooit ten volle uitsê in jou poësie nie."

Video: Hermann Giliomee: Historikus – 'n Outobiografie

Naomi Bruwer Skrywersonderhoude 2016-12-08

Hermann Giliomee se outobiografie is onlangs by Stellenbosch Protea Boekwinkel bekendgestel. Albert Grundlingh het met hom gesels.

Persverklaring: Briewe uit die Tankwa deur Leti Kleyn en Dawid Slinger herdruk

LitNet Boeke en skrywers 2016-12-07

Saam met Adriaan Oosthuizen se foto’s vertel Leti Kleyn van haar besoek aan hierdie geliefde stuk land en dit word aangevul deur Dawid Slinger se vertellings en skrywes.

Boekresensie: Maestro deur Marié Heese

Reinhardt Fourie Resensies 2016-12-06

"Maestro bewys weer, soos Heese se ander onlangse romans, dat sy grondige navorsing doen wanneer sy ’n historiese roman aanpak."

Video: Op 'n dag, 'n hond deur John Miles word bekendgestel

Naomi Bruwer Boeke en skrywers 2016-12-06

John Miles se jongste roman, Op ’n dag, ’n hond, is onlangs by Stellenbosch Protea Boekwinkel bekendgestel. Louise Viljoen het met hom gesels.

Hoe ’n digter jou hele dag kan bederf

Philip de Vos Boeke en skrywers 2016-12-05

"Het ek dalk jare gelede in my kleurryke veelbewoë verlede George Weideman gelees, met daardie enkele woordjie wat in my brein kom nesskop het?"

Boekresensie: De Vette Mossel deur Niël du Bois

Ilse van der Merwe Resensies 2016-12-05

"Die staaltjies sal jou laat glimlag en die gedeelde kennis sal vir seker enigiemand meer behendig agter die seekospotte maak."

Boekresensie: Goudduiwel deur Duane Aslett

Maryke Roberts Resensies 2016-12-02

Goudduiwel is ’n waardige spanningsroman met ’n goed nagevorsde storielyn en genoeg aksie om jou aan die lees te hou.”

Boekonderhoud: Een nag en ’n bietjie deur Hester Kruger

Hester Kruger, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2016-12-02

“Hierdie storie is my en my man se storie, maar dit is ook die storie van baie ander landsburgers – op plase, in townships, in dorpe en stede.”

Wille Martin (1934–2016)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2016-11-30

"’n Skrywer skryf om vir mense ’n uurtjie van ontspanning en plesier te verskaf en om hulle ’n bietjie te laat nadink, dieper dink, al is dit ’n ontspanningsverhaal. As ek in hierdie doel geslaag het, dan maak dit my ook gelukkig." Wille Martin se volledige skrywersprofiel is nou beskikbaar.

Boekonderhoud: Lugkasteel deur Annelie Botes

Annelie Botes, Trisa Hugo Skrywersonderhoude 2016-11-30

"Ja, ek glo in reïnkarnasie. Wedergeboorte, soos ék dit verstaan. En volgens mý geloof sterf elke mens met ongedane sake. Lesse wat nie geleer is nie. En hy moet terugkom om klaar te maak wat ongedaan gelaat is. Om die lesse te kom leer wat hom verbygegaan het."

Boekonderhoud: Deon Maas oor Melk die heilige koeie

Deon Maas, Jacques Myburgh Skrywersonderhoude 2016-11-29

“Ek dink nie daar is iets erger as ’n klomp mense wat dieselfde dink nie. Al wat ek probeer doen, is om ’n diskoers te stel waarna mense kan luister.”

Boekonderhoud: Vir die voëls deur François Bloemhof

François Bloemhof, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2016-11-29

Bestaan daar ware liefde? "Maar alte seker! Ware liefde lyk net totaal anders in die werklike lewe as in liefdesverhale."

Boekresensie: Springgety deur Chanette Paul

Yolanda du Toit Resensies 2016-11-29

"Dis maklik om sommer spoedig in die lief en leed van die hoofkarakter te deel, om met haar wroegings te kan identifiseer en ’n medepligtige te raak in haar soektog na antwoorde."

Melk die heilige koeie – in die Kaap!

LitNet Jonathan Ball-portaal 2016-11-28

Uitnodiging na die viering van Deon Maas se jongste boek in Kaapstad. Kerneels Breytenbach sal met Deon in gesprek wees.

Boekresensie: Harry Griesel I: Operasie spookredding deur Sonja Kaiblinger

Estelle Kruger Resensies 2016-11-24

"Hierdie boek is ten spyte van die grieselrige gedagtes nooit te skrikwekkend vir jonger lesers nie en ’n mens is nooit seker watter belaglike dinge volgende gaan gebeur nie."

Boekresensie: Dollars Eventualis deur Nico van Rensburg

Danie Botha Resensies 2016-11-23

Hierdie boekbespreking deur Danie Botha is op Woensdag 16 November 2016 uitgesaai in Fine Music Radio se program, Boekkeuse, onder leiding van Amanda Botha.

Top